Page 1 of 1
EAW swing off mounts vir Sako
Posted: Mon Oct 09, 2023 4:05 pm
by Pappabeer
Ek het n stel van die bg monterings beskikbaar vir n Sako. Dit sal veral lekker werk op ‘n .375 of enige van die groter kalibers, bv die Brown Bear .416 of .450 Rigby, waar n jagter van n teleskoop en oopvisiere gebruik maak. Die ringe is vir n 1” teleskoop.
Die Duitse EAW monterings is seker die monterings met die minste toleransies, en hulle “ return to zero” is in n ander klas.
Ek soek graag R4000 vir hulle, seinde nuwe prys nou R8000 is.
Re: EAW swing off mounts vir Sako
Posted: Thu Oct 12, 2023 10:51 pm
by Pappabeer
Waar is al die groot kaliber Sako 85 manne?
Ringe, indien jou scope 30mm is is die geodkoop deel van EAW. Dis die basisse wat die prys so opstoot.
Re: EAW swing off mounts vir Sako
Posted: Tue Oct 24, 2023 1:30 am
by Pappabeer
Stamp. Ek sien hulle is nou $549 as jy hulle inbring. As prys n probleem is praat met my.
Re: EAW swing off mounts vir Sako
Posted: Thu Feb 15, 2024 4:00 am
by Pappabeer
Stamp
Re: EAW swing off mounts vir Sako
Posted: Thu Feb 15, 2024 8:14 am
by AFRICAN LEADWOOD
Môre PB
Hoe sit die goed vas op die swaelsyert / dovetail van die aksie? Ek sien gate asof dit of vasgetrek word deur skroewe wat druk teen die bokant van die dovetail en sodoende alles bymekaar hou; of anders is dit vir boor en draad sny? As daardie gate in die basisse draad in het is dit seker die eerste vermoede wat die manier is. Laat weet maar wat dink jy. Ek kan seker ook kyk op hulle webtuiste. Is daar skroewe ook saam?
groete
Re: EAW swing off mounts vir Sako
Posted: Tue Feb 20, 2024 3:18 am
by Pappabeer
Hallo Wim,
Jammer vir die laat andwoord, ek was maar besig die laaste week.
Die swaelsterte gly oor die aksie soos enige ander Sako montering en sit redelik vas met wrywing. Dan het die basisse, agter twee, en voor een onderskeidelik gate in wat met M3 of 4 metrieke draad getap is. Jy draai dus die skroef in om van bo af druk op die aksie te plaas en beweging te voorkom.
Ek het al die skroewe vir die basisse.
Groete,
Dewald