Page 1 of 1
Pad tussen Winburg en Bultfontein
Posted: Thu Jul 20, 2023 2:08 pm
by musgrave270
Dag manne
Weet iemand miskien hoe die pad tussen Winburg en Bultfontein lyk via Theunissen?
Ek moet hom binnekort ry maar ek probeer bepaal of dit vinniger is om die N1 tot by Bfn te ry en dan af te draai Bultfontein toe.
Groete
Sent from my SM-A325F using Tapatalk
Re: Pad tussen Winburg en Bultfontein
Posted: Thu Jul 20, 2023 5:24 pm
by Wielie Waps
Die pad vanaf Bloem na Bultfontein is baie vol gate tot by Soutpan. Daarna nie te sleg nie.
Ek het so rukkie die pad vanaf Winburg Theunissen toe gery en hy was ook maar sleg as ek reg onthou.
Ek dink tog die Bloem Bultfontein pad het minder gate as Winburg Theunissen.
Die ander alternatief is Virginia oor maar die pad tussen N1 en Virginia is ook gaar.
Hoop dit help......
Re: Pad tussen Winburg en Bultfontein
Posted: Fri Jul 21, 2023 6:11 pm
by Albertdwk
Tussen Bultfontein - Theunissen is meer slaggate. Winburg - Theunissen het minder. Dit is nog baie beter as van die paaie in die land. Bv. ek ry daai pad eerder as en van Bethlehem Hoopstad toe gaan as wat ek die Welkom pad ry.
Sent from my SM-A307FN using Tapatalk
Re: Pad tussen Winburg en Bultfontein
Posted: Sun Jul 30, 2023 11:31 am
by musgrave270
Baie dankie vir die terugvoer. Ek dink ek gaan maar N1 om ry. Ek sien nie kans vir n band afskryf nie.
Sent from my SM-A325F using Tapatalk