Page 1 of 1

TPL vs Druk

Posted: Sat Jul 01, 2023 12:35 pm
by PaulM
Goeiemiddag,

Ek het onlangs iets teegekom wat my nogal dronkslaan. Ek aanvaar dat 'n korter TPL hoër druk veroorsaak as gevolg van kleiner dopspasie. Hoër druk
het dan ook hoër spoed tot gevolg. 'n Langer TPL veroorsaak die teenoorgestelde laer druk en laer spoed, totdat jy in die "lands" is, wat 'n skerp
toename in druk tot gevolg kan hê.

Hier is die deel wat nie heeltemal vir my sin maak nie. 'n Vriend van my het 'n 33XC laat bou. Hy het agtergekom dat sy TPL (met 20 thou jump)
heelwat korter is as ander 33XC's wat hy raakgeloop het. Hy het gevolglik die kamer laat sny, en sy TPL het met amper 'n halfduim vermeerder.
Vergelykende toetse tussen die ou en nuwe TPL het egter die appelkar bietjie laat kantel. Hy het identiese komponente en ladings gebruik, maar
interessante resultate behaal. Hier is die syfers:

Oorspronklike rondte:

Lading: 107gn (Kan nie onthou watter kruit nie)
TPL: 4.203"
Jump: 20 thou
Gem. Spoed: 2828 vps
Druktekens: Ja

Nuwe rondte:

Lading: 107gn (Dieselfde kruit en lot)
TPL: 4.617"
Jump: 10 thou
Gem. Spoed: 2892 vps
Druktekens: Nee

TPL is 0.414" langer, die druk is laer, gemiddelde spoed (3 skote) is 64 vps hoër.

Met identiese komponente en lading, met slegs die TPL wat verander het, het hy nou laer druk (maak sin) maar hoër spoed (???) gekry. Is daar
iemand wat dalk lig kan werp hierop? Ek luister graag.

Wederom.

Re: TPL vs Druk

Posted: Sat Jul 01, 2023 1:19 pm
by Alwin
Die ding om te onthou is dat daar baie meer veranderlikes is wat ook in gedagte gehou moet word. Dit sluit goed in soos die loopwand se wrywing met die spesifieke koeël se dravlak, wat self weer varieer met druk en temperatuur, die spesifieke dryfmiddel se ontbrandingskurwe, wat ook varieer volgens slagdop energie en kurwe, kruit kolomvorm, druk, temperatuur, en nog 'n paar ander. Hierdie goed is meestal nie meetbaar nie, slegs die effek op jou druk en spoed is.

Die lengte toename van die vryboor is gemeet. Die hoek van die lande waar dit begin is waarskynlik nie gemeet nie en het moontlik ook verander.

Daarom is die algemene herlaaireël dat jy jou ladingonwikkeling moet oor doen elke keer wat jy 'n komponent verander. In die geval het die loop/kamerafmetings verander. Dis 'n nuwe kombinasie en hy het sy eie reëls.

Ek sou met die korter vryboor tevrede gewees het, wetende dat dit vanself gaan langer word soos wat die keel erodeer met gebruik. Deur die vryboor langer te sny, verkort jy effektief die loop se leeftyd.

TPL vs Druk

Posted: Sat Jul 01, 2023 6:40 pm
by Apie
Ek het dit nou al paar keer gemeet en ervaar.

As ek bv begin met 0.5mm jump(20thou omtrent) en ek gaan stelselmatig korter met tpl neem die spoed eers geleidelik af en na omtrent 2-3mm jump begin die spoed eers weer optel agv dopvolume wat verminder.
As die lading konstant bly natuurlik

As jy op 50thou begin en langer gaan is die kans goed hy gaan spoed optel soos jy nader aan die lande kom en die punt minder momentum het(soos om in die verkeerde rat te probeer wegtrek)


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: TPL vs Druk

Posted: Sat Jul 01, 2023 10:52 pm
by JF123
Nog iets wat ek op die harde manier geleer het. Nuwe lope se spoed raak vinniger binne die eerste 200 skote deur die loop. My 308 het gegaan van 2975 na 3020met presies dieselfde lading. Waar ek sê dieselfde lading, bedoel ek die patrone was in dieselfde middag gelaai met dieselfde lot kruit en primers en koeëls en doppies.

Dieselfde gesien met my 223. Spoed het gegaan van 2880 na 2924.

Re: TPL vs Druk

Posted: Sun Jul 02, 2023 8:12 am
by Apie
JF123 wrote:Nog iets wat ek op die harde manier geleer het. Nuwe lope se spoed raak vinniger binne die eerste 200 skote deur die loop. My 308 het gegaan van 2975 na 3020met presies dieselfde lading. Waar ek sê dieselfde lading, bedoel ek die patrone was in dieselfde middag gelaai met dieselfde lot kruit en primers en koeëls en doppies.

Dieselfde gesien met my 223. Spoed het gegaan van 2880 na 2924.
Korrek en die ES verbeter ook!


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: TPL vs Druk

Posted: Sun Jul 02, 2023 9:55 am
by PaulM
Dankie vir die terugvoer.

Die loop het alreeds meer as 700 skote geskiet. Die rede hoekom hy die kamer langer laat sny het, is dat hy nie die gewenste spoed kon kry nie. Die
33XC behoort die 290gn Peregrine maklik teen 3100 vps te kan skiet, maar hy het reeds druk gekry teen omtrent 2900 vps.

Vergelykings met ander 33XC gewere het gewys dat hulle TPL baie langer is (amper 'n halfduim!). Hy is wel besig met 'n nuwe ladingontwikkeling
en het reeds 'n node op omtrent 3120 vps wat hy nou verder gaan verfyn met thou verstellings aan die TPL. Druktekens het eers teen 3190 vps
begin wys.

Wat my oorspronklik laat wonder het was die laer druk / hoër spoed toe hy slegs die TPL van sy oorspronklike rondte met 0.4" verleng het. Maar soos
Alwin gesê het, daar is soveel veranderlikes is wat nie regtig gemeet kan word nie, dat hierdie vraag dalk nooit werklik beantwoord sal word nie.

TPL vs Druk

Posted: Sun Jul 02, 2023 1:32 pm
by Apie
As hy sy keel 4mm langer maak veroorsaak dit dat hy meer bruikbare dopkapasiteit het.(dus laer druk met dieselfde lading)


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: TPL vs Druk

Posted: Sun Jul 02, 2023 4:56 pm
by Alwin
JF123 wrote: Sat Jul 01, 2023 10:52 pm Nog iets wat ek op die harde manier geleer het. Nuwe lope se spoed raak vinniger binne die eerste 200 skote deur die loop. My 308 het gegaan van 2975 na 3020met presies dieselfde lading. Waar ek sê dieselfde lading, bedoel ek die patrone was in dieselfde middag gelaai met dieselfde lot kruit en primers en koeëls en doppies.

Dieselfde gesien met my 223. Spoed het gegaan van 2880 na 2924.
Onthou ook dat jou spoed verander met tyd nadat jy die patrone gelaai het. Dit het blykbaar te doen met nekspanning en/of "shot start pressure" wat verander soos wat die koeël in die dop se nek sit. Onder sekere omstandighede, soos bv. silwerskoon doppe, kan daar ook 'n baie stadige elektrochemiese reaksie tussen die koeël en dop plaasvind.

Dus kan die verskynsel op 'n ouer, goed ingeloopte, geweer ook waargeneem word.

Re: TPL vs Druk

Posted: Mon Jul 03, 2023 9:53 am
by PaulM
Apie wrote: Sun Jul 02, 2023 1:32 pm As hy sy keel 4mm langer maak veroorsaak dit dat hy meer bruikbare dopkapasiteit het.(dus laer druk met dieselfde lading)


Sent from my iPhone using Tapatalk
Dis juis waar my vraag lê, Apie. Na die keel reg gesny is, het hy sy TPL met 10.5mm (0.414 duim) langer gemaak. Dit is 'n groot verandering in dop
kapasiteit. Aanvaarde konvensie wil dit dan hê dat die druk sodaning laer moet wees, en dat hy met presies dieselfde kruitlading en identiese
komponente, 'n heelwat laer spoed moet kry. Die teendeel het egter gebeur, en hy het 'n heelwat hoër spoed gekry.

Re: TPL vs Druk

Posted: Mon Jul 03, 2023 10:00 am
by PaulM
Alwin wrote: Sun Jul 02, 2023 4:56 pm
JF123 wrote: Sat Jul 01, 2023 10:52 pm Nog iets wat ek op die harde manier geleer het. Nuwe lope se spoed raak vinniger binne die eerste 200 skote deur die loop. My 308 het gegaan van 2975 na 3020met presies dieselfde lading. Waar ek sê dieselfde lading, bedoel ek die patrone was in dieselfde middag gelaai met dieselfde lot kruit en primers en koeëls en doppies.

Dieselfde gesien met my 223. Spoed het gegaan van 2880 na 2924.
Onthou ook dat jou spoed verander met tyd nadat jy die patrone gelaai het. Dit het blykbaar te doen met nekspanning en/of "shot start pressure" wat verander soos wat die koeël in die dop se nek sit. Onder sekere omstandighede, soos bv. silwerskoon doppe, kan daar ook 'n baie stadige elektrochemiese reaksie tussen die koeël en dop plaasvind.

Dus kan die verskynsel op 'n ouer, goed ingeloopte, geweer ook waargeneem word.
Die oorspronklike, korter rondtes was omtrent 2 weke tevore gelaai. Weet nie hoe groot die verandering in nekspanning kon wees nie???
Vir die nuwe, langer rondtes het hy identiese komponente en kruitlading gebruik, en net die TPL verander, juis om te sien wat die uitwerking van die
heelwat langer (400 thou) rondtes op die spoed sou wees. Ons het dus verwag dat die spoed laer sou wees as gevolg van die groter dopkapasiteit en
gepaardgaande laer druk. Dit was toe inteendeel 64 vps vinniger.

Re: TPL vs Druk

Posted: Mon Jul 03, 2023 10:20 pm
by JF123
Die belangrike vrae nou.

Watter kruit is gebruik? Was daar ń verskil in temperatuur en humiditeit toe die patrone gelaai is? Watter kronograaf gebruik julle? Is die spoed verkry 1, 3, 5 of 10 skoot gemiddeldes? Was daar temperatuur verskil toe die verskillende batches geskiet is? Is die doppies dieselfde hoeveelheid gebruik tussen die twee batches?

Re: TPL vs Druk

Posted: Tue Jul 04, 2023 8:51 am
by Wouter Roets
Paul

Wat se reamer het hulle gebruik om die vryboor langer te sny? As ek reg onthou is daar n spesifieke vryboor demensie wat David Tubs gebruik in sy ontwerp. Dit is baie dieselfde as wat Roy Weatherby gebruik het in sy ontwerpe. Dit kom neer dat die vryboor basies net die boor demensie van die loop aanneem sonder die groewe. Hierdie opsigself veroorsaak hoer snelhede teen dieselfde of selfs laer druk.

So indien jou vriend die regte spec reamer gebruik het om sy vryboor te verleng maak die resultate absoluut sin.

Groetnis
Wouter

Re: TPL vs Druk

Posted: Tue Jul 04, 2023 12:29 pm
by PaulM
Wouter,

Ek het geen idee watter reamer gebruik is nie.
Wat die rede ookal is, die man glimlag van oor tot oor.