Page 1 of 5

Kom ons gesels bietjie jag stewels....

Posted: Sun Aug 06, 2023 2:57 pm
by Glocked
Manne, ek het bietjie raad en advies nodig. Die tyd het gekom om my jag skoene in te ruil vir 'n nuwe paar, hulle is nou behoorlik gaar. Ek wil vroegtydig die nuwe paar begin inbreek !

Vir die laaste paar jaar het ek gejag met 'n paar Merrel skoene. Hulle was gemaklik en lig, maar dis vir my asof die sool raas, dit was vir my moeilik om sag te loop met hulle, veral klipperige area's, of waar dit amper so fyn gruis klipwereld is.

So die opsies is baie. Ek het oorweeg om maar net weer 'n stel Merrel's te kry, want hulle het darem hulle kant gebring.

Ek het gekyk na Wildebees se vellies, vol leer, nie die suede nie, vir vlekke en bloed ens. Nog nooit 'n paar gehad nie, want blykbaar is die sool baie sag en loop baie sag ? Paar manne gehoor wat die sool nie hou nie, en hulle losgekom het.

Ek het toe eintlik besluit op 'n paar Jim Green Rangers, en vandag eintlik gery om 'n paar te gaan koop. Aangepas, voel redelik gemaklik aan die voet, sal hulle bietjie moet sag loop, maar die sool pla my. Dit wil vir my voel of die sool te hard is, ek dink hy sal vir ewig hou, maar ek is bang hulle gaan raas in die veld ? Is daar van julle wat jag met die Rangers wat kan bylas ?

Enige iets anders wat ek defnitief na moet kyk ?

Re: Kom ons gesels bietjie jag stewels....

Posted: Sun Aug 06, 2023 3:13 pm
by tripodmvr
Ek jag nou al vir baie jare met Hi-tec stewels. Beide die materiaal en leer tipe. Het dieselfde probleem met loop op klipperige grond. Die stewels is egter van meet af aan gemaklik en vereis geen inbreek. Die materiaal tipe bied min weerstand teen steekgras, dorings en die "katjie" van die Ooskaap nie.

Re: Kom ons gesels bietjie jag stewels....

Posted: Sun Aug 06, 2023 3:39 pm
by Glocked
tripodmvr wrote: Sun Aug 06, 2023 3:13 pm Ek jag nou al vir baie jare met Hi-tec stewels. Beide die materiaal en leer tipe. Het dieselfde probleem met loop op klipperige grond. Die stewels is egter van meet af aan gemaklik en vereis geen inbreek. Die materiaal tipe bied min weerstand teen steekgras, dorings en die "katjie" van die Ooskaap nie.
Oom Marius ek het ook voor die Merrel's vir 'n paar jaar met so stel leer Hi-Tech's gejag. Ek was nie mal oor hulle nie, goed gehou, maar hulle was nie vir my baie gemaklik nie, en daai sole het lekker geraas ja !

Re: Kom ons gesels bietjie jag stewels....

Posted: Sun Aug 06, 2023 3:44 pm
by Supacow
Na die tipe diens wat ek uit my 1ste stel Redbacks gekry het is ek verplig om dit voor te stel. Loshande met n vry gemoed ;)

Re: Kom ons gesels bietjie jag stewels....

Posted: Sun Aug 06, 2023 3:53 pm
by Ratel
Caterpillar se slip on stewels werk goed vir my. En hulle hou lank. Nie die met die staalpunte nie want hulle is natuurlik vir 'n ander doel.

Re: Kom ons gesels bietjie jag stewels....

Posted: Sun Aug 06, 2023 3:57 pm
by tripodmvr
Supacow wrote: Sun Aug 06, 2023 3:44 pm Na die tipe diens wat ek uit my 1ste stel Redbacks gekry het is ek verplig om dit voor te stel. Loshande met n vry gemoed ;)
Sooltipe en bekruipvermoë?

Re: Kom ons gesels bietjie jag stewels....

Posted: Sun Aug 06, 2023 4:05 pm
by J le Roux
Blundstone Chelsea. Werk en jag skoene wat my al 5 jaar hou.

Re: Kom ons gesels bietjie jag stewels....

Posted: Sun Aug 06, 2023 4:58 pm
by Supacow
tripodmvr wrote: Sun Aug 06, 2023 3:57 pm
Supacow wrote: Sun Aug 06, 2023 3:44 pm Na die tipe diens wat ek uit my 1ste stel Redbacks gekry het is ek verplig om dit voor te stel. Loshande met n vry gemoed ;)
Sooltipe en bekruipvermoë?
PU unders dink dis polyurethane.
Ek weet nie Oom. Hulle staan stil as ek vir hulle kyk. Hul nog nie betrap dat hul my bekruip.

Re: Kom ons gesels bietjie jag stewels....

Posted: Sun Aug 06, 2023 5:57 pm
by Pappabeer
Courteneys. Selous, Safari, Warrior is almal n goeie stewel. As jy bekruip koop die ripple sool. As jy in nat berge jag koop die tyre tread sool. Maak hulle met Geno se Balistix Wax skoon.

Ek het n paar naweke terug weer na my stewels omgesien

Image

Re: Kom ons gesels bietjie jag stewels....

Posted: Sun Aug 06, 2023 6:00 pm
by Ratel
Ek het so n paar jaar terug Tarzan stewels by die NWK gekoop. Hulle is swaar en het plat sole maar ek trap n kameeldoring dat hy omkrul. Ek hou dit maar as ek beeste werk. Andersins is my Cat stewels die DKW keuse.

Re: Kom ons gesels bietjie jag stewels....

Posted: Sun Aug 06, 2023 6:03 pm
by Ratel
Pappabeer wrote: Sun Aug 06, 2023 5:57 pm Courteneys. Selous, Safari, Warrior is almal n goeie stewel. As jy bekruip koop die ripple sool. As jy in nat berge jag koop die tyre tread sool. Maak hulle met Geno se Balistix Wax skoon.

Ek het n paar naweke terug weer na my stewels omgesien

Image
Dr verbeel ek my of is daar n paar Crocs ook in die foto. ++>:

Re: Kom ons gesels bietjie jag stewels....

Posted: Sun Aug 06, 2023 6:07 pm
by JohanvB
Dink die terrein waar jy jag speel ‘n beduidende rol in jou keuse stewel.

Re: Kom ons gesels bietjie jag stewels....

Posted: Sun Aug 06, 2023 6:07 pm
by Pappabeer
Ratel wrote:
Pappabeer wrote: Sun Aug 06, 2023 5:57 pm Courteneys. Selous, Safari, Warrior is almal n goeie stewel. As jy bekruip koop die ripple sool. As jy in nat berge jag koop die tyre tread sool. Maak hulle met Geno se Balistix Wax skoon.

Ek het n paar naweke terug weer na my stewels omgesien

Image
Dr verbeel ek my of is daar n paar Crocs ook in die foto. ++>:
Courteney se weergawe ja.Ek dink hy heet die Campfire. Baie gemaklik

Sent from my iPad using Tapatalk

Re: Kom ons gesels bietjie jag stewels....

Posted: Sun Aug 06, 2023 6:09 pm
by Hano243
Supacow wrote: Sun Aug 06, 2023 3:44 pm Na die tipe diens wat ek uit my 1ste stel Redbacks gekry het is ek verplig om dit voor te stel. Loshande met n vry gemoed ;)
Stem, baie lekker skoen, ek sal nie sommer weer iets anders koop nie. Loop hom maar net eers goed in voor jy veld toe gaan.

Re: Kom ons gesels bietjie jag stewels....

Posted: Sun Aug 06, 2023 6:12 pm
by DWB
Ek is ook op die Courteney wa....

Dalk nie die mooiste of blinkste of beste ondersteunende stewel nie, maar daar is iets spesiaal aan hulle.

Dink nie daar is nog iemand wat so met buffel leer kan tower nie!

Daar is vir my iets nostalgies aan hulle dra.

Re: Kom ons gesels bietjie jag stewels....

Posted: Sun Aug 06, 2023 6:16 pm
by Ratel
Pappabeer wrote: Sun Aug 06, 2023 6:07 pm
Ratel wrote:
Pappabeer wrote: Sun Aug 06, 2023 5:57 pm Courteneys. Selous, Safari, Warrior is almal n goeie stewel. As jy bekruip koop die ripple sool. As jy in nat berge jag koop die tyre tread sool. Maak hulle met Geno se Balistix Wax skoon.

Ek het n paar naweke terug weer na my stewels omgesien

Image
Dr verbeel ek my of is daar n paar Crocs ook in die foto. ++>:
Courteney se weergawe ja.Ek dink hy heet die Campfire. Baie gemaklik

Sent from my iPad using Tapatalk
Ek grap. My vrou het so paar jaar gelede vir my n paar Crocs gekoop met die wol voering binne. Sederdien gebruik ek nie meer pantoffels as ek opstaan in die winter nie. En hulle loop sag as ek moet kyk wat buite aangaan. Jammer vir die hi jacked Glocked.

Re: Kom ons gesels bietjie jag stewels....

Posted: Sun Aug 06, 2023 6:40 pm
by Glocked
Ratel wrote: Sun Aug 06, 2023 6:16 pm
Pappabeer wrote: Sun Aug 06, 2023 6:07 pm
Ratel wrote: Dr verbeel ek my of is daar n paar Crocs ook in die foto. ++>:
Courteney se weergawe ja.Ek dink hy heet die Campfire. Baie gemaklik

Sent from my iPad using Tapatalk
Ek grap. My vrou het so paar jaar gelede vir my n paar Crocs gekoop met die wol voering binne. Sederdien gebruik ek nie meer pantoffels as ek opstaan in die winter nie. En hulle loop sag as ek moet kyk wat buite aangaan. Jammer vir die hi jacked Glocked.

Geen probleem ++>:

Ek het in Maart pa geword, eerste een, en toe het ek ook vir Vadersdag so paar Croc's met die wol binne gekry, nie gedink ek sal dit ooit in die publiek erken nie, maar dis die beste slippers ooit !

Re: Kom ons gesels bietjie jag stewels....

Posted: Sun Aug 06, 2023 6:40 pm
by Glocked
Pappabeer wrote: Sun Aug 06, 2023 5:57 pm Courteneys. Selous, Safari, Warrior is almal n goeie stewel. As jy bekruip koop die ripple sool. As jy in nat berge jag koop die tyre tread sool. Maak hulle met Geno se Balistix Wax skoon.

Ek het n paar naweke terug weer na my stewels omgesien

Image

Jis daai is 'n netjiese reeks wat jy het !

Re: Kom ons gesels bietjie jag stewels....

Posted: Sun Aug 06, 2023 6:42 pm
by Gian_dP
Glocked wrote:Manne, ek het bietjie raad en advies nodig. Die tyd het gekom om my jag skoene in te ruil vir 'n nuwe paar, hulle is nou behoorlik gaar. Ek wil vroegtydig die nuwe paar begin inbreek !

Vir die laaste paar jaar het ek gejag met 'n paar Merrel skoene. Hulle was gemaklik en lig, maar dis vir my asof die sool raas, dit was vir my moeilik om sag te loop met hulle, veral klipperige area's, of waar dit amper so fyn gruis klipwereld is.

So die opsies is baie. Ek het oorweeg om maar net weer 'n stel Merrel's te kry, want hulle het darem hulle kant gebring.

Ek het gekyk na Wildebees se vellies, vol leer, nie die suede nie, vir vlekke en bloed ens. Nog nooit 'n paar gehad nie, want blykbaar is die sool baie sag en loop baie sag ? Paar manne gehoor wat die sool nie hou nie, en hulle losgekom het.

Ek het toe eintlik besluit op 'n paar Jim Green Rangers, en vandag eintlik gery om 'n paar te gaan koop. Aangepas, voel redelik gemaklik aan die voet, sal hulle bietjie moet sag loop, maar die sool pla my. Dit wil vir my voel of die sool te hard is, ek dink hy sal vir ewig hou, maar ek is bang hulle gaan raas in die veld ? Is daar van julle wat jag met die Rangers wat kan bylas ?

Enige iets anders wat ek defnitief na moet kyk ?
Ek het in Maart 'n paar Jim Green Rangers gekoop om my Wolverines te vervang. Wolverines het my goeie 10 jaar gehou, maar sole redelik gedaan. Het die Jim Greens deur die jaar gedra om bietjie in te loop en hulle eerste keer verlede maand in Graaff-Reinet gedra vir jag. Harde sool loop lekker en was sag in die veld-kliprante en Karoo vlaktes.

Sent from my SM-G973F using Tapatalk

Re: Kom ons gesels bietjie jag stewels....

Posted: Sun Aug 06, 2023 6:54 pm
by Glocked
DWB wrote: Sun Aug 06, 2023 6:12 pm Ek is ook op die Courteney wa....

Dalk nie die mooiste of blinkste of beste ondersteunende stewel nie, maar daar is iets spesiaal aan hulle.

Dink nie daar is nog iemand wat so met buffel leer kan tower nie!

Daar is vir my iets nostalgies aan hulle dra.
So die Courteney's is rerig die geld werd ?

Van seker 8 jaar oud af, en die eerste paar Courteney's wat ek in Magnum gesien het, wou ek so paar hê. Defnitief iets baie nostalgies aan dit...Kon myself nog net nie so ver kry om dit actually te koop nie. Het al vele maal gaan loer, gepas, selfs tot al in die ry gestaan by Safari se betaalpunt en toe weer uitgechicken....

Re: Kom ons gesels bietjie jag stewels....

Posted: Sun Aug 06, 2023 7:21 pm
by Glocked
[/quote]Ek het in Maart 'n paar Jim Green Rangers gekoop om my Wolverines te vervang. Wolverines het my goeie 10 jaar gehou, maar sole redelik gedaan. Het die Jim Greens deur die jaar gedra om bietjie in te loop en hulle eerste keer verlede maand in Graaff-Reinet gedra vir jag. Harde sool loop lekker en was sag in die veld-kliprante en Karoo vlaktes.

Sent from my SM-G973F using Tapatalk
[/quote]

Is jy tevrede met hulle ? Die leer voel nogal hard, asof hulle 'n rukkie kan vat om mooi in te loop. Maar hulle lyk en voel of hulle vir ewig kan hou.

Re: Kom ons gesels bietjie jag stewels....

Posted: Sun Aug 06, 2023 7:30 pm
by Giepie
My Hi-Tec bootse kreun die hele tyd wat ek loop, dit is by die tong. Ek het al politoer en byewas aangesit, maar dit bly Kreun. Ek loop nou met Freerange se Tankwa boots. Baie tevrede met dit.

Re: Kom ons gesels bietjie jag stewels....

Posted: Sun Aug 06, 2023 7:31 pm
by tripodmvr
Sooltipe en bekruipvermoë?
[/quote]

PU unders dink dis polyurethane.
Ek weet nie Oom. Hulle staan stil as ek vir hulle kyk. Hul nog nie betrap dat hul my bekruip.
[/quote]

Sit slim kind. Jy weet wat ek bedoel.

Re: Kom ons gesels bietjie jag stewels....

Posted: Sun Aug 06, 2023 8:03 pm
by Gian_dP
Glocked wrote:
Ek het in Maart 'n paar Jim Green Rangers gekoop om my Wolverines te vervang. Wolverines het my goeie 10 jaar gehou, maar sole redelik gedaan. Het die Jim Greens deur die jaar gedra om bietjie in te loop en hulle eerste keer verlede maand in Graaff-Reinet gedra vir jag. Harde sool loop lekker en was sag in die veld-kliprante en Karoo vlaktes.

Sent from my SM-G973F using Tapatalk
[/quote]

Is jy tevrede met hulle ? Die leer voel nogal hard, asof hulle 'n rukkie kan vat om mooi in te loop. Maar hulle lyk en voel of hulle vir ewig kan hou.[/quote]Ek is baie tevrede. Hulle neem wel bietjie langer om in te dra as ander skoene.

Sent from my SM-G973F using Tapatalk

Re: Kom ons gesels bietjie jag stewels....

Posted: Sun Aug 06, 2023 8:52 pm
by DWB
Ek het maar tot dusvêr my Courteneys gekoop as hulle op "special" is :D