Page 1 of 2
7 08 EIENAARS : OPTIMUM PUNT VIR MEERDOELIGE GEBRUIK.
Posted: Thu Sep 07, 2023 8:01 pm
by projagter
Watter gewig en tipe punt kan beskou word as die optimum vir die 7 08 ( Tikka Varmint Hunter ) ?
Vir springbokjag en af en toe groter wild tot kudu.
Wat sal hy maak op eland.?
Alle insette sal waardeer word.
Dankie.
Re: 7 08 EIENAARS : OPTIMUM PUNT VIR MEERDOELIGE GEBRUIK.
Posted: Fri Sep 08, 2023 7:05 am
by obasch
Net soos daar nie so iets soos 'n "all-rounder" geweer is nie, is daar nie 'n "all-rounder" koeël, of soos jy dit stel optimum koeël in 'n gegewe kaliber nie. Jy moet besluit watter tipe jag jy die meeste doen en jou koeël daarvolgens kies.
Dit gesê, behalwe as jy na monolitiese koeëls kyk sal ek reken dat jy kwalik beter sal kan doen as 'n 140gr Swift A-frame. Laasgenoemde sal mans genoeg wees vir koedoe in bosveldomstandighede.
Re: 7 08 EIENAARS : OPTIMUM PUNT VIR MEERDOELIGE GEBRUIK.
Posted: Fri Sep 08, 2023 7:54 am
by projagter
Baie dankie. Met die koste van herlaai komponente is daar van ons wat wel tog 'n soort van goeie middeweg kies vir ons behoefte. Wat dus met optimum bedoel word is die punt wat volgens die behoefte die beste sal presteer as enkel keuse. Kom ek stel dit dus so : Ek gaan jag in die Gariep rooibok,springbok, koedoe, blouwildebees en blesbok -- enige een van die diere kan te enige tyd op die jag/dag raakgeloop word en daar kan dan nie gou vir ander ammo gezero word nie -- die skoot moet loop.
By die 308 word die 168 grein algemeen as die keuse beskou en het oor jare voldoende tevredenheid en sukses gebied.
Jou aanbeveling van die 140 grein sal beslis oorweging wees. Die ander opsie is seker die 150/154 gr gewig.
Beskou jy Mono punte as die ultimate -- my probleem met hulle is met kopskote.
Ontvang graag enige kommentaar en inset. Baie dankie.
Re: 7 08 EIENAARS : OPTIMUM PUNT VIR MEERDOELIGE GEBRUIK.
Posted: Fri Sep 08, 2023 8:44 am
by petri
Môre, baie geluk met ‘n Baie lekke Kaliber. Jy gaan hom baie geniet. Ek het dieselfde uitdaging gehad toe ek met hom begin het. Ek het besluit op die 120gr Nosler ballistic tip met 46.2gr S355. Kry so 2,950fps en is baie akkuraat en konstant. Die trajek help met effe verder skote. Ek het al van springbok tot blouwildebees geskiet sonder enige probleme, nog net nie Eland nie maar sal nie bang wees nie. Geweer skiet besonders lekke vir my behoeftes. Lekke skiet.
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: 7 08 EIENAARS : OPTIMUM PUNT VIR MEERDOELIGE GEBRUIK.
Posted: Fri Sep 08, 2023 12:42 pm
by Mellies
projagter wrote: Thu Sep 07, 2023 8:01 pm
Watter gewig en tipe punt kan beskou word as die optimum vir die 7 08 ( Tikka Varmint Hunter ) ?
Vir springbokjag en af en toe groter wild tot kudu.
Wat sal hy maak op eland.?
Alle insette sal waardeer word.
Dankie.
PJ,
Vir soortgelyke doel gaan ek 139gr IB gooi in my 7-08. Met n 24” loop en RL17 is 2995voete moontlik. Glo 140gr AB of BTs sal ook die ding doen. Ek sou net versigtig wees vir n combo van spoed/sagter punt/harde en groot bene.
Met n 22” loop en RL17 is die 140gr bone se spoed rondom 2790 of iets, 150gr 2770 en 160gr 2720. Met effens minder spoed behoort enige 140-150gr vir jou te werk. Selfs met gewone interlocks of ssts. Hulle almal skiet dood.
Met n vleisie...
Re: 7 08 EIENAARS : OPTIMUM PUNT VIR MEERDOELIGE GEBRUIK.
Posted: Sat Sep 09, 2023 9:37 am
by Ds J
Die heel belangrikste is akkuraatheid en betroubaarheid. Anders is daar kwesbokke, leë beursies en leër vrieskaste. Ek stel voor dat jy probeer speel met verskillende koeëls, en dan besluit.
n Goeie vriend gebruik n 7-08 in die Oos-Kaap, en hulle skiet alles van springbokke en rooibokke tot koedoes, varke ens.
Hy verkies Hornady 154gr SP Interlock. Enersyds omdat hulle akkuraat is in sy geweer, en andersyds omdat hulle vinniger resultate lewer as monolitiese koeëls.
Jy vra ook oor n eland. As jy n skoon blad-, nek- of kopskoot kan skiet sal hy pragtig werk. Die bladbeen van n elandbul is blykbaar harder as n buffel s'n. Ek sal versigtig wees om daar n kans te vat.
Re: 7 08 EIENAARS : OPTIMUM PUNT VIR MEERDOELIGE GEBRUIK.
Posted: Mon Sep 11, 2023 9:25 pm
by projagter
Baie dankie almal.
Ek waardeer insette opreg want ander se ondervinding kan geld en hartseer spaar.
Ek het ook 'n 7x57 AI wat met 154 grein IB en SST toor.
Het net die gevoel dat ek met die 7 08 hier oppad is na 'n groot liefdes verhouding met baie lekkerkry.
Ek luister. Nog ladings en spoed bevindings asb.
dankie.
Re: 7 08 EIENAARS : OPTIMUM PUNT VIR MEERDOELIGE GEBRUIK.
Posted: Mon Sep 11, 2023 9:29 pm
by projagter
petri wrote: Fri Sep 08, 2023 8:44 am
Môre, baie geluk met ‘n Baie lekke Kaliber. Jy gaan hom baie geniet. Ek het dieselfde uitdaging gehad toe ek met hom begin het. Ek het besluit op die 120gr Nosler ballistic tip met 46.2gr S355. Kry so 2,950fps en is baie akkuraat en konstant.
Sent from my iPhone using Tapatalk
Dankie vir die inligting .Ek teken aan .
Re: 7 08 EIENAARS : OPTIMUM PUNT VIR MEERDOELIGE GEBRUIK.
Posted: Mon Sep 11, 2023 9:30 pm
by projagter
Mellies wrote: Fri Sep 08, 2023 12:42 pm
projagter wrote: Thu Sep 07, 2023 8:01 pm
Watter gewig en tipe punt kan beskou word as die optimum vir die 7 08 ( Tikka Varmint Hunter ) ?
Vir springbokjag en af en toe groter wild tot kudu.
Wat sal hy maak op eland.?
Alle insette sal waardeer word.
Dankie.
PJ,
Vir soortgelyke doel gaan ek 139gr IB gooi in my 7-08. Met n 24” loop en RL17 is 2995voete moontlik. Glo 140gr AB of BTs sal ook die ding doen. Ek sou net versigtig wees vir n combo van spoed/sagter punt/harde en groot bene.
Met n 22” loop en RL17 is die 140gr bone se spoed rondom 2790 of iets, 150gr 2770 en 160gr 2720. Met effens minder spoed behoort enige 140-150gr vir jou te werk. Selfs met gewone interlocks of ssts. Hulle almal skiet dood.
Met n vleisie...
Dankie Mellies vir goeie inligting . Ek teken aan. Waardeer.
Re: 7 08 EIENAARS : OPTIMUM PUNT VIR MEERDOELIGE GEBRUIK.
Posted: Mon Sep 18, 2023 7:59 am
by Pinkes
162gr
Re: 7 08 EIENAARS : OPTIMUM PUNT VIR MEERDOELIGE GEBRUIK.
Posted: Mon Sep 18, 2023 9:53 pm
by projagter
Pinkes wrote: Mon Sep 18, 2023 7:59 am162gr
Watter fabrikaat en tipe. Wat maak hy op springbok.
Re: 7 08 EIENAARS : OPTIMUM PUNT VIR MEERDOELIGE GEBRUIK.
Posted: Fri Sep 22, 2023 7:44 pm
by Mellies
projagter wrote: Mon Sep 18, 2023 9:53 pm
Pinkes wrote: Mon Sep 18, 2023 7:59 am162gr
Watter fabrikaat en tipe. Wat maak hy op springbok.
Ek dink die 165gr bond strike wat oppad is kan ook mooi werk....
Maar ek gaan hom eerder try in 7RM.
Met n vleisie...
Re: 7 08 EIENAARS : OPTIMUM PUNT VIR MEERDOELIGE GEBRUIK.
Posted: Tue Sep 26, 2023 8:36 am
by Wouter Roets
Projagter
Met so n vraag gaan jy aan die einde van die dag met net nog meer vrae sit agv al die antwoorde wat jy gaan kry.
As ek begin met n kaliber/geweer kombinasie sal ek eerstens kyk na wat ek als wil skiet en op watter afstand. Hierna sal ek gaan kyk wat in nodespoed terme alles werk in my gegewe looplengte. Hier sal ek die rondte se potensiaal probeer optimiseer. Deur n bietjie rond te speel sal jy bv sien dat n 120gr, 150/154 en n 175gr in n spesifieke looplengte mooi werk. Met dit ingedagte sal ek dan die maak en gewig kies wat aan my spesifieke jag behoeftes sal voldoen.
In my geval wat toevallig 22 duim loop het het ek uiteindelik gegaan met 154gr Interbonds teen n spoed van 2700ft/sek met S355.Hierdie dek my all roand behoefte van die geweer baie goed.
Groetnis
Wouter
Re: 7 08 EIENAARS : OPTIMUM PUNT VIR MEERDOELIGE GEBRUIK.
Posted: Tue Sep 26, 2023 12:17 pm
by projagter
Wouter Roets wrote: Tue Sep 26, 2023 8:36 am
Projagter
In my geval wat toevallig 22 duim loop het het ek uiteindelik gegaan met 154gr Interbonds teen n spoed van 2700ft/sek met S355.Hierdie dek my all roand behoefte van die geweer baie goed.
Groetnis
Wouter
Dankie Wouter. Die aankoop van die Tikka varmint hunter is nou n gegewe. -- was die enigste Tikka/Sako 7 08 in die Weskaap met prys nader aan R30d as R40d. Dus looplengte ens. is gegewe. Ek reken die keuse sal wees tussen 139 - 154 gr. met punt wat goed presteer maar het oop oor vir ander se idee.
Ek gebruik met groot sukses 154 gr SST en Interbond in my 7x57 AI -- hulle groep in selfde 1moa -- dus SST vir kopskote en IB vir die dikker gebeente en ek het toevallig nog 'n paar honderd van elkeen.
mooi dag.
Re: 7 08 EIENAARS : OPTIMUM PUNT VIR MEERDOELIGE GEBRUIK.
Posted: Tue Sep 26, 2023 3:00 pm
by Wouter Roets
Projagter
Daai kombinasie maak baie sin en tiek die meeste boksies. Jy sal nie fout maak met die kombinasie nie.
Groetnis
Wouter
Re: 7 08 EIENAARS : OPTIMUM PUNT VIR MEERDOELIGE GEBRUIK.
Posted: Tue Sep 26, 2023 5:47 pm
by projagter
Wouter Roets wrote: Tue Sep 26, 2023 3:00 pm
Projagter
Daai kombinasie maak baie sin en tiek die meeste boksies. Jy sal nie fout maak met die kombinasie nie.
Groetnis
Wouter
Gebruik jy jou 7 08 op grootwild?
Luister graag.
Re: 7 08 EIENAARS : OPTIMUM PUNT VIR MEERDOELIGE GEBRUIK.
Posted: Thu Sep 28, 2023 8:26 am
by Wouter Roets
More Projagter
Hierdie geweer het ek gekoop vir my jongste seun. Ek wou vir elkeen van my seuns hulle eie gewere gee waarmee net hulle skiet. So nodeloos om te se het ek nog nie iets met een van die twee geskiet behalwe papier met ladingontwikkeling. My jongste het hierdie jaar n koedoe bul geskiet en die Interbond het presies na verwagting presteer. Hy het ook al twee blouwillebeeste met die kombinasie geskiet en ek sal nie huiwer om hom n eland ook te laat aandurf nie. Persoonlik gebruik ek net mono's in al my gewere van 7mm af en op. Ek wou n bietjie ekstra doodmaak vermoe vir die twee seuns he so het toe vir Interbond in die 7mm gegaan en Accubond in my oudste seun se 308. As ek met die twee gewere gejag het sou ek ook mono's in hulle geskiet het agv my OCD.
Groetnis
Wouter
Re: 7 08 EIENAARS : OPTIMUM PUNT VIR MEERDOELIGE GEBRUIK.
Posted: Fri Sep 29, 2023 2:37 pm
by projagter
Wouter Roets wrote: Thu Sep 28, 2023 8:26 am
More Projagter
Persoonlik gebruik ek net mono's in al my gewere van 7mm af en op.
Groetnis
Wouter
Ek oorweeg sterk mono vir my 7x57 AI - 154 gr Interbond en SST tans teen 2900+ vps.
Wat maak jou monos met kopskote op welke spoed.
Re: 7 08 EIENAARS : OPTIMUM PUNT VIR MEERDOELIGE GEBRUIK.
Posted: Tue Oct 10, 2023 11:24 am
by Wouter Roets
Nore Projagter
Jammer dat ek nou eers terug kom na jou toe, was so vir n wyle uitstedig gewees. Jong mono's is baie wisselvallig op kopskote. Jy kry die een dier wat se kop ontplof net soos met n konvensionele koeel en die volgende een lyk dit asof jy hom met n soliede koeel geskiet het. Wat wel n reel met mono's is in normale kalibers tot so by die 308 familie is dat hulle spoed kort. Dit vermag jy deur na n ligter koel te gaan. Pentrasie is of dieselfde maar in die meeste gevalle beter as n konvensionele koeel omrede mono's gewoonlik 100% van sy gewig behou. Vleisskade is minder agv die feit dat daar nie sekondere projektiele is nie, so jou permente wondkenaal is ook gewoonlik kleiner en dus is die doodmaakvermoe laer. Trajekte is platter vanwee die hoer spoed op normale jagafstande, maar jou jagafstande word gewoonlik beperk tot so 400m aangesien die koeel in spoed terme uit sy ontwerp parrameters beweeg.
So in kort as jy kopskote ooweeg skiet die dier liefs in sy breinkas en nie net in die kop nie, want vergifnis is nie konstand met n mono nie.
Groetnis
Wouter
Re: 7 08 EIENAARS : OPTIMUM PUNT VIR MEERDOELIGE GEBRUIK.
Posted: Tue Oct 10, 2023 9:04 pm
by tripodmvr
'n Minder morsige en baie effektiewe skoot met 'n mono is deur die nek net onder die kop. By 'n rooibok is bykans die hele nek daar slegs been. Daar is so 10mm weefselbedekking. By groter bokke is die maklikste van voor en direk van agter.
Re: 7 08 EIENAARS : OPTIMUM PUNT VIR MEERDOELIGE GEBRUIK.
Posted: Fri Nov 17, 2023 4:10 pm
by projagter
7mm08 se lisensie is goedgekeur. So nou moet dinge begin gedoen word.
Watter dryfmiddel het julle beproef.
Ek sou sê met Sonchem seker 355 maar het die gevoel dat oorsese kruit miskien beter sal werk.
Re: 7 08 EIENAARS : OPTIMUM PUNT VIR MEERDOELIGE GEBRUIK.
Posted: Fri Nov 17, 2023 4:17 pm
by Capt. Yoda
N540 as jy nie mal baie met hom gaan skiet nie
Re: 7 08 EIENAARS : OPTIMUM PUNT VIR MEERDOELIGE GEBRUIK.
Posted: Fri Nov 17, 2023 8:49 pm
by Ds J
projagter wrote: Fri Nov 17, 2023 4:10 pm
7mm08 se lisensie is goedgekeur. So nou moet dinge begin gedoen word.
Watter dryfmiddel het julle beproef.
Ek sou sê met Sonchem seker 355 maar het die gevoel dat oorsese kruit miskien beter sal werk.
Een groot voordeel van sommige oorsese kruie is dat hulle minder sensitief is vir temperatuurskommelings. Ek het nog S335, en as n mens die roer ken behoort dit nie n probleem te wees nie.
Re: 7 08 EIENAARS : OPTIMUM PUNT VIR MEERDOELIGE GEBRUIK.
Posted: Sat Nov 18, 2023 12:12 am
by Pinkes
Varget..mic drop!
Re: 7 08 EIENAARS : OPTIMUM PUNT VIR MEERDOELIGE GEBRUIK.
Posted: Sat Nov 18, 2023 6:56 am
by Andre308
Pinkes wrote: Sat Nov 18, 2023 12:12 am
Varget..mic drop!
Meer soos: Varget... Cash drop!!!
Hulle pryse raak nou baie styf.