Page 1 of 1

Ladingontwikkeling 6.5x55 sweed - Wanneer om te begin

Posted: Tue Sep 05, 2023 5:34 pm
by Jagter83
Naand almal
Ek behoort binnekort lisensiegoedkeuring te ontvang en begin al beplanning doen vir ladings. Geweer is nuut. My vraag, ekt bietjie opgelees oor loopinbreek en het op n paar gesprekke afgekom wat se op n Sako is dit onnodig. Ekt dit nie met my ander wapens gedoen nie en almal skiet op n tiekie. Ek gaan wel die geweer net mooi skoonmaak. Sal julle ladings begin toets vanaf die begin of eers 20/30 skote skiet voor ontwikkeling begin?
Hoor graag julle opinies

Sent from my SM-S911B using Tapatalk

Re: Ladingontwikkeling 6.5x55 sweed - Wanneer om te begin

Posted: Tue Sep 05, 2023 7:09 pm
by Armand Steenkamp
Nee wat. Ek het dit al getoets met heel paar van my gewere. Die kool is gladnie die sous werd nie.

Re: Ladingontwikkeling 6.5x55 sweed - Wanneer om te begin

Posted: Tue Sep 05, 2023 9:16 pm
by Apie
Armand Steenkamp wrote:Nee wat. Ek het dit al getoets met heel paar van my gewere. Die kool is gladnie die sous werd nie.
Stem

Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Ladingontwikkeling 6.5x55 sweed - Wanneer om te begin

Posted: Wed Sep 06, 2023 8:27 am
by JF123
Wees net bedag dat nuwe lope raak vinniger na die eerste 80-100 skote. My .223 het 40fps vinniger geraak op dieselfde lading. My .308 het 50fps opgetel.

Re: Ladingontwikkeling 6.5x55 sweed - Wanneer om te begin

Posted: Wed Sep 06, 2023 9:37 am
by tripodmvr
Ek het nog net met my Howa 223 hul inbreek prosedure gebruik. Dit is 20 skote - 1 elk vir die eerste 10 en dan 2 skote daarna met skoonmaak tussenin. Alle olie verwyder met Asetoon.

Die geweer bly redelik skoon tussen skote en maak ook makliker skoon. Dit dui op 'n gladder loop. Ek het nog nie die toename in spoed gekry wat julle noem nie.

Net die makliker skoonmaak is al klaar vir my 'n pluspunt en ek sal dit weer doen met 'n nuwe geweer.

Re: Ladingontwikkeling 6.5x55 sweed - Wanneer om te begin

Posted: Wed Sep 06, 2023 9:43 am
by Capt. Yoda
Ek het met een loop die skiet een maak skoon, skiet 2 maak skoon, en so aan gedoen omdat ek niks beter gehad het om te doen daai dag nie, dis wel n custom loop maar hy koper glad nie for what its worth

Re: Ladingontwikkeling 6.5x55 sweed - Wanneer om te begin

Posted: Wed Sep 06, 2023 10:51 am
by Jagter83
Dankie vir die insette, dis welkom. @JF123 dis juis een van die goed wat ek op n Amerikaanse forum gelees het dat spoed heel moontlik sal optel soos die loop gladder raak. Apie/Armand het julle die spoed dalk dopgehou vir daai eerste lot skote? Ekt my 300wm se lading gedoen 10jaar terug maar was nog nie so gesout/deeglik nie. Daai tyd was ek net bekommerd oor groeperings.

Re: Ladingontwikkeling 6.5x55 sweed - Wanneer om te begin

Posted: Wed Sep 06, 2023 1:37 pm
by Capt. Yoda
100 to 120 skote dan sal jy sien hy tel spoed op, hoeveel hang maar van kaliber tot kaliber af dis hoekom ons gewoonlik daai eeste 100 skote uit n nuwe loop maar net die doppe FF en n gevoel vir die roer kry voor ons met erenstige lading ontwikkeling begin, help ook as mens jou doppe daai eerste keer nie hard skiet nie .

Re: Ladingontwikkeling 6.5x55 sweed - Wanneer om te begin

Posted: Wed Sep 06, 2023 8:38 pm
by Ds J
Voorstel: gebruik 10 - 15 skote om jou teleskoop in te skiet, en dan nog so 50 - 80 skote om vas te stel watter koeëlgewigte en -soorte hy verkies. Probeer om hierdie werk met n vaste stel doppe te doen, oor n kronograaf.

Daarna behoort die loop al makker te wees, en dan kan jy dalk al met QL-somme begin.

Re: Ladingontwikkeling 6.5x55 sweed - Wanneer om te begin

Posted: Thu Sep 07, 2023 5:22 am
by Apie
My ervaring sovêr was dat my Krieger lope almal spoed opgetel het hier na omtrent 100 skote.
Pelle wat Walters skiet hier rondom 200skote

Het ‘n Krieger 308 die hele inbreek proses gedoen en my 6.5x47 ook. Albei maak ewe maklik skoon en nie een van hulle pak baie koper nie.

My Tikka Sporter 6.5x55 het ek ook ingebreek en hy is ‘n kopermyn vergelyking met die Kriegers. Hy skiet van skoot 20 af met dieselfde lading dieselfde spoed en het omtrent 2600 skote deur hom.

Die Sako/Tikka/Howa swart lope is almal redelik grof in vergelyking met die Krieger lope wat super glad binne is. Tikka Stainless lope is defintief gladder binne as die swart lope.

Dis my eie ervaring met borescope kykery.

Ek dink die vervaardiging proses het ‘n baie groter effek op die koper aanpak as jou paar skote deur die loop.

Die rede hoekom ‘n gladde custom loop spoed optel na 100-200skote is alreeds deur Bryan Litz hulle getoets.

Dit gaan oor die proses hoe die keel area growwer word en dan ook meer konstante ES/spoed gee.

Ek sal die link soek.

Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Ladingontwikkeling 6.5x55 sweed - Wanneer om te begin

Posted: Thu Sep 07, 2023 5:31 am
by Apie
Vanaf Bryan se Facebook blad.

Ek kry nie nou die tabel met die Dasher wat hy as gevalle studie gebruik het nie

https://www.facebook.com/10007898637484 ... tid=cr9u03

Trying to do serious load development within the first ~200 rounds of a barrel can be a waste of time.

The pressure, velocity, and consistency that you can make with a given powder charge in a shiny smooth new barrel is very different from the pressure, velocity, and consistency that you'll get once that barrel reaches a steady state of roughness and fire cracking from hundreds of rounds.

This can lead to chasing your tail with load development every time you get a new barrel, even if it's the same as your last.

What I've learned to do is develop a load in a barrel with hundreds of rounds on it, and then keep the load the same. Even if it doesn't appear to shoot as well in a new barrel, keep shooting it and it gets good once the barrel is fully broken in (200 'ish rounds).

If you optimize a load in a brand new barrel, it will likely not be optimal in the long run, and vise versa.

Just looking at the bore of a new barrel compared to one that's thoroughly broken in shows you they are not the same animal. The internal ballistics are affected by the surface roughness which is why you see new barrels speed up in the first couple 100 rounds with the same ammo.

Follow me for more hand loading tips ImageImageImage

#AppliedBallistics #thescienceofaccuracy #rifle #Bullet #longrangeshooting #ELR #PRS #2A #reloading

Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Ladingontwikkeling 6.5x55 sweed - Wanneer om te begin

Posted: Thu Sep 07, 2023 7:27 am
by Lategan1
Altyd interessant.

Let wel, Brain gebruik die woord “can”, nie “will” nie. Ook in sy aangehegte skrywe. Met moontlike variasie op verskillende tipe lope.

Dus is sy aanbeveling oorwegend in die algemeen en tipies.

Ek dink die manne hier het vir jou goeie raad gegee wat ooreenstem met Apie se aanhaling. Jy kan ‘n “nuwe” loop ervaar tussen 75-200 skote!

Skiet net. As jy wil inbreek, dit vorm steeds deel van die eerste 75-200 skote, jou keuse.

Beste.

Re: Ladingontwikkeling 6.5x55 sweed - Wanneer om te begin

Posted: Thu Sep 07, 2023 8:36 am
by tripodmvr
Die raad oor die verandering in spoed moet darem ook in konteks gelees word. Bryan Litz skiet kompeterend ELR en daarom sal dit 'n groot effek op sy sport uitoefen. Vir normale jag herlaai kan dit minimale impak hê. Wees net bedag daarop dat soiets moontlik kan gebeur en 'n aanpassing van 1gr dryfmiddel en sake is weer reg.

Re: Ladingontwikkeling 6.5x55 sweed - Wanneer om te begin

Posted: Thu Sep 07, 2023 12:27 pm
by Jagter83
Jissie julle gee my nou al die antwoorde wat ek wou he, baie dankie vir almal sal insette. Ek sal die spoed mooi kontrolleer en die syfers hier opsit, mag my dalk net n paar maande neem om 200 skote te skiet

Re: Ladingontwikkeling 6.5x55 sweed - Wanneer om te begin

Posted: Sat Sep 09, 2023 12:10 pm
by Lategan1
viewtopic.php?p=226623#p226623

Kyk watter jaar is hierdie deeglik bespreek.

Beste.

Re: Ladingontwikkeling 6.5x55 sweed - Wanneer om te begin

Posted: Sat Sep 09, 2023 2:02 pm
by Ds J
Apie wrote: Thu Sep 07, 2023 5:22 am
Die Sako/Tikka/Howa swart lope is almal redelik grof in vergelyking met die Krieger lope wat super glad binne is. Tikka Stainless lope is defintief gladder binne as die swart lope.
Is die lope van Walther en Kriegler gepoleer? Dit sou kon verduidelik waarom hulle vinniger inskiet, en ook waarom hulle minder koper vergaar.

Re: Ladingontwikkeling 6.5x55 sweed - Wanneer om te begin

Posted: Sat Sep 09, 2023 7:24 pm
by Apie
Ds J wrote:
Apie wrote: Thu Sep 07, 2023 5:22 am
Die Sako/Tikka/Howa swart lope is almal redelik grof in vergelyking met die Krieger lope wat super glad binne is. Tikka Stainless lope is defintief gladder binne as die swart lope.
Is die lope van Walther en Kriegler gepoleer? Dit sou kon verduidelik waarom hulle vinniger inskiet, en ook waarom hulle minder koper vergaar.
Krieger word ge’hand lap’ so ja! Nie seker oor Walter nie..

Sent from my iPhone using Tapatalk