Page 1 of 1

Beste kruit vir 30-06 en Mono punte ?

Posted: Sun Jul 30, 2023 7:12 pm
by Glocked
Goeie naand

Ek het raad en hulp nodig van die QL boffens asb...

Wat gaan die beste kruit wees om te gebruik vir die geweer van my, wat die beste dopvulling/spoed/ontbranding gaan gee ? Van die data wat ek kon opsoek en bestudeer, lyk dit of Varget dalk die antwoord kan wees.

601mm loop
Nuwe Nosler doppe
CCI BR2 primers
150gr Barnes TTSX en/of 150gr Peregrine VLR4/5 punte

Re: Beste kruit vir 30-06 en Mono punte ?

Posted: Sun Jul 30, 2023 7:28 pm
by Desperatezulu
RL-17 or N550 if you run on the red-line

Re: Beste kruit vir 30-06 en Mono punte ?

Posted: Sun Jul 30, 2023 7:55 pm
by tripodmvr
Temp Re17.png
Temp N550.png
Temp Varget.png
Temp S365.png

Re: Beste kruit vir 30-06 en Mono punte ?

Posted: Sun Jul 30, 2023 8:23 pm
by Glocked
Dankie Zulu en oom Marius ! Nooit na die RL-17 gekyk nie, maar dit lyk of hy mooi sal werk !

Re: Beste kruit vir 30-06 en Mono punte ?

Posted: Mon Jul 31, 2023 8:01 am
by avo
Ek skiet N550 met 165gr Kriek teen +-2910 fps . [loop is effens langer]
Die spoed is meer as genoeg.
ek het dieselfde punt al met H4350 IMR geskiet teen 2650fps
Met albei ladings het vleis huistoe gebring. Ek verkies die N550 vir langer afstand skote [meer spoed, bullet drop is minder]

Re: Beste kruit vir 30-06 en Mono punte ?

Posted: Mon Jul 31, 2023 6:35 pm
by Glocked
avo wrote: Mon Jul 31, 2023 8:01 am Ek skiet N550 met 165gr Kriek teen +-2910 fps . [loop is effens langer]
Die spoed is meer as genoeg.
ek het dieselfde punt al met H4350 IMR geskiet teen 2650fps
Met albei ladings het vleis huistoe gebring. Ek verkies die N550 vir langer afstand skote [meer spoed, bullet drop is minder]
165gr teen 2910 is lekker haastig !!

Ek is nie mal oor die VV poeiers nie, ek gaan eers die RL17 probeer en kyk hoe skiet hy. Ek soek ook so bietjie spoed, rede vir die 150greiners uit die effens korter loop.

Re: Beste kruit vir 30-06 en Mono punte ?

Posted: Mon Jul 31, 2023 7:29 pm
by Glocked
tripodmvr wrote: Sun Jul 30, 2023 7:55 pm Temp Re17.png

Temp N550.png

Temp Varget.png

Temp S365.png
Oom Marius, kan oom asb vir my loer wat die verskil gaan wees tussen die TTSX en 'n Peregrine VLR5 in 150gr met die RL17 ? Die VLR5 is 154gr as ek reg onthou.

Re: Beste kruit vir 30-06 en Mono punte ?

Posted: Mon Jul 31, 2023 7:48 pm
by tripodmvr
temp 150TTSX Re17.png
temp 154VLR5 Re17.png

Re: Beste kruit vir 30-06 en Mono punte ?

Posted: Mon Jul 31, 2023 8:00 pm
by Glocked
tripodmvr wrote: Mon Jul 31, 2023 7:48 pm temp 150TTSX Re17.png

temp 154VLR5 Re17.png
Baie dankie oom. Nie gedink daar sal so groot druk verskil wees nie. Wil vir my lyk daai RL17 en TTSX gaan die wen resep uitmaak !

Re: Beste kruit vir 30-06 en Mono punte ?

Posted: Sun Aug 06, 2023 5:13 pm
by Glocked
Oom Marius, kan ook dalk vir my loer daar wat die nodespoed sal wees vir 'n Barnes 168gr TTSX met RL17 ? Ek krap so bietjie rond, dalk is die 168gr 'n goeie roep, as hulle so mooi skiet soos wat die 150's doen.

Re: Beste kruit vir 30-06 en Mono punte ?

Posted: Sun Aug 06, 2023 7:26 pm
by Giepie
Glocked, ek daardie selfde kombinasie gelaai, maar moet nog gaan toets. Volgens QL met my data behoort dit so rondom 2803v/s te draai.

Re: Beste kruit vir 30-06 en Mono punte ?

Posted: Mon Aug 07, 2023 6:17 pm
by Glocked
Giepie wrote: Sun Aug 06, 2023 7:26 pm Glocked, ek daardie selfde kombinasie gelaai, maar moet nog gaan toets. Volgens QL met my data behoort dit so rondom 2803v/s te draai.
Sal interresant wees om te hoor hoe die kombinasie vir jou werk ! Ek oorweeg nog did 168gr, ek vermoed net hulle kan dalk al effens lank raak, ek skiet 'n 1:12" twist loop.

Re: Beste kruit vir 30-06 en Mono punte ?

Posted: Mon Aug 07, 2023 6:18 pm
by Glocked
tripodmvr wrote: Mon Jul 31, 2023 7:48 pm temp 150TTSX Re17.png

temp 154VLR5 Re17.png
Oom Marius, kan oom asb vir my loer daar na die kombinasie van RL17 met die 168gr TTSX ?

Re: Beste kruit vir 30-06 en Mono punte ?

Posted: Mon Aug 07, 2023 9:06 pm
by tripodmvr
1/2 node

Node 5 is naby 2790vps
temp 168TTSX Re 17.png

Re: Beste kruit vir 30-06 en Mono punte ?

Posted: Sat May 11, 2024 4:26 pm
by Glocked
Middag Oom Marius

Kan oom dalk help asb.

150gr Peregrine VLR4
N550 57.5gr
BR-2 primers
TPL 84.0mm
3071/3072/3092 gemeet met Labradar

Re: Beste kruit vir 30-06 en Mono punte ?

Posted: Sat May 11, 2024 5:39 pm
by tripodmvr
Die brandspoed is baie hoër as die verstekwaarde van N550 en sorg dan vir slegs 90% vulling met die lading hieronder. Hoe naby is jy aan die lande met 84mm TPL. Ek sou 2mm weg wees van die maksimum TPL. Druk is 61K psi

1/2 node na onder = 54,4gr en 2933vps. Druk 52K psi.

Re: Beste kruit vir 30-06 en Mono punte ?

Posted: Sat May 11, 2024 6:08 pm
by Glocked
Dankie oom.

Ek sal die tpl weer meet more en seker maak, maar ek was meer as 2mm weg.

Ek gaan die 54.4 probeer, die groepe op 57.5 het glad nie goed gelyk nie.

Re: Beste kruit vir 30-06 en Mono punte ?

Posted: Sat May 11, 2024 7:37 pm
by tripodmvr
Met die verstekwaardes van N550 bereken die spoed vir 57.5gr as 2888vps. Jou lading gee dus 200vps meer. Dit dui op hoër druk en daarom my vraag oor die TPL. Die lading met N540 kom baie nader aan die spoed wat jy gekry het.