Page 1 of 2

Leer Mes Skede deur FE

Posted: Wed Feb 15, 2012 11:28 am
by DWB
Hallo Manne,

FE (Edmund) hier op die forum was so gaaf om vir my 'n skede te maak vir my Kershaw Echo wat se skede gegaan het.

Dis baie goeie werk en dit pas die mes baie mooi.

Ek hou so baie van skedes, ek sal sommer 'n mes vir sy skede koop!!!

Baie Dankie Edmund!

Julle manne kan hom gerus kontak, hy doen goeie werk!

Re: Leer Mes Skede deur FE

Posted: Wed Feb 15, 2012 11:30 am
by Gerhard
Baie netjies gedoen

Re: Leer Mes Skede deur FE

Posted: Wed Feb 15, 2012 12:14 pm
by Reggie Gerber
Very Nice

A good knife deserves a decent sheath

Re: Leer Mes Skede deur FE

Posted: Wed Feb 15, 2012 1:12 pm
by Marc
Wraggies mooi gemaak, sal sy kontak besonderhede moet neerskryf

Re: Leer Mes Skede deur FE

Posted: Wed Feb 15, 2012 2:01 pm
by FE
Dankie Deon,

Baie bly jy is gelukkig. Nou moet jy dit net gaan toets en dan daardie nuwe mes ook af stuur.

Re: Leer Mes Skede deur FE

Posted: Wed Feb 15, 2012 5:13 pm
by Gerhard
FE wrote: Dankie Deon,

Baie bly jy is gelukkig. Nou moet jy dit net gaan toets en dan daardie nuwe mes ook af stuur.
Verduidelik asb hoe jy te werk gaan om so n skede te maak.

Baretta het vir my n puik mes gegee waarvoor ek nou n skede soek.

Groete,

Re: Leer Mes Skede deur FE

Posted: Thu Feb 16, 2012 6:57 am
by FE
Die heel beste Gerhard is dat jy die mes vir my stuur, dan maak ek die skede presies volgens jou mes. Dan weet jy jou mes kan nie uit val nie en geen ander mes sal daarin pas soos jou mes nie. Ek maak dit van skouer leer en werk dit met die hand af. Ek is in Bloem so glo nie vervoer sal 'n probleem wees heen en weer nie. Laat weet as jy hom wil stuur jy kan jou mes binne 'n 5 dae terug h?.

Re: Leer Mes Skede deur FE

Posted: Thu Feb 16, 2012 7:00 am
by DWB
Ja manne, ek kan bevestig dat dit beter is om die mes te stuur.

Daai skede mould om die mes en dan pas hy soos 'n handskoen.

Re: Leer Mes Skede deur FE

Posted: Thu Feb 16, 2012 7:02 am
by Gerhard
FE wrote: Die heel beste Gerhard is dat jy die mes vir my stuur, dan maak ek die skede presies volgens jou mes. Dan weet jy jou mes kan nie uit val nie en geen ander mes sal daarin pas soos jou mes nie. Ek maak dit van skouer leer en werk dit met die hand af. Ek is in Bloem so glo nie vervoer sal 'n probleem wees heen en weer nie. Laat weet as jy hom wil stuur jy kan jou mes binne 'n 5 dae terug h?.
Wat is die beste metode om te stuur?

Ek is bitter jammer vir die mes en wil nie graag he hy moet weg raak in die pos nie.

Daarby is die lem ook bang skerp. Sal hom op n manier moet toe draai dat hy nie alles stukkend sny nie...

Re: Leer Mes Skede deur FE

Posted: Thu Feb 16, 2012 7:03 am
by WillemS
FE
Ek is in die Wes-kaap, kan ek ook 'n mes pos? Stuur my 'n pm asb  met besonderhede, dan gesels ons verder!

Willem

Re: Leer Mes Skede deur FE

Posted: Thu Feb 16, 2012 8:42 am
by FE
Deon het my mooi geleer die beste is met speed services! Jy koop twee sakke een om van jou af na my toe te kom, en dan die ander een gebruik ek om die mes vir jou terug te stuur!! Dan weet ons as jy hom vandag pos is hy die volgende dag by my!

Gerhard wat ek self doen is om die mes in 'n lap toe te draai en dan in 'n koevert te sit, dan weet jy die sny vlak is baie veilig en die mes kan nie seer kry nie!

Willem jy kan hom enige tyd stuur ek sal vir jou my nommer en pos adres pm dan reel ons verder.

Re: Leer Mes Skede deur FE

Posted: Thu Feb 16, 2012 11:52 am
by Nico Harris
Wat prys een van die skedes? ek het twee messe wat ek graag sal wil afstuur!!

groete

Nico

Re: Leer Mes Skede deur FE

Posted: Fri Feb 17, 2012 8:06 pm
by Hein M.
Regtig baie mooi ;)

Net 'n vragie - Is daar 'n manier hoe hierdie skede keer dat die mes uitval - as jy bv. deur 'n draad klim, ens.  Dit gebeur mos maar dat jy soms horisontaal, of selfs onderstebo is...  Die bakkie-manne sal nie weet nie...

Hein

Re: Leer Mes Skede deur FE

Posted: Sat Feb 18, 2012 10:36 am
by DWB
Hein,

Dit is hoekom die leer om die mes gemould word, hy sit mooi, en oor meer as 2/3 van die mes in die skede is sal hy nie sommer uitval nie.

Re: Leer Mes Skede deur FE

Posted: Sat Feb 18, 2012 1:05 pm
by grumpy
FE, waar kan n mens leer koop asb? Ek het hele, en ek bedoel hele paar jaar terug leer werk gedoen. Ek het al die tools ens. Ek wil leer kry en weer vir my n geweer sak maak.

Ek is in Oos Rand.

Dankie

Re: Leer Mes Skede deur FE

Posted: Sun Feb 19, 2012 4:12 pm
by FE
Hein,

Dit is die rede dat ek die mes by my moet kry om die skede te maak. Ek maak hom nommer pas volgens jou mes. Voor ek hom begin vorm toets ek al of die mes kan uit val of nie, op daardie stadium sit hy al soos 'n neut.

Pos more Willem Steenkamp se mes so jy sal hom Dinsdag kan vra wat dink hy!

Groete,

FE

Re: Leer Mes Skede deur FE

Posted: Sun Feb 19, 2012 10:27 pm
by erx
Forum vriende

Het ook die naweek my mes skede by FE gekry.
Ek kan regtig die skedes aanbeveel, goeie kwaliteit, netjiese afwerking en presiese pas.
Die skedes sal regtig jare se diens lewer en die pas verseker dat jou kosbare mes nie verloor nie.

Thanks Ed, ek hoop die manne ondersteun verder, dink ek moet ook maar nog 'n paar vat.

Groete
erx

[img width=560 height=420]http://i1183.photobucket.com/albums/x48 ... G_2012.jpg[/img] , [img width=560 height=420]http://i1183.photobucket.com/albums/x48 ... G_2013.jpg[/img]

Re: Leer Mes Skede deur FE

Posted: Sun Feb 19, 2012 11:16 pm
by Jakkalsgat
FE

Sien jy se jy is in Bloem, ek ook wil graag skede laat maak vir mes waar kan ek dit vir jou bring?

Grumpy

Ek het 'n aandeel in 'n leerbank fabriek, ons kry velle en leer vanaf Rudolph Hanni by Hannitan Leather in springs daar naby jou, as jy vit Rudolph bel of gaan sien vra hom sommer oor Zebra vel ook.

Groete Jaco

Re: Leer Mes Skede deur FE

Posted: Mon Feb 20, 2012 7:07 am
by FE
Dankie Erx.

Jaco ek het vir jou 'n pm gestuur met sel nommer, laat weet dan reel ons dat die mes by my uit kom.

Groete,

FE

Re: Leer Mes Skede deur FE

Posted: Mon Feb 20, 2012 8:09 am
by Jakkalsgat
Ed

Dankie, maak so

Groete

Re: Leer Mes Skede deur FE

Posted: Mon Feb 20, 2012 8:31 am
by grumpy
Baie mooi leerwerk gedoen daar. Dit is mooi af gewerk.

Re: Leer Mes Skede deur FE

Posted: Fri Feb 24, 2012 6:49 am
by FE
Ek dink dit party keer dit is ook nodig om dankie te s?. Ek wil net vir Deon, Emile en vir Willem baie dankie vir hulle ondersteuning. Willem baie dankie ek het jou betaling gekry, laat weet as daar enige foute is of as daar nog messe in die pos is!

Groete
FE

Re: Leer Mes Skede deur FE

Posted: Fri Feb 24, 2012 6:56 am
by WillemS
FE

Groot plesier!

Gee so n kansie, daar moet eers nog messe gekoop word voor hulle gepos kan word...

Manne, julle kan maar daai messe pos! Myne het vlymskerp en so blink soos 'n spieel terug gekom nadat hy gebere is na die laaste jag!

Die skede is baie goed gemaak en daai mes sit, uitval sal hy nie! Als in 6 dae, uit en tuis, kon vinniger gewees het, maar die poskantoor het net sy deel gedoen van 2 dae met oornag pos!

Dankie FE

Willem

Re: Leer Mes Skede deur FE

Posted: Sun Feb 26, 2012 1:47 pm
by DWB
Manne, ek het gister die eerste kans gehad om my mes skede te toets.

Nou ek is deur hoeveel rye mielies agter varke aan.... Loop/Hardloop ek het nie geweet van my mes nie en ek het ook nie oor hom geworry nie.

Daar was nie eers een keer wat dit amper gevoel het of hy gaan uitval nie.

Ek was baie impressed. Dis net 'n plesier om 'n mes so aan jou belt te h?.

Re: Leer Mes Skede deur FE

Posted: Tue Mar 13, 2012 4:32 pm
by FE
As daar manne is wat nog skedes nodig het voor die jag seisoen laat weet dan help ek julle gou!

Groete,

FE