Page 1 of 1

Teleskoop vir .22

Posted: Mon Aug 14, 2023 8:25 am
by Lamtjop
Môre almal, ek is opsoek na n teleskoop vir teiken skiet .22. Maks vergroting hier tussen 16 tot 24 sal werk. Paralaks moet darem tot op 25m kan stel. Ek sien Hawke maak rimfire scopes maar lees gemengde reviews oor hul kwaliteit, so ook oor MTC en Optisan. Watter van die die meer budget friendly scopes kan n ou probeer en van watter moet n ou wegbly. Skiet afstand is meeste van die tyd 50m F-klas tipe skiet, maar wil darem n scope hê wat na 200m kan dail of n kruis hê met strepies of kolletjies wat gebruik kan word tot so 200m. Ek is oop vir voorstelle en 2de handse teleskope.
Dankie

Re: Teleskoop vir .22

Posted: Mon Aug 14, 2023 9:32 am
by Toyrsi
Ek sou kyk na van die Vektor modelle of wat van die Element Helix.