Page 1 of 1
HOWA 308 nuut, hoe maak ek...
Posted: Fri Oct 06, 2023 10:33 am
by Johann Smit
Goeie More Kenners,
Kort bekendstelling:
Ek is in die Kaap gelee, Noordelike voorstede. Is al so 6 jaar wapen eienaar, en was al op 2 geleenthede saam om te gaan probeer jag. Een het uitgereen, en een was net nie suksesvol nie. Verder stel ek belang in sportskiet, ry so nou en dan bergfiets en is die ander dag beskuldig daarvan dat ek te veel van kamp hoë.Ek het wel skuldig gepleit op laasgenoemde aanklag.
Met betrekking tot my belang in sportskiet, neem ek so nou en dan vir die lekkerte deel.
Ek het tot dusver min deelgeneem, aangesien ek bietjie gesukkel het met baie ou 303. Rondtes was all-over en my proses en leerkurwe kom nou eers lekker bymekaar. Laaste keer uit was die groepering op 200m so 50mm. (Of dit geluk was sal ek volgende keer bepaal.)
Om meer aan die sport events deel te neem, en ook om lekker voorsit jag geweer te hê, het ek vir my nuwe HOWA 308, 26Duim swaar loop gekoop, as pakkie, en het ook nou silencer gekoop. Alles is reg, selfs my patrone. (Self gelaaide rondtes, het al bq gelaai.) Rondtes is Lapua doppe, Hornady 150gr Interlock en Vita N540 met CCI 200 primers.
Die 303 is aansienlik ligter, en sal ek gebruik in geval ek stap-jag doen en onder die 200m skote moet vat.
Maar, ek het vragie, voor ek die eerste rondte deur die loop laat loop, behalwe vir die skoonmaak met skoon, droeë patch, hoe maak ek? Enige NUWE loop voorbereidings advies?
Ek hoor graag.
Re: HOWA 308 nuut, hoe maak ek...
Posted: Fri Oct 06, 2023 10:57 am
by Stef1274
Daar is 'n paar geloofskole hieroor. Ek dink jy gaan 'n paar uiteenlopende opinies hoor. Maar in ieder geval sal dit waarskynlik die veiligste wees om hom wel in te breek; err on the safe side. Daar is baie Youtube videos oor dit. Dink jy kan search vir 'breaking in a barrel'.
Hierdie is my favourite ou, hy het 'n hele paar op dit:
https://youtu.be/dDxLb1T_i1g?si=oI7OS6hmJL_oinrm
Re: HOWA 308 nuut, hoe maak ek...
Posted: Fri Oct 06, 2023 12:46 pm
by Ratel
Ek het dieselfde geweer en het hierdie metode gbruik soos voorgeskryf deur Howa
https://www.legacysports.com/wp-content ... eak-in.pdf
Re: HOWA 308 nuut, hoe maak ek...
Posted: Fri Oct 06, 2023 2:10 pm
by tripodmvr
Hierdie metode het vir my gewerk sodat die loop maklik skoonmaak. Dit neem redelik tyd in beslag, maar skiet sommer groepe terwyl jy dit doen.
Re: HOWA 308 nuut, hoe maak ek...
Posted: Fri Oct 06, 2023 2:23 pm
by Ratel
tripodmvr wrote: Fri Oct 06, 2023 2:10 pm
Hierdie metode het vir my gewerk sodat die loop maklik skoonmaak. Dit neem redelik tyd in beslag, maar skiet sommer groepe terwyl jy dit doen.
ja en ek moet se daai loop is baie glad as jy na die inbreek proses skoonmaak na dese. Ek het dit nie met my ander gewere gedoen nie en kan die verskil voel.
Re: HOWA 308 nuut, hoe maak ek...
Posted: Fri Oct 06, 2023 3:18 pm
by Johann Smit
Ek sien die HOWA, en ek is ook van die opinie dat die vervaardiger seker die beter opsie sal gee vir die inbreek van die loop. Ek sal nog verder dophou, maar tans neig ek ook in die rigting van die vervaardiger se aanbevole metode.
Baie dankie.
Ek hou ook van die idee om sommer "ladder" te skiet terwyl ek die inbreek doen.
Lekker naweek manne.
Re: HOWA 308 nuut, hoe maak ek...
Posted: Fri Oct 06, 2023 6:33 pm
by Ds J
Buite die lyn van hierdie gesprek, maar nogtans belangrik vir almal, en spesiaal vir beginners:
Ongeag van die inbreekmetode het n baie ervare ou jagter vir my die
beste jagraad gegee wat ek ooit gehoor het:
100 skote op die skietbaan vir elke skoot in die veld. As jy regtig kan . skiet, mag jy 60 skote oefen vir elke skoot in die veld.
Die ervare manne soos TStone en Geno kan dit dalk akkurater sê oor die hoeveelheid skote. Feit bly staan dat ek meer vleis huis toe bring vandat ek meer oefen.
Re: HOWA 308 nuut, hoe maak ek...
Posted: Fri Oct 06, 2023 9:05 pm
by OosKaapJagter
Ek was nog nooit 'n kompetisie skut nie en het my nog nooit gesteur aan die "inbreek" van 'n loop nie. Jy kan nie verkeerd gaan om die vervaardiger se advies te volg nie.
Ongeag hoe jy jou nuwe geweer inbreek of nie inbreek nie, onthou om gereeld vanuit veldposisies te oefen. Dit lyk my jou lading is reeds uitgewerk. Dit mag ongevraagde advies wees, maar ek sien jou eerste suksesvolle jagtog lê nog voor jou. Ek het nog nêrens in die jagveld 'n skietbank met skietsakkies teëgekom nie. Groeperings tel nie in die jagveld nie, maar wel die feit of jou eerste skoot die kritieke area tref.
Belê in 'n ordentlike stel skietstokke en probeer gerus iets soos "quad sticks". Jy sal nie spyt wees nie.
Re: HOWA 308 nuut, hoe maak ek...
Posted: Sat Oct 07, 2023 10:26 am
by Capt. Yoda
Johann, as jy lank genoeg wag gaan ons nou nou nog vir jou vertel oor watse boots die beste is
Re: HOWA 308 nuut, hoe maak ek...
Posted: Sat Oct 07, 2023 1:58 pm
by Ratel
Capt. Yoda wrote: Sat Oct 07, 2023 10:26 am
Johann, as jy lank genoeg wag gaan ons nou nou nog vir jou vertel oor watse boots die beste is

net so. Die OP is n vraag oor loop inbreek
Re: HOWA 308 nuut, hoe maak ek...
Posted: Sat Oct 07, 2023 3:38 pm
by Capt. Yoda
Ratel wrote: Sat Oct 07, 2023 1:58 pm
Capt. Yoda wrote: Sat Oct 07, 2023 10:26 am
Johann, as jy lank genoeg wag gaan ons nou nou nog vir jou vertel oor watse boots die beste is

net so. Die OP is n vraag oor loop inbreek
Die man het al FB se loop inbreek groep gaan join
Re: HOWA 308 nuut, hoe maak ek...
Posted: Sat Oct 07, 2023 9:52 pm
by Zuku
Interesant is dat geen militêre geweer of kanon ingeskiet/ingebreek word nie. 'n Rekruut word uitgereik met n wapen verpak nog in vervaardiger se plastiek oile sakkie, verwyder olie en gaan skiet jou tabelle soos die opleiding SOP voorskryf. Dieselfde word vir swaar masjien geweer en kannone toegepas. Nuwe wapen, skietbaan toe en skiet die tabelle soos voorgeskryf. Geen inskiet of vertroeteling van die loop nie. Interresant sal wees om te kan bepaal hoe siviele en militêre inbreek van n loop werklik n verskil sal maak op lewensduur van n loop.
Re: HOWA 308 nuut, hoe maak ek...
Posted: Sun Oct 08, 2023 8:03 am
by tripodmvr
Zuku wrote: Sat Oct 07, 2023 9:52 pm
Interesant is dat geen militêre geweer of kanon ingeskiet/ingebreek word nie. 'n Rekruut word uitgereik met n wapen verpak nog in vervaardiger se plastiek oile sakkie, verwyder olie en gaan skiet jou tabelle soos die opleiding SOP voorskryf. Dieselfde word vir swaar masjien geweer en kannone toegepas. Nuwe wapen, skietbaan toe en skiet die tabelle soos voorgeskryf. Geen inskiet of vertroeteling van die loop nie. Interresant sal wees om te kan bepaal hoe siviele en militêre inbreek van n loop werklik n verskil sal maak op lewensduur van n loop.
Akkuraatheidsnorme verskil drasties tussen militêre wapens en iemand wat op 'n kilometer probeer klein groepe skiet. Koste van ammunisie bepaal ook die praktiese inskiet van 'n vuurwapen.
Re: HOWA 308 nuut, hoe maak ek...
Posted: Mon Oct 09, 2023 9:01 am
by Johann Smit
Hier wil ek ook eiertjie lê. Militêre applicasie word daar meestal geskiet in die trop in. Of daar dan die goue kalf of die verminkte ou buffel of die dragtige koei raakgeskiet word maak nie regtig saak nie. Vleis skade nog minder. So, loop inbreek maak daar nie saak nie. 10 000 rondtes of een oorlog, who cares, die Goeverment sal voorsien.
Op ONS toepassing, is geld minder vollop, wil ons nie die goue trofee kudu of die dragtige een uitskiet nie, en wil die skootplasing akuraat wees vir die minste vleis verlies en die mees menslike dood skoot.
Die kompitsies wat ek al gedoen het, en wil doen, is uit die verskillende skiet posisies. So dit help, en die skietstok ding is ek bewus van en loer nog vir wat werk.
En ja, boots vir die veld en vir die baan verskil drasties.
Ek loer graag waar die gesprekke gaan draai. Is soos om die kampvuur gesels oor watter bakkie die beste is en op die ou einde stem almal saam dat diesel duur geword het, en 'n V8 klink nog die mooiste.
Re: HOWA 308 nuut, hoe maak ek...
Posted: Mon Oct 09, 2023 11:28 am
by Capt. Yoda
Daar is seker voordele wat n gladder loop sal he ivm akuraatheid maar ek dink nie jy gaan n so so loop in n bitter akutrate loop verander deur net hul loop inbreek prosedure te volg en die reamer merkies bq gladder te maak nie, of jy die loop in breek op dag een en of jy 50 skote oor 3 maande skiet en tussen deur skoon maak gaan jy in teorie maar by die selfde plek op eindig
Die mense wat al na meeste Savage lope deur n Borescope gekyk het sal weet dat merke in n loop nie altyd beteken die loop gaan swak skiet nie
Re: HOWA 308 nuut, hoe maak ek...
Posted: Mon Oct 09, 2023 1:49 pm
by Zuku
Johann Smit wrote: Mon Oct 09, 2023 9:01 am
Hier wil ek ook eiertjie lê. Militêre applicasie word daar meestal geskiet in die trop in.
Dit is net n bokfantris met n LMG wat in die trop skiet
Die pantser het ander idees. Die foto is circa 1975 geneem, Voor lasers en rekenaar en meteorologiese beheerde visiere

Re: HOWA 308 nuut, hoe maak ek...
Posted: Mon Oct 09, 2023 2:43 pm
by Bismarck 1941
Johann Smit wrote: Fri Oct 06, 2023 10:33 am
Goeie More Kenners,
Kort bekendstelling:
Ek is in die Kaap gelee, Noordelike voorstede. Is al so 6 jaar wapen eienaar, en was al op 2 geleenthede saam om te gaan probeer jag. Een het uitgereen, en een was net nie suksesvol nie. Verder stel ek belang in sportskiet, ry so nou en dan bergfiets en is die ander dag beskuldig daarvan dat ek te veel van kamp hoë.Ek het wel skuldig gepleit op laasgenoemde aanklag.
Met betrekking tot my belang in sportskiet, neem ek so nou en dan vir die lekkerte deel.
Ek het tot dusver min deelgeneem, aangesien ek bietjie gesukkel het met baie ou 303. Rondtes was all-over en my proses en leerkurwe kom nou eers lekker bymekaar. Laaste keer uit was die groepering op 200m so 50mm. (Of dit geluk was sal ek volgende keer bepaal.)
Om meer aan die sport events deel te neem, en ook om lekker voorsit jag geweer te hê, het ek vir my nuwe HOWA 308, 26Duim swaar loop gekoop, as pakkie, en het ook nou silencer gekoop. Alles is reg, selfs my patrone. (Self gelaaide rondtes, het al bq gelaai.) Rondtes is Lapua doppe, Hornady 150gr Interlock en Vita N540 met CCI 200 primers.
Die 303 is aansienlik ligter, en sal ek gebruik in geval ek stap-jag doen en onder die 200m skote moet vat.
Maar, ek het vragie, voor ek die eerste rondte deur die loop laat loop, behalwe vir die skoonmaak met skoon, droeë patch, hoe maak ek? Enige NUWE loop voorbereidings advies?
Ek hoor graag.
Goeie dag Johan.
Baie geluk met jou nuwe roer & hoop jy gaan sommer van die get go baie tevrede wees met hom!
Ek het net so ene vir my ook aangeskaf & wag tans vir die liksensie, as ek mag vrae aangesien jou howa en myne byde gesny is vir silencer watter een het jy aangeskaf as ek mag vrae & watter tipe "sny-groef" kom hierdie Howa's vanaf die fabriek, weet jy of iemand dalk?
Re: HOWA 308 nuut, hoe maak ek...
Posted: Mon Oct 09, 2023 3:34 pm
by Bismarck 1941
So bietjie agtergrond op my nuwe Howa 308 26duim bull-barrel:
Soos ek reeds genoem het wag ek vir die "license"..
Ek het tans n Israeli Mauser K98 ook in 308 met n 1-12 twist in 24duim loop lengte met die oorspronklike militere kolf,oop visiere ens.
Ek wou so graag met hom hierdie jaar jag, maar ek kon nie..Rede: Hy het nie n silencer op nie & ek is ook nie van plan om een op te sit nie,sodra die Howa in my kluis staan dan dink ek ek gaan hom terug vat na oop visiere toe(hy het tans n scope op) & dan hom swaar te laai(180gr RN) vir die bos.
Ek kry so 1 duim groepering met hom as ek my kant bring met self gelaaide ammunisie.
Die plan vir die Howa is soos volg:
Ek weet nie hoe akkuraat hy gaan wees met sy huidige rubber kolf nie? Ek lees maar baie dinge van die Hogue rubber overmold kolf..
As hy by die Israeli kan bly(hopelik n duim) dan kan ek volgende jag seisoen met hom gaan jag netso tot ek later geld het vir n "oordentelike" kolf.
Ek kan die Howa beter inwy met n silencer(dalk nog daai 3-piece silencer's wat n mens nou deesdae kan koop van Sustac ens).
Dan sodra ek n oordentelike scope kan op sit dan wil ek sy bene rek tot so 600-700 meter( Ek weet nie hoe ver trek Rooikraal Skietbaan se "long range baan" nie? )..
Is daar dalk iemand op die forum wat meer ondervinding het met die Howa 308 in 26duim bull-barrel?
Hoe akkuraat kan hulle skiet en tot en met watse gewig punt kan ek gaan met sy twist van 1-10 & sy loop-lengte?
Ek beoog om iets soos n 150gr Barnes punt te skiet in die bos & dalk vir algemene jag tot & met Kudu"size".
Watse spoed kan ek veilig behaal met die 150gr punt?
En dan kan ek miskien iets soos die Hornady 168gr ELD-M gebruik vir daai 500m & verder skote(My Israeli hou nie so baie van hulle nie,maar hy het nie n probleem gehad met Sierra se 168gr Matchking nie)..
Weet iemand dalk?
Ek luister graag & wardeer iemand se hulp!
Dankie.
Groete.
H.
Re: HOWA 308 nuut, hoe maak ek...
Posted: Mon Oct 09, 2023 5:20 pm
by tripodmvr
Bismarck, kom ons hou Johann se plasing skoon. Ek het 'n ander pos geskep met jou naam bo-aan.
Re: HOWA 308 nuut, hoe maak ek...
Posted: Mon Oct 09, 2023 5:37 pm
by Bismarck 1941
tripodmvr wrote: Mon Oct 09, 2023 5:20 pm
Bismarck, kom ons hou Johann se plasing skoon. Ek het 'n ander pos geskep met jou naam bo-aan.
Jammer Johann oor my plasing & baie dankie vir die nuwe topic plasing Tripodmvr
Ek volg albei drade nou vorentoe met alby my oe & ore.

Re: HOWA 308 nuut, hoe maak ek...
Posted: Mon Oct 09, 2023 9:52 pm
by Rawstorne
Goeie naand Johann
Welkom!
Jong, ek stel baie in jou vraag belang. Aangesien ek ook wag vir 'n lisensie om goedgekeur te word. Wel vir 'n Howa 22-250.
Op 'n ander draad is daar ook interessante opinies oor die inbreek van 'n loop. Vir kompetisie skuts is dit klaarblyklik belangriker as vir jagters. Veral die manne wat vêr skiet.
Soos hier bo genoem, is dit moontlik vir militêre doelwitte nie belangrik nie. Wel, sekerlik nie vir die SA weermag nie? (En ook nie vir die SAVF nie.)
Hierdie podcast van Hornady oor lope, mag jy dalk interessant vind.
https://hornadymanufacturing.libsyn.com ... ff-siewert
of
https://podcasts.apple.com/za/podcast/t ... 0618746641
Jeff praat oor 'n verskeidenheid lope vir verskillende doeleindes. Toetse wat hulle gedoen het en selfs iets oor verwagte leeftyd.
Die inbreek van 'n loop was nog nooit voorheen hoog op my prioriteitlys nie. Nie vir jag gewere nie. Ek kyk egter nou effe anders na lope en wonder nogal oor my AR15 se loop wat al heelwat diens gedoen het en baie harder werk?
Vrede daar!