Page 1 of 1
400m met .22LR
Posted: Thu Sep 07, 2023 3:53 pm
by Ammion
Ek is verlede week 2 keer vinnig baan toe voor werk om seker te maak die Vudoo is reg vir die Send-It .22 ELR kompetisie die afgelope naweek. Die 2 groepe is op verskillende oggende met 2 verskillende lot RWS ammunisie geskiet, alhoewel die resultaat baie dieselfde is.
Re: 400m met .22LR
Posted: Thu Sep 07, 2023 3:57 pm
by Ammion
Die blok binne die masking tape op die staal plaat is 300 x 300 mm - die grootte van die gonge wat by die kompetisie geskiet word.
Re: 400m met .22LR
Posted: Thu Sep 07, 2023 4:35 pm
by Koos Barnard
Wow! Baie netjies.
Re: 400m met .22LR
Posted: Thu Sep 07, 2023 8:24 pm
by Francoisv
Jis manne, Paul het die ligte kom uitskiet hier in die Kaap Saterdag. Die kompetisie gewen met 'n rekord telling. Hy en daai Voodoo verstaan mekaar.
Good shot and a helova nice guy.
Sent from my CPH2359 using Tapatalk
Re: 400m met .22LR
Posted: Fri Sep 08, 2023 8:43 am
by Capt. Yoda
Baie netjies Paul, die man verstaan hoe om hierie klein koeltjies te skiet
Re: 400m met .22LR
Posted: Fri Sep 08, 2023 9:29 am
by DeVilliers
Baie netjies en welgedaan.
Ek dink nou maar net hoe ek sukkel met n gong op 400m en n 308.
Re: 400m met .22LR
Posted: Fri Sep 08, 2023 10:25 am
by Ammion
Baie dankie almal! Ek het self nie gedink dit is moontlik toe ek met .22LR begin karring het nie.
Die Vudoo het my ook verbaas - akkuraatheid is definitief beter as wat ek verwag het.
Re: 400m met .22LR
Posted: Fri Sep 08, 2023 10:31 am
by Lategan1
Welgedaan!
As jy statisties korrek die beste en swakste verwyder, is jou groepe nog meer merkwaardig.
Geluk en geniet.
Groete.
Re: 400m met .22LR
Posted: Wed Sep 27, 2023 11:13 am
by Ammion
Die vierkantige eier:- vir my 'n gong gemaak wat ek op langer afstande kan gebruik. Die geel blok is 300 x 300mm en die wit plaat is 600 x 600mm.
Re: 400m met .22LR
Posted: Sat Oct 14, 2023 11:38 am
by Ammion
Vanoggend vroeg weer probeer - sub 2moa is definitief moontlik op 400m
Re: 400m met .22LR
Posted: Sat Oct 14, 2023 11:40 am
by HeinM
Hoe beplan julle die kompetisies om windvrye geleenthede te verseker?
Re: 400m met .22LR
Posted: Sat Oct 14, 2023 12:49 pm
by Ammion
22 ELR kompetisies word in die wind geskiet. Send-It se datums vir volgende jaar is al uit - so daar word nie beplan om gunstige toestande te kry nie.
Daardie groep het ek 7:00 vanoggend geskiet voor die wind te erg waai.
Re: 400m met .22LR
Posted: Sat Oct 14, 2023 5:17 pm
by Capt. Yoda
Ammion wrote: Sat Oct 14, 2023 11:38 am
Vanoggend vroeg weer probeer - sub 2moa is definitief moontlik op 400m
Bitter mooi Paul
Re: 400m met .22LR
Posted: Sat Oct 14, 2023 10:04 pm
by Ammion
Dankie Siebert
Re: 400m met .22LR
Posted: Sun Oct 15, 2023 1:34 pm
by Francoisv
Ja Paul, daai is besonders vir 'n 22 op 400. As jou geweer só skiet kan jy verder net op kondisies konsentreer.
NS. As jy jou roer weer laat oornag hier moet jy maar kyk waarmee jy wegry....dalk met 'n baksteen of 2
Sent from my CPH2359 using Tapatalk
Re: 400m met .22LR
Posted: Sun Oct 15, 2023 7:32 pm
by Ammion
Francoisv wrote: Sun Oct 15, 2023 1:34 pm
Ja Paul, daai is besonders vir 'n 22 op 400. As jou geweer só skiet kan jy verder net op kondisies konsentreer.
NS. As jy jou roer weer laat oornag hier moet jy maar kyk waarmee jy wegry....dalk met 'n baksteen of 2
Sent from my CPH2359 using Tapatalk
Hahaha, yes sal maar dubbel seker maak - gaan sukkel om baksteen so vêr te gooi ….