Page 1 of 1

Howa 7mm-08 hoe maak hy?

Posted: Thu Aug 10, 2023 4:24 pm
by Nico Harris
Middag manne.

Ek weet hier was n tyd gelede baie gesels oor die 7mm-08. Is daar van julle wat toe howa 7mm-08 spesiefiek gekoop het?
Ek sien dis n 1 in 9.25” twist loop.
Watse resepte werk vir julle? Watse punte werk mooi? Het hy n voorkeur vir enige iets?

Eks lus om n “mountain gun” te bou- en ek dink die 7mm-08 is die nommer.

Groete

Re: Howa 7mm-08 hoe maak hy?

Posted: Thu Aug 10, 2023 4:49 pm
by snakker
Ai, die kaliber roep my ook MAAR ek kon hom nog nie regverdig nie. Ek dink nie hy is balisties beter as 260 of 6.5cm nie. Mens moet na 162gr punte gaan voor jy by goeie BC kom. En dan raak spoed maar laag. So teen 308 is hy goed, maar die 6.5e is beter met meer/goedkoper/meer beskikbare punt opsies

Net my 2c

Sent from my M2101K6G using Tapatalk

Re: Howa 7mm-08 hoe maak hy?

Posted: Thu Aug 10, 2023 9:11 pm
by Gawie(13mm)
Hy sal mooi loop as jy hom Ackley van sy ma af.
Reloder 17 agter 'n 162 ELD X teen 2740 vps uit 'n 24 duim loop teen 55 000 Psi.

Smaak my dit sal enige 260 of Creedmoor se gat skop.

Re: Howa 7mm-08 hoe maak hy?

Posted: Thu Aug 10, 2023 9:13 pm
by snakker
Gawie(13mm) wrote:Hy sal mooi loop as jy hom Ackley van sy ma af.
Reloder 17 agter 'n 162 ELD X teen 2740 vps uit 'n 24 duim loop teen 55 000 Psi.

Smaak my dit sal enige 260 of Creedmoor se gat skop.
Ja, maar dis mos nou nie appels met appels vergelyk nie, ou GawieImage

As ons altwee Ackley is die 260 maar weer bo

Sent from my M2101K6G using Tapatalk

Re: Howa 7mm-08 hoe maak hy?

Posted: Thu Aug 10, 2023 9:33 pm
by Ds J
Ek het n vriend met n 7-08, en daardie roer werk mooi.

As jy wil kan ek sy nommer aanstuur.

Ek weet nie watter fabrikaat dit is nie - die kaliber is baie goed.

As n mens kyk na die gemiddelde Howa se standaard kan jy gerus die kans vat.

Re: Howa 7mm-08 hoe maak hy?

Posted: Fri Aug 11, 2023 12:51 pm
by Gawie(13mm)
snakker wrote: Thu Aug 10, 2023 9:13 pm
Gawie(13mm) wrote:Hy sal mooi loop as jy hom Ackley van sy ma af.
Reloder 17 agter 'n 162 ELD X teen 2740 vps uit 'n 24 duim loop teen 55 000 Psi.

Smaak my dit sal enige 260 of Creedmoor se gat skop.
Ja, maar dis mos nou nie appels met appels vergelyk nie, ou GawieImage

As ons altwee Ackley is die 260 maar weer bo

Sent from my M2101K6G using Tapatalk
Ses punt vywe is vir besluitlose mense.
Dit is 6 mm of 7 mm!
Neem 'n besluit.

Re: Howa 7mm-08 hoe maak hy?

Posted: Fri Aug 11, 2023 12:52 pm
by snakker
Gawie(13mm) wrote:
snakker wrote: Thu Aug 10, 2023 9:13 pm
Gawie(13mm) wrote:Hy sal mooi loop as jy hom Ackley van sy ma af.
Reloder 17 agter 'n 162 ELD X teen 2740 vps uit 'n 24 duim loop teen 55 000 Psi.

Smaak my dit sal enige 260 of Creedmoor se gat skop.
Ja, maar dis mos nou nie appels met appels vergelyk nie, ou GawieImage

As ons altwee Ackley is die 260 maar weer bo

Sent from my M2101K6G using Tapatalk
Ses punt vywe is vir besluitlose mense.
Dit is 6 mm of 7 mm!
Neem 'n besluit.
ImageImageImage

Sent from my M2101K6G using Tapatalk

Re: Howa 7mm-08 hoe maak hy?

Posted: Fri Aug 11, 2023 7:20 pm
by JJV
Jip koop ‘n .270WIN en skiet 150gr koeels…

Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Howa 7mm-08 hoe maak hy?

Posted: Mon Aug 14, 2023 1:37 pm
by obasch
Nico,
Dis nou nie 'n Howa nie, ek het 'n Ruger American met 8,5" twist in sy 22" loop. Vir my tipe jag gebruik ek 120gr Nosler BT en 140gr Swift A-Frame.
Jy sal verstaan as ek sê die 7mm-08 se werkverrigting net soos jou 9,3x62 s'n is. Dit doen sy werk sonder om te bulder en te blaas en het nie 'n 40 grade skouer of 'n knaldemper nodig nie.

Re: Howa 7mm-08 hoe maak hy?

Posted: Fri Aug 18, 2023 7:25 pm
by ruaanb
Ek het onlangs met n Tikka in die kaliber gejag. Pure plesier!