Napier takbokooie
Posted: Thu Nov 02, 2023 3:13 pm
Dagsê
Ek sit en karring sommer hier in my skietkamer met tipiese"na-jagseisoen blues" en besluit toe om 'n foto of twee op te sit oor ek en my oudste seun se takbokjag op Fairfield naby Napier. Ons het gekampeer en elk 'n takbokooi geskiet en ook kolganse. Soos almal weet, was dit was baie nat winter hierdie jaar en ons kon nie op my gewone kampeerplek kamp nie. Gelukkig is daar 'n kol bloekombos (aangeplant) waar ons toe kon tent opslaan. Dandrej het sy bok op 140m geskiet teen 'n rant wat grens aan die aangeplante weiding op die plaas. Ons het 'n trop bokke van iets in die 20 lank gevolg deur fynbos en oor 'n afgebrande land tot hulle die rant begin klim. Een ooi het teen die rant bly staan en ons het haar seker van so ietsie oor die 350m af begin bekruip totdat ons op 140m die skietstokke kon opstel. Dandrej het uit die staanhouding oor die 4Deadhold-stokke geskiet en die bok wat skuins na ons toe gestaan het getref by die aansluiting van die nek en bors. Hy het my .243 Win (Mauser) gebruik, gelaai met 87gr V-Max'e.
My bok is 'n dag later geskiet nadat ons 'n trop laatmiddag op 'n land aan die agterkant van 'n koppie opgemerk het. Ons het met 'n lang ompad gestap om die wind in ons guns te kry enis toe teen die koppie op ('n volgeplante land). Eens bo moes ons handeviervoet kruip en later plat op ons mae want die helling was van so 'n aard (dit het geleidelik gedaal en dan skielik heelwat steiler geraak) dat ons nie die bokke kon sien nie. Later kon ek slegs die bokke se ore sien uitsteek maar ek kon nie vanuit die lêposisie skiet nie aangesien ek net die ore en die bokant van hulle koppe kon sien. Ons het toe maar verder geseil maar op 'n kol het 'n kiewietpaar met 'n helse lawaai skuins voor ons opgevlieg en die bokke gewaarsku. UIteindelik kon ek regop gaan sit en het op so 'n iets oor die 100m 'n ooi geskiet. Die bokke het egter erg gebondel en ek moes 'n hele paar sekondes wag voordat ek kon skiet, seker omtrent 10 sekondes voordat 'n ooi effens skuins uitgestap het en ek haar ook by die aansluiting van die nek en blad kon skiet. Ek wil graag die video van die finale bekruiptog hier plaas maar weet nie hoe nie. Is daar dalk iemand vir wie ek die video kan aanstuur en wat dit dan op hierdie draad sal plaas vir my. Dis 'n bietjie lank en vervelig (oor die ses minute) maar kyk maar net die laaste 2 minute (as dit geplaas word). My seun het die bekruiptog met twee derdes gesny maar ongelukkig kan ek dit nie verder sny nie.
Aangeheg solank foto's van ons kamp.