Page 1 of 2
.375 H&H Fabrieks Ammunisie
Posted: Fri Feb 17, 2012 8:02 am
by Hartskoot Hennie
Ek het gister die goeie nuuis ontvang dat my nuwe CZ550 Magnum Lux in .375H&H se aansoek goedgekeur is!
So nou is die groot vraag... Watter fabrieks ammunisie beveel julle aan kan ek koop om mee te begin jag?
Ek is 'n beroepsjagter, maar doen nog nie gevaarlike wild opvolg werk nie. Ek soek patrone vir myself vir jag van diere van Rooibokke tot Eland.
Ek het gedink om 'n pakkie 286gr PMP solids te kry as ek genooi word op 'n" krap en byt" jag, en dan 'n pakkie of twee 300gr PMP sagteneus patrone of die 300gr African Elite met die Swift A- Frame koeels. Die PMP's kos so R475 'n pakkie en die African Elite's kos so R1200 vir 20.
Ek is nie gepla om meer te betaal vir kwaliteit nie, maar oor ek eers later self sal begin patrone laai, wil ek weet of daar ander alterantiewe ook beskikbaar is behalwe vir die PMP reeks?
Wat het julle manne al suksesvol in die jagveld gebruik in .375H&H, en hoekom sal julle dit voorstel?
Ook, kry mens dalk 'n laer grein rondte, iets soos 'n 250gr van die rak af, as mens dalk bietjie meer vlaktes toe wil beweeg?
Jammer vir al die vrae, maar ek sal julle manne se advies BAIE waardeer!
Re: .375 H&H Fabrieks Ammunisie
Posted: Fri Feb 17, 2012 9:01 am
by Gerhard
Hennie,
Doen jouself nou al die guns.
Gaan kyk mooi na herlaai uitrusting en bel? in n herlaai stel vir jou.
Dan kan jy "custom" patrone laai vir jou geweer en vir jou behoeftes.
2 pakkies African Elite en jy het reeds n goeie herlaai stel om mee weg te spring...
Herlaai van ammunisie vir die 375 H&H is nie moeilik nie en hier is baie manne wat jou sal help met raad.
Praat met Wouter hy laai al baie lank vir die groot kalibers.
my 2 c
Re: .375 H&H Fabrieks Ammunisie
Posted: Fri Feb 17, 2012 9:32 am
by Hartskoot Hennie
Thanks ouboet...
Nou maar waar begin ek om self te herlaai? Ek dra ongelukkig nie baie kennis oor herlaai nie, greine en goete weet ek darem van maar die toerusting wat benodig word en so om mee te begin het ek raad nodig...
Ek sien mens kry sulke starter kits vir so R1200 daar rond, ek dink dis 'n Leeman of iets.
Wat stel jy voor? En wat benodig ek om mee te begin?
Re: .375 H&H Fabrieks Ammunisie
Posted: Fri Feb 17, 2012 9:38 am
by Gerhard
Hartskoot Hennie wrote:
Thanks ouboet...
Nou maar waar begin ek om self te herlaai? Ek dra ongelukkig nie baie kennis oor herlaai nie, greine en goete weet ek darem van maar die toerusting wat benodig word en so om mee te begin het ek raad nodig...
Ek sien mens kry sulke starter kits vir so R1200 daar rond, ek dink dis 'n Leeman of iets.
Wat stel jy voor? En wat benodig ek om mee te begin?
Hennie,
Doen bietjie n search hier op die forum oor herlaai.
Hier is reeds n magdom inligting.
As jy vas haak of vrae het is jy welkom om te kom vrae.
Doen maar n belegging om van die begin af kwaliteit herlaai toerusting te koop.
Goed koop koop is duur koop op die long run.
Re: .375 H&H Fabrieks Ammunisie
Posted: Fri Feb 17, 2012 10:16 am
by DWB
Ek dink Redding se Pro Pak stel het meeste van wat jy wil h?.
Hy moes net met die BIG BOSS II press gekom het en nie die gewone BOSS nie.
Maar maak jouself reg so vir 'n R3000+ wegspring, maar met die ammo koste maak jy dit baie maklik op.
Re: .375 H&H Fabrieks Ammunisie
Posted: Fri Feb 17, 2012 12:31 pm
by blaser
jou vraag oor die rak patrone
die 300 pmp gewone punte is gemors baie sag en breek in duisend stukkies sonder om te penitreer
die met die swift a frame het baie goeie koels maar is baie af gelaai en skiet soos n gradeboog
ja om self te laai is die antwoord
Re: .375 H&H Fabrieks Ammunisie
Posted: Fri Feb 17, 2012 12:48 pm
by Ruhan
Ek het baie sukses gehad met PMP se gewone soft nose 300gr punte. Ek het al van blesbok tot kameelperd met geskiet en die R22 patroon maak net so dood soos die R60 behalwe as jy oorgaan na gevaarlike wild. Skootplasing. Skootplasing. Skootplasing! As jy 'n soft nose op 'n soliede skouerbeel skiet gaan jy beslis meer versplintering kry as penetrasie.
Jy kan 'n kudu met 'n .22 morsdood skiet (alhoewel dit GLAD nie aanbeveel of eties is nie) maar weereens speel skootplasing 'n MASSIEWE rol.)
Ek persoonlik dink die tegniek van die skut maak 'n groter verskil van die resultate as die verskil tussen batches van fabrieksamunisie.
Re: .375 H&H Fabrieks Ammunisie
Posted: Fri Feb 17, 2012 12:59 pm
by blaser
ja jy kan maar maar met hulle skiet ek glo aan om die deste kwaliteit wat ek kan bekostig te gebruik want n patroon is altyd goedkoper as n bok
dit is n algemene feit dat pmp se sagte punt 300gr se mantel te dun is ek is seker baie ander sal dit beaam
Re: .375 H&H Fabrieks Ammunisie
Posted: Fri Feb 17, 2012 1:31 pm
by Verkenner
Dag manne en Hennie.
Hoekom hoor jy nie of daar iemand naby jou bly wat jou kan leer laai nie. Dit werk bie beter as jy n buddy het wat jou wys hoe, tot jy dit self kan doen. Dan kan jy vir eers met sy goed laai. Jy kry dalk solank net jou dies...
Dan so terwyl jy leer laai, kan jy jou eie laai toerusting bymekaar maak.
Ek het ook so geleer by my buddy..... Dankie Cobus.
Re: .375 H&H Fabrieks Ammunisie
Posted: Fri Feb 17, 2012 1:55 pm
by Hugov
Ek gaan seker bietjie houe vat hieroor maar ek het op youtube geleer herlaai. Dit by gese ek het die lee reload handboek ook eers mooi deurgewerk voordat ek begin het
Groete H
Re: .375 H&H Fabrieks Ammunisie
Posted: Sat Feb 18, 2012 1:54 pm
by Homer
Kan ek net graag my klip in die bos gooi
Die PMP se 300 gr sagte punt is nie geskik vir jag niue.Niks teen pmp nie.Ek gerbuik sef soms hulle ander patrone maar daardie 300 gr sagte punt is 'n te swak ontwerp
Ek het eenkeer rooibok van vooraf geskiet en al wat oor was, was die jacket
Al die lood is in die bok iewers in
As jy iets groters will aanvat gaan jy volgens my mening maar slegs tweede kom
Ek het vir my Federal se Powershock patrone gekoop wat dieslefde prys is as PMP se 300 gr sagtepunte
Geen probleme nie
Re: .375 H&H Fabrieks Ammunisie
Posted: Sat Feb 18, 2012 5:04 pm
by blaser
Homer
Dankie jy praat waar n swak partroon het niks met skootplasing te doen nie
Federal wat met bearclaws gelaai is is ook n goeie 375 patroon
Re: .375 H&H Fabrieks Ammunisie
Posted: Sat Feb 18, 2012 6:57 pm
by Boesman
Hennie
Ek het BAIE goeie groeperings gekry met PMP 286gr Solids. Selfde geweer. Ek sou dit nie verkondig as die beste 'stopper' ter wereld nie, maar as die skote geklap het het die prooi geluister.
Re: .375 H&H Fabrieks Ammunisie
Posted: Sat Feb 18, 2012 7:21 pm
by tripodmvr
Ek het self goeie groeperings met 300gr sagtepunt geskiet en die 286gr is self nie skaam nie. Die sagtepunt is amper 'n varmint koe?l synde dit bitter maklik opbreek. Ons het aan ons besoek dit aan PMP genoem.
Re: .375 H&H Fabrieks Ammunisie
Posted: Tue Feb 28, 2012 12:53 pm
by Hartskoot Hennie
Ek het bietjie rond gebel, en op 300gr Norma Oryx afgekom. Hulle is min of meer die selfde as die African Elite's maar ek hoor hulle doppe is van die beste veral as ek later self gaan herlaai.
Dink julle dis 'n goeie opsie?
Re: .375 H&H Fabrieks Ammunisie
Posted: Tue Feb 28, 2012 1:38 pm
by Hartskoot Hennie
Ek moet hulle nog gaan koop. Plek A en B vra R1200 en plek C vra R937... African Elite's is maar oral min of meer die selfde prys van R1150.
Re: .375 H&H Fabrieks Ammunisie
Posted: Tue Feb 28, 2012 1:42 pm
by Francois Marais
Hennie
Die Oryx koeels is ook maar aan die sagte kant, en sal ek hulle nie op groot goete aanbeveel nie, wel geskik vir vlaktewild. Die doppe is wel van die beste in die besigheid.
Mooi loop
Francois
Re: .375 H&H Fabrieks Ammunisie
Posted: Tue Feb 28, 2012 1:46 pm
by Hartskoot Hennie
Re: .375 H&H Fabrieks Ammunisie
Posted: Tue Feb 28, 2012 2:38 pm
by blaser
ja baie goed
Re: .375 H&H Fabrieks Ammunisie
Posted: Tue Feb 28, 2012 6:29 pm
by Homer
Is die Norma Patrone nie net 10 in 'n pakkie nie of is dit net Norma se PH reeks?
Ek stel voor jy kyk na Federal se 300 gr en 270 gr Powershock. Breek nie die bank nie en glo is goed genoeg vir meeste nie gevaarlike wild
Re: .375 H&H Fabrieks Ammunisie
Posted: Wed Feb 29, 2012 7:12 am
by Hartskoot Hennie
Dankie vir al die raad kerels... Ek het toe maar my spaarvarkie gebreek en 'n pak African Elite's gekoop. Ek het net al te veel goeie dinge van daai Swift A-Frame's gehoor, so toe was dit maar die groot rede vir my keuse.
Sal bietjie fotos oplaai sodra ek iets met hulle geknyp het...

Re: .375 H&H Fabrieks Ammunisie
Posted: Wed Feb 29, 2012 7:25 am
by blaser
daardie africa elite is af gelaai en skiet soos n grade boog
Re: .375 H&H Fabrieks Ammunisie
Posted: Wed Feb 29, 2012 7:42 am
by Hartskoot Hennie
Ek gaan hulle vir bosveld jag gebruik, so dis okay. Ek glo nog altyd 2200 - 2400fps is die ideale spoed vir penetrasie doeleindes.
Solank hulle net redelik mooi groepeer is ek happy!

Re: .375 H&H Fabrieks Ammunisie
Posted: Wed Feb 29, 2012 8:40 am
by blaser
puik vir daardie gebruik
ek het baie swift a frame koeels 300gr as jy die dag begin herlaai
Re: .375 H&H Fabrieks Ammunisie
Posted: Wed Feb 29, 2012 8:51 am
by Hartskoot Hennie
Ek was nou nog nie skietbaan toe met die nuwe setpille nie, maar hulle behoort seker min of meer dieselfde te groepeer en print as die gewone 300gr pmp softs, wat nogal baie akkuraat my is uit my roer?