Page 1 of 1
.357 kruit
Posted: Thu Jul 27, 2023 8:52 am
by Lapua
Dagsê,
Kan julle dalk n voorstel maak vir die beste beskikbare kruit vir .357 rollie.
Dankie
Re: .357 kruit
Posted: Thu Jul 27, 2023 10:20 am
by tripodmvr
Re: .357 kruit
Posted: Thu Jul 27, 2023 11:38 am
by Ds J
As jy n geweer of karbyn in 357 het kan jy n stadiger kruit soos S265 gebruik.
n Handwapen het vinniger kruit nodig, maar nie MS 200 ens nie. Dis weer te vinnig. Die kort loop van n handwapen blaas die stadige kruit onverbrand by die loop uit.
Re: .357 kruit
Posted: Thu Jul 27, 2023 12:17 pm
by Lapua
Ek sal kyk of ek weer S265 kan kry. Dankie
Re: .357 kruit
Posted: Thu Jul 27, 2023 12:22 pm
by Lapua
Ag nee wat, hulle kan maar die S265 hou teen R999.0 vir n blik teenoor R1050.0 vir N110. Sal maar hou by Vitha kruit.
Re: .357 kruit
Posted: Thu Jul 27, 2023 12:50 pm
by Capt. Yoda
Liewe genade, ek kyk nou self so vinnig vir S265
Powder Somchem S265
Share Share Tweet Pinterest
R1,150.00
Saam met safari se primers wat op special al R3000 / 1000 is raak dit nou lekker
Re: .357 kruit
Posted: Thu Jul 27, 2023 1:46 pm
by Lapua
Ja kyk, teen die pryse moet n man maar begin rolbal speel of iets.
Re: .357 kruit
Posted: Fri Jul 28, 2023 10:59 am
by Jean Marais
Ds J, hoe lank is daai rollie van jou se loop. Korter as 6" gaan maar sukkelsukkel met S265, en ook H110. Ek het beide probeer sonder bevredigende sukses. Wat baie goed in my 4" loop werk is Vitha se 3N37. Dit het verreweg die beste spoede en akkuraatheid gelewer. As jy net wil rondspeel, werk MP200 ook nie te sleg nie. Dopvulling is net nie na wense nie, en druktekens kom nogals vinniger as wat jy dink, selfs met veilige ladings.