Page 1 of 1

Howa loop -eerste skoonmaak

Posted: Sat Sep 09, 2023 4:35 pm
by Chris (vdB)
Het vanoggend n' nuwe Howa loop met Ballistol uit gespuit en skoon gemaak, nadat die kamer Ackley gesny was. Na seker 30 patches was daar nogsteeds swart op die patches, toe begin ek maar met n' nylon borsel en carbon remover skrop en na nog baie patches het dit beter begin lyk. So haal ek die borescope uit, om bietjie die Ackley kamer te bekyk en kon nie glo hoe vuil daai loop nog is nie. Met die stainless steel Howa loop wat ek ook het, was dit nie die geval nie. Was daar van julle wat ook n' nuwe loop so moes skrop om skoon te kom?

Re: Howa loop -eerste skoonmaak

Posted: Sun Sep 10, 2023 5:30 am
by Dash431
Ek het die selfde ervaar met n Howa loop. Dit het gelyk of die lappies en nylon borsel geen impak gehad het nie. Ek het toe raad gekry by n baie ervare skiet pel, en n lappie op n ou brass borsel gedraai en met JB Bore Paste gesmeer. Met die kombinasie en baie elbow grease het ek die loop eventueel skoon gekry. Maar ek moet by sê, ek weet tot vandag toe nie wat die swart aanpaksel was nie, en of dit n impak sou gehad het op die akkuraatheid van die geweer nie.

Re: Howa loop -eerste skoonmaak

Posted: Sun Sep 10, 2023 6:16 am
by JF123
Hoekom nie maar net met die bronsborseltjie begin nie?

Re: Howa loop -eerste skoonmaak

Posted: Sun Sep 10, 2023 7:01 am
by Chris (vdB)
JF123 wrote: Sun Sep 10, 2023 6:16 am Hoekom nie maar net met die bronsborseltjie begin nie?
Glo dit sou beter gewerk het, dit is maar net nie wat ek verwag het van n' nuwe loop nie. Nietemin, ek gaan ook maar hom bykom met n' nylon borsel en Autosol.

Re: Howa loop -eerste skoonmaak

Posted: Sun Sep 10, 2023 7:59 am
by Apie
Ek dink die swart aanpaksel is is ‘n kombinasie van die ‘test firing’ proses en die preserveer olie wat hulle daarna in die loop sit om hom teen roes te beskerm…

As ek ‘n nuwe geweer/loop kry skrop ek hom deeglig met JB Borepaste/Iosso en Iosso nylon borsel.

Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Howa loop -eerste skoonmaak

Posted: Sun Sep 10, 2023 8:40 am
by OosKaapJagter
Ek begin nou al as 'n outoppie beskou word, maar het 'n eenvoudige vraag: Hoekom?..................

Elkeen het sy eie idees, bygelowe, ens. oor die inbreek van 'n loop.

Soos ek dit sien, is 'n loop eenvoudig 'n stuk masjienstaal. Tydens die vervaardigingsproses gaan daar masjineringsmerke wees wat jy nie met die blote oog gaan sien nie, maar wat jou nagmerries gee as jy as jy 'n mikroskoop nadertrek. Die koper projektiele wat jy daardeur vuur, is sagter as die staal, maar sal sekerlik geleidelik die loop en groewe gladder skuur deur die loop se leeftyd. Met verloop van tyd sal daar so effense koperneerslag vorm wat volgens 'n wapensmid wat vir Ruger, Remington en Smith & Wesson gewerk het, eintlik meer goed as sleg doen. Hy verduidelik waarom die hele "copper fouling" storie eintlik 'n mite is waaroor skuts hulleself onnodig opwerk. Hy voer aan dat die effense koperneerslag eintlik 'n voordeel is wat as't ware die growwigheid is die loop vul en dus 'n gladder oppervlak vir die projektiele skep. Ek sal skakels van sy videos plaas.

Die meeste skade in 'n loop kom van die wegbrand van die groewe aan die begin van die loop en die staal wat daar begin verweer.

My vraag is dan waarom wil enigeen die verwerings- en slytasieproses verhaas deur allerhande prosesse om 'n loop skoon te maak wat eintlik nie vuil is nie? Elke geweer begin reeds met 'n beperkte leeftyd. Ek sou doodeenvoudig gaan skiet en agterna, soos altyd, die loop skoonmaak en laastens 'n olielappie deurdruk om roes te voorkom.

Is ons nie besig om dinge te oorkompliseer nie?

https://www.youtube.com/watch?v=rAQaxIlQukU
https://www.youtube.com/watch?v=rZZOE_pzjLA&t=51s

Re: Howa loop -eerste skoonmaak

Posted: Sun Sep 10, 2023 9:18 am
by Apie
OosKaapJagter wrote:Ek begin nou al as 'n outoppie beskou word, maar het 'n eenvoudige vraag: Hoekom?..................

Ek dink dit gaan oor jou eind doel.

Maksimum akkuraatheid of maksimum loop leeftyd.

Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Howa loop -eerste skoonmaak

Posted: Sun Sep 10, 2023 1:53 pm
by JF123
OosKaapJagter wrote: Sun Sep 10, 2023 8:40 am Ek begin nou al as 'n outoppie beskou word, maar het 'n eenvoudige vraag: Hoekom?..................

Ek wil 'n geweer hê wat vir sy maksimum leeftyd die beste akuraatheid gee. In die werklike lewe kom mens vreeslik gou agter dat jou geweer nie meer goed skiet na so paar honderd rondtes nie. Snaaks genoeg kom dit weer gou reg sodra mens die neerslaae koper uit haal.

Of dalk is daar iets fout met al my gewere...

Ek stem saam dat baie mense hulle lope te gereeld met te veel goed skoonmaak. Maar moenie die fout maak om te dink mens hoef nie skoon te maak nie.

Re: Howa loop -eerste skoonmaak

Posted: Sun Sep 10, 2023 5:45 pm
by Apie
JF123 wrote:

Dis hoekom mens in ‘n borescope moet belê as jy ernstig is oor skiet, om te weet of is jou geweer wel skoon, en wanneer jy kan stop.

Ek dink meer gewere word nie goed genoeg skoongemaak nie as wat daar gevalle is van te veel skoonmaak.

Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Howa loop -eerste skoonmaak

Posted: Mon Sep 11, 2023 7:51 am
by Capt. Yoda
Ja nee ek kan nie sien hoe jy n geweer te veel kan skoon maak nie maar ek het al baie gesien wat nie genoeg skoon gemaak word nie

Re: Howa loop -eerste skoonmaak

Posted: Mon Sep 11, 2023 3:03 pm
by Ratel
Daar is 'n plasing iewers van hoe Howa voorskryf hulle nuwe lope ingeskiet moet word. Ek het dit met my swaarloop 308 gedoen en die geweer is bitter akkuraat. Ook opmerklik is hoe glad die loop voel met skoonmaak. Van my ander gewere se lope voel so effens "hakkerig" as mens 'n olie lappie deurstoot maar nie die wat ek so ingeskiet het nie. Hier iewers op die forum weet ek is 'n skakel na dit toe. Ek sal bietjie soek en deel.

Re: Howa loop -eerste skoonmaak

Posted: Mon Sep 11, 2023 5:14 pm
by Chris (vdB)
Dink nou is hy skoon genoeg

Re: Howa loop -eerste skoonmaak

Posted: Mon Sep 11, 2023 5:18 pm
by Chris (vdB)
Dink nou is hy skoon genoeg

Re: Howa loop -eerste skoonmaak

Posted: Mon Sep 11, 2023 5:37 pm
by Supacow
Isabel Jones sou trots wees op daai before and after

Re: Howa loop -eerste skoonmaak

Posted: Mon Sep 11, 2023 5:51 pm
by Chris (vdB)
Supacow wrote: Mon Sep 11, 2023 5:37 pm Isabel Jones sou trots wees op daai before and after
;D

Re: Howa loop -eerste skoonmaak

Posted: Mon Sep 11, 2023 5:53 pm
by Lategan1
Chris (vdB) wrote: Mon Sep 11, 2023 5:18 pm Dink nou is hy skoon genoeg
Hoop hy kan nog skiet!

Lyk drasties anders.

Beste.