Page 1 of 2

PH kurses

Posted: Thu Feb 16, 2012 8:33 am
by Martin1
N goeie dag an al my forum vriende ek wil net jammer se dat ek my die eerste keer nie behoorluk bekend gestel het nie nou gan baie van julle wonder hoekom ek die vraag vra en ek het al n paar keer met van die forum manne gesels en een man het my oom genoem. Ek is 24 jaar oud en bly in pretoria noord en is halfde van my lewe in die bosveld waar niks my meer gelukkager maak nie nie eers n bier en n blond nie glo my nou wil ek vra as daar eenage PH kursese wat deur die forum gehou word en hoeveel is die koste as iemand my kan help PM my ASB dankie martin jacobs

Re: PH kurses

Posted: Thu Feb 16, 2012 8:38 am
by Gerhard
Martin,

Hier is nie iemand wat n PH skool het op die forum nie.

Jy kan maar bietjie rond soek in die Magnum en SA Jagters se tydskrifte en jy behoort daar n paar PH skole raak te loop.

Hoop dit help.

Re: PH kurses

Posted: Thu Feb 16, 2012 9:49 am
by BLOK
Martin

Baie welkom.

Ek dink nogal jy het n ding hier beet met n PH kursus. Ek wou nog altyd so kursus doen nie vir PH werk nie sommer net vir myself, die res van die manne op die forum weet al ek is n man wat hou van kursus loop.

Nou wonder ek is hier nie n paar ander lede op die forum wat ook so kursus wil doen nie. Dan kan ons mos dalk weer n gesamentlike Jaracal een reel en sommer dalk n beter prys beding.

Wat se die res van die manne

Re: PH kurses

Posted: Thu Feb 16, 2012 9:58 am
by BRNO (Pierre)
Ek val in jou bootjie Blok. Ek sal dalk ook so kursus wil bywoon vir die akademiese kennis daarvan, en nie noodwendig om PH werk te gaan doen nie.

Waar het iemand soos bv. Geno sy kursus gedoen?

Re: PH kurses

Posted: Thu Feb 16, 2012 10:03 am
by Geno
Ek het in 2003 my kursus by Gerhard Steenkamp (Game Hunters Professional Hunting School) gedoen.
Daai tyd het dit +-R6500.00 gekos.
http://www.huntingschool.co.za/

Groete,
Eugene

Re: PH kurses

Posted: Thu Feb 16, 2012 10:04 am
by Martin1
Ek het gehoor van n plek mar dis 8000 vir n 12 dae kurses as iemand sou belang stel kontak my 0765091703 martin jacobs

Re: PH kurses

Posted: Thu Feb 16, 2012 10:04 am
by Gerhard
Ek het in 2006 my kursus by Oom Kobus Schoeman en Johan Calitz gedoen

Die kursus is 10 dae lank en as ek reg onthou praat ons vandag in die omgewing van R8000.00 vir n kursus.

Die provinsie waar jy die kursus doen is waar jy sal registreer as PH.

Daar is bitter min werk daar buite vir n PH en die wat n voltydse bestaan kan maak as PH is nog skaarser.

Die kursus maak egter vir jou die jag veld oop en jy kyk na die veld en sy dinge baie anders en sien goed raak wat jy nooit voorheen gesien het nie en is aan te beveel vir enige man of vrou wat ernstig is oor jag...

PM my gerus vir Oom Kobus se kontak nommer

Re: PH kurses

Posted: Thu Feb 16, 2012 11:58 am
by BLOK
Gerhard wrote:

Die kursus maak egter vir jou die jag veld oop en jy kyk na die veld en sy dinge baie anders en sien goed raak wat jy nooit voorheen gesien het nie en is aan te beveel vir enige man of vrou wat ernstig is oor jag...
Gerhard dit is seker maar die enigste rede hoekom ek nog graag die kursus sal wil doen. Ek stel glad nie belang om dit vir n werk te doen nie maar dit is weer n ander ondervinding met nuwe dinge van die bedryf wat ek glo mens leer.

Re: PH kurses

Posted: Thu Feb 16, 2012 12:56 pm
by Boskraai
Dagse BLOK,

Ek het vir dieselfde rede een in 1995 gedoen, as ek julle manne is sal ek met Kobus Schoeman in verbinding tree. Jy sal hom baie geniet op 'n kursus wat die harde tye makliker maak. Dit is nie 'n maklike kursus nie so voorspoed. Dit sal goed wees om te weeet wat die deesdae al kos, ek het al vir pryse in die R12 000 omgewing gehoor maar dit was oor 'n paar voggies :angel:.

Mooi loop
Boskraai

Re: PH kurses

Posted: Thu Feb 16, 2012 5:02 pm
by Frederik
Geno wrote: Ek het in 2003 my kursus by Gerhard Steenkamp (Game Hunters Professional Hunting School) gedoen.
Daai tyd het dit +-R6500.00 gekos.
http://www.huntingschool.co.za/

Groete,
Eugene
Wanneer in 2003 ek het dit vir die 2de keer gedoen by hom die vorige toe ek 17 was. Hoekom hoor julle manne nie wat die kursus sal kos sonder dat natuurbewaring betrokke is dalk sny dit die prys heelwat.

Re: PH kurses

Posted: Thu Feb 16, 2012 5:10 pm
by BLOK
Hoekom hoor julle manne nie wat die kursus sal kos sonder dat natuurbewaring betrokke is dalk sny dit die prys heelwat.


Ek hou sommer baie van die idee, maw as ek reg verstaan is jy dan gekursus net nie gemagtig om buitelanders uit te vat nie. Klink vir my na wen wen situasie aangesien ek dit ook nie wil doen om uitlanders te akkomodeer nie.

Re: PH kurses

Posted: Thu Feb 16, 2012 5:30 pm
by Gerhard
Onthou die skole is n besigheid.

Weet nie of hulle wel bereid sal wees om n "afgewaterde" kursus aan te bied vir net n paar manne nie...

Maar vind uit en laat weet.

Re: PH kurses

Posted: Thu Feb 16, 2012 6:48 pm
by Jakkalsgat
Ek dink nie dit hoef afgewterde kursus wees nie en is seker as ons met klomp mannne gaankan ons beter prys kry. Ek sal ook bietjie uitvind.

Groete
Jaco

Re: PH kurses

Posted: Thu Feb 16, 2012 6:55 pm
by Gerhard
jakkalsgat wrote: Ek dink nie dit hoef afgewterde kursus wees nie en is seker as ons met klomp mannne gaankan ons beter prys kry. Ek sal ook bietjie uitvind.

Groete
Jaco
Met af gewater bedoel ek dat daar nie baie aandag gegee gaan word aan provinsiale wette en riglyne nie omdat jy dan nie kliente gaan vergesel as jag gids nie.

Die provinsiale ordianansies maak n groot gedeelte uit van die teorie op die kursus...

Re: PH kurses

Posted: Thu Feb 16, 2012 7:05 pm
by Jakkalsgat
Jis Gerhard ek verstaan wat jy se maar moet se dat dit dan nie sal werk en stem saam dat ons dan gaan sukkel om dit gedoen te kry, as jy daai goed uitlos is dit nie die moeite werd nie.

Dan kan mens mos maar netsowel 'n PH soos jy (wat al rukkie in die bedryf is) kry wat al die ander goed met mens kan deurgaan.
Ek vat al biltong jagters uit en reel hul jagte van 1995 maar daar is tog goed op die kursus wat hulle vir jou leer wat jy andersins nie sal weet of in jou dag tot dag werk nie sal optel as iemand dit nie vir jou se nie.

Groete Jaco

Re: PH kurses

Posted: Thu Feb 16, 2012 7:36 pm
by Geno
Frederik,
Dit was Augustus 2003 wat ek daar was. Dit was op Oom Boer Coetzee se plaas by Vaalwater.

Groete.

Re: PH kurses

Posted: Fri Feb 17, 2012 6:26 am
by Frederik
Ja ek was Maart daar en toe was daar so bietjie ongelukkigheid omdat Gerhad en die eienaar van die plaas in Ellisras bietjie vasgesit het voor hy geskuif het na Oom Boer toe.
Persoonlik sal ek nie Gerhard se skool voorskryf nie.

Re: PH kurses

Posted: Fri Feb 17, 2012 6:54 am
by Martin1
Ja dit is mar as jy dit noodig het is daar geen keuse nie die kurses word aangebiet deur wildlivetraining by rooiberg aria

Re: PH kurses

Posted: Fri Feb 17, 2012 7:00 am
by Gerhard
n  ander kursus wat julle na kan kyk is Veld Gids... (Level 1)

FGASA (Field Guide Association of South Africa)

Hier het ek baie meer geleer.

Daar is 18 modules as ek reg onthou.

Van die Aarde (klip en grond), Weer Klimaat, Sterre,  Insekte, Reptiele, Slange,Soog diere, Voels en geskiedenis van Suider Afrika.

Hier het ek baie meer geleer oor die veld as in die PH kursus...

Re: PH kurses

Posted: Fri Feb 17, 2012 7:20 am
by Geno
Frederik wrote: Persoonlik sal ek nie Gerhard se skool voorskryf nie.
Vertel bietjie hoekom?

Re: PH kurses

Posted: Fri Feb 17, 2012 7:45 am
by Hartskoot Hennie
Ek was laasjaar by oom Kobus Schoeman, (Waar Gerhard ook was) die kursus was net buite Bela Bela aangebied.

EK moet se dit was die lekkerste 10 dae van my lewe. Oom Kobus en sy vrou is ongelooflike mense, en jy lag baie vir hom!

Die man het 'n ongelooflike respek vir God en die natuur, en ek glo nie daar is baie ander mense in die bedryf wat oor so baie kennis beskik soos hy nie. Hy het hoeka toe hy nog by natuurbewaring was die boeke geskryf oor professionele jag in Suid Afrika.

Dus sal ek hom verseker aanraai bo enige iemand anders. Dis 'n 10 dag kursus en dit kos R10 000.00 vir die 10 dae. dit sluit kos, verblyf, boeke alles in.

Jy leer hard, en daar is nie tyd vir dros nie, jy het klas van 07:00 tot 19:00 en dan moet jy in die aande maar leer pappa!

Jy sal nie spyt wees nie! http://www.kssafaris.com/

Re: PH kurses

Posted: Fri Feb 17, 2012 8:47 am
by spekieries
Kan 'n mens nie met 'n lekker blokbespreking miskien bietjie pryse beding nie?

Re: PH kurses

Posted: Fri Feb 17, 2012 9:11 am
by Jaco Alberts
More Almal,

myne in 1996 gedoen by Mentor Safaris, Johan Grove, is nie seker of hy nog in die bedryf is nie. Johan was baie goed !! Die kamp waar die kursus plaasgevind het was net buite Groblersdal.

groete

Jaco

Re: PH kurses

Posted: Fri Feb 17, 2012 10:13 am
by Martin1
Ek wil so graag die kurses doen mar daas nie geld nie my lewe gan net oor my kiners jag visvang niks maak my meer gelukager nie die reede hoekom ek die PH en jagondernemer kurses wil doen is want ek wil graag op n plaas werk ek het baie ondervinding en kennus mar nie die proov om dit te wys nie

Re: PH kurses

Posted: Fri Feb 17, 2012 10:19 am
by Gerhard
Martin1 wrote: Ek wil so graag die kurses doen mar daas nie geld nie my lewe gan net oor my kiners jag visvang niks maak my meer gelukager nie die reede hoekom ek die PH en jagondernemer kurses wil doen is want ek wil graag op n plaas werk ek het baie ondervinding en kennus mar nie die proov om dit te wys nie
Martin,

Kom ek wees nou maar reguit met jou.

As jy n akasia boom in Pretoria skop val daar 6 "PH's" uit die boom.

As jy op n wilds plaas wil werk beteken n PH status niks nie daar is net te veel mense daar buite wat "claim" om n PH te wees baie van hulle sonder n geweer op hulle naam of selfs n bakkie.

Gaan swot eerder dan Wilds Plaas bestuur en kry die regte kennis om die werk reg te doen...