Page 1 of 1

125gr/130gr Barnes x in 308cal?

Posted: Thu Jan 07, 2010 8:14 pm
by Nico Harris
ek skiet op die oomblik met 180gr nosler accubonds(2750ft/s) in my 30-06 en hulle skiet mooi...maar ek jeuk om die barnes x 125gr te try net vir sommer. maar dit lyk vir my of daar geen praktiese voordeel is om na hulle te verander nie! het enige van julle al die 125gr x gebruik? like jy hom of nie? soek net menings en veiwpoints!

Re: 125gr/130gr Barnes x in 308cal?

Posted: Thu Jan 07, 2010 8:54 pm
by DSBW
Harris

Ek ken nie die 125gr .30 cal Barnes nie, maar ek het so 9 jaar net met Barnes 150gr in my 7mm Rem Mag geskiet. Drie dinge: a) By verre die beste jagpunt wat ek ooit geskiet het, en na dese ook nog nooit weer een gekry wat naby kom nie, as jy 'n ding raak skiet, is dit planke toe, maar, b) ek het nog die oues geskiet (sonder die "drag rings"), hulle het my loop erg vuil gemaak, en beskadig na my mening, en hulle was nie naby so akkuraat soos die "match" punte wat ek deesdae skiet nie, en, c) daardie tyd was hulle vrek duur, eenvoudig buite verhouding duur met enige iets anders.

Sederdien het ek tot die gevolgtrekking gekom dat ek met veel veel goedkoper (relatief) "match" punte net so goed of beter vaar, want ek kan my skoot heelwat meer akkuraat plaas, en ek kan verder skiet.

Dis my beperkte ervaring met Barnes, ek dink nog steeds dis 'n helse goeie punt, al het ek al die besware.

Dawie

Re: 125gr/130gr Barnes x in 308cal?

Posted: Thu Jan 07, 2010 9:08 pm
by Nico Harris
akuraatheid is ook vir my belangriker as spoed of patroon maak. maar dis so lekker om te karring! ek vind sodra ek n lading en punt kry wat goed werk begin ek die proses oor- klink dof ??? maar ek geniet dit verskriklik!!