Page 1 of 1
Produk Terugbetaling
Posted: Fri Sep 15, 2023 10:32 am
by sako 30-06
Wat sal julle se as n realistiese tydperk vir n terugbetaling nadat n produk terug gestuur is a.g.v verskeie redes?
Re: Produk Terugbetaling
Posted: Fri Sep 15, 2023 10:34 am
by DeVilliers
7 tot 14 dae gewoonlik. Hang seker maar af met wie jy deal.
Re: Produk Terugbetaling
Posted: Fri Sep 15, 2023 4:42 pm
by alecjohnson
3 -5 werks dae na item ontvang is, volgens my.
Re: Produk Terugbetaling
Posted: Fri Sep 15, 2023 5:53 pm
by Arnold
As jy so vraag vrae dan was dit te lank.
Sent from my SM-A528B using Tapatalk
Re: Produk Terugbetaling
Posted: Fri Sep 15, 2023 8:27 pm
by Glocked
Arnold wrote: Fri Sep 15, 2023 5:53 pm
As jy so vraag vrae dan was dit te lank.
Sent from my SM-A528B using Tapatalk
Ek stem saam met Arnold !
Re: Produk Terugbetaling
Posted: Mon Sep 18, 2023 6:36 am
by Toxxyc
sako 30-06 wrote: Fri Sep 15, 2023 10:32 am
Wat sal julle se as n realistiese tydperk vir n terugbetaling nadat n produk terug gestuur is a.g.v verskeie redes?
Bietjie meer inligting sal help hierso. Ek sou sê dit hang af wat teruggestuur is en waarnatoe dit gestuur is. As ek 'n sak hondekos koop en die ding het muf in (het al gebeur), dan verwag ek om dadelik my geld terug te kry, of om 'n nuwe sak kos te kry, dadelik as ek na die troeteldierwinkel toe ry.
Maar as ek 'n duurder ding gekoop het, soos 'n teleskoop, en die ding breek 5 of 6 jaar na ek hom gekoop het, dan dink ek nie dis onregverdig as die plek waar ek hom gekoop het hom moet terugstuur na 'n plek soos Amerika of waarookal hy vandaan kom nie, en dan is dit nie onregverdig om dalk 'n week of twee te wag nie. Dit behoort plaaslik opgelos te kan word as jy by 'n goeie verskaffer koop, maar mens weet nooit.
Re: Produk Terugbetaling
Posted: Mon Sep 18, 2023 8:08 am
by sako 30-06
Kom ons stel dit so, ek wag nog om te hoor of ek die geld gaan terug kry en of die produk weer vervang gaan word.
Jammer dat ek so min informasie gee, maar ek wil nie op die stadium sleg praat van die verskaffer voordat ek nie weet wat die uitkoms is nie.
Ek het maar net gewonder of daar n standaard tyd is. Probleem is ek het van dag een af probleme met die produk gehad, so ek dink nie dis teveel om te vra nie.
Re: Produk Terugbetaling
Posted: Mon Sep 18, 2023 10:36 am
by Toxxyc
Die wet sê as jy die ding teruggestuur het die eerste keer, kan hulle kies om hom reg te maak, te vervang of jou geld terug te gee. Dis hulle keuse.
As jy hom terugkry en hy gee weer moeilikheid, dan het jy die reg om jou geld terug te vra. Dis dalk iets om onder hulle aandag te bring.