Baan oefen rondtes met PMP 143gr fmj
Posted: Sun Sep 03, 2023 10:47 pm
Hierdie is glad nie vir ‘n kompetisie of fyn skiet lading wat ek benodig nie maar net iets om die kinders ook skiet kans te gee so nou en dan as hulle saam gaan skiet en my duurder komponente so bietjie te spaar. (En bietjie eksperimenteer “for the fun of it”)
Ek het n paar pakkies van die bruin boks 143gr surplus ammo wat onlangs redelik vollop en goedkoop was probeer en was redelik verbaas met die resultate uit my 20” tikka ctr. Die gemiddelde spoed wat ek gemeet het met ‘n magneto speed was 2865fps en groepering op 100m was omtrent 1.5”
Ek het nou van die los punte gekry en so paar ladings probeer volgens die lading tabelle in Somchem se data maar kom nie naastenby reg nie. Ek is nie seker watter kruit om te gebruik nie en as iemand dieselfde al probeer het sal ek enige raad en voorstelle waardeer.
Wat ek wel opgemerk het is die volgende:
Fabrieks ammo:
Gemiddelde spoed: 2865fps met ES van 18fps oor 5 skote gemeet.
Een van die rondtes se punt getrek en dryfmiddel weeg 45.3gr
Dryfmiddel lyk soos S321 of S341 bal kruit. Nie S335
Vir dieselfde tipe lading met Somchem kruit lyk dit of PMP dalk S341 gebruik het. Daar is nie ‘n 143gr lading in die tabelle, net 130 en 150gr en 45.2gr is maks lading vir S321 met 130gr punt.
Ek het die 100 los punte wat ek gekoop het geweeg en dit wissel van 142.1gr tot 144,5gr.
Die ladings wat ek probeer het was met GRT bereken vir S321 en S341 en heelwat onder maks druk vlakke maar groeperings bestaan nie. Met maks ladings in GRT vir S341 en S321 lyk die speod ook nie so hoog soos die fabrieks spoed nie.
Party sou dit dalk beskou as ‘n mors van tyd. Net nuuskurig hoekom dieselfde doppe en punte nie lyk of dit wil werk as die fabrieks ammo redelik aanvaarbaar is. Het PMP dalk ander tipe dryfmiddels wat nie standaard van die rak af Somchem was nie gebruik. Miskien mis ek iets ooglopend. Hoor graag enige insigte en ander ondervindings.
Sent from my iPad using Tapatalk Pro