G&TOutdoor

Enige iets pas hier/ discuss anything here
Post Reply
JohanvB
Hero Member
Hero Member
Posts: 2595
Joined: Thu Jun 30, 2011 9:28 pm

G&TOutdoor

Post by JohanvB »

Ken iemand die plek in Rustenburg??

https://gtoutdoor.co.za/index.php?route ... on/contact

Wil iets daar koop.
OosKaapJagter
Hero Member
Hero Member
Posts: 959
Joined: Thu Jul 07, 2016 9:14 pm

Re: G&TOutdoor

Post by OosKaapJagter »

Ek sou nie daar bestel voor ek meer navorsing doen nie.

Die "About us" op die webtuiste is eerstens vaag. Hulle besigheid het stadig begin en "grew exceptionally well during the following ten (10) years." Dan word daar gepraat van die wonderlike verhoudings wat hulle met hul kliënte opgebou het en die baie vriende wat hulle in daardie tyd gemaak het. Die webtuiste is in 2023 geskep. Gaan deur die webtuiste en sien of jy enigsins kan vasstel met wie jy eintlik besigheid doen.

Behalwe hulle eie webtuiste lewer 'n Google soektog niks op nie. Dit klink vreemd vir 'n besigheid wat al meer as 10 jaar bestaan. Dit kan dus 'n slenter of 'n nuwe besigheid wees, of dalk 'n besigheid wat bedryf word onder 'n nuwe naam. Dan is daar klein kwessies soos "we started of slowly", dus die gebruik van "of" in plaas van "off" en ook onderaan hulle webblad "My Acconut" in plaas van "My account". Dit kan beteken dat die webtuiste skepper dalk nie noukeurig was nie, of dalk kan dit 'n uitlander wees wie se Engels nie perfek is nie.

Die adres as jy dit op Google soek, wys die Fasfit agentskap in die Midas Sentrum. Dit beteken nie noodwendig iets negatief nie, want Priceless Guns and Ammo is geleë in Mica by Silver Lakes, net soos Brothers Arms geleë is in Eric Barnard Meubels se perseel. Die sê egter dat dit raadsaam sal wees om byvoorbeeld eers daardie Fasfit agentskap te skakel en uit te vind of hulle iets weet van die besigheid.

My vrou het 'n ruk gelede gesoek na 'n papegaai en het op die wonderlikste webtuiste afgekom. Na so uur of wat se navorsing het dit geblyk die hele webtuiste was 'n slenter. Ek was nogal beïndruk met hoe professioneel die slenter aanvanklik gelyk het.

Hou maar by die basiese reël van maak seker voordat jy enige geld oorbetaal.
Johan308
Full Member
Full Member
Posts: 213
Joined: Mon Aug 18, 2014 2:34 pm

Re: G&TOutdoor

Post by Johan308 »

Ken gladnie die plek nie, dit kan nuut wees. Ek besoek die Midas daar in die selfde sentrum gereeld en hulke het wel 'n baie groot buitelewe afdeling.

Sent from my SM-A326B using Tapatalk

Post Reply