Kalahari Jag 2023
Posted: Mon Jun 26, 2023 4:21 pm
My swaer sê vir my hy wil graag 'n kalahari jag ervaar. En so begin die soektog na 'n jagplek Noord van die N14. Die geselskap is my pa van Stilbaai, my swaer van Barkly Oos, my oom van Upington en ek van George af.
My pa kontak sy vriend Koos Barnard, wat natuurlik die land al plat gejag het. Hy sit ons op die spoor van Rudolf Joone. Rudolf is een van Anglo American se bestuurders op hul jagplase in die Kathu en Postmasburg omgewing. Na hy kontak gemaak het met Rudolf en die pryslys aangestuur het, maak ons datums vas. Ons gaan op hulle plaas jag net noord van Sishen myn buite Kathu. 22 tot 26 Mei 2023 is dit ons en die kameeldoringveld. Vier Gemsbokke en een Eland is op die spyskaart.
Wat soos 'n ewigheid voel van Desember af toe ons die bespreking gemaak het, is dit eweskielik tyd om in die pad te val.
Ek en my pa trek weg in George Sondag 21 Mei. Mooi skoonteer tot in Prieska. In Prieska draai ons Noord na Griekwastad oor Niekerkshoop. Toe die bakkie die grondpad slaan, waaroor ons gese is in swak toestand kan wees, voel dit of ons nou jagveld toe op pad is. Tot ons verbaas is die pad in baie goeie toestand en kan dit gemaklik tussen 80 en 100km/h gery word. So 10km teerpad voor Griekwastad tot in die dorp. In die dorp swaai ons weer op Postmasburg toe met net so mooi grondpad.
Half drie die middag stop ons voor Rudolf se huis waar my oom ons in wag. Ons ontmoet ons jagmeester, soos hy teen die einde van die jag bekend gestaan het.
My swaer besluit toe om die 'scenic route’ te neem en eindig amper in Olifantshoek op. Die wêreld is glo te plat teenoor waar hy vandaan is, dis hoekom hy verdwaal het.
Maandagoggend is dit ons en die skietbaan waar ons gou kyk of die pad nie snaakse goed met die teleskope gedoen het nie. Almal se gewere is in die kol. Die jag kan begin. My pa wat 'n kranige bosveld loop-en-bekruip jagter op sy dag was, kan ongelukkig na twee heupvervangings nie meer so vêr stap nie. Die bakkie word ingespan. Die opwinding is groot toe ons die eerste trop gemsbokke sien. My swaer se seuntjie (5) vra of hulle nie ons gaan 'charge' nie. Hy ken net ribbokke en blesbokke op die plaas.
'n Bul steek dwars vas, 170m vêr. 'n Mooi skoot op die blad met oupa se 30-06 Voere wat pa ge-erf het laat die bok inmekaarsak. Eerste bloed is getrek. Rudolf radio 'n ander bakkie en hulle kom laai die bok. My swaer vra vir Rudolf of hy sy gemsbok kan ruil vir 'n rooihartbees en die jagmeester stem in. Nie 'n halfuur later nie, lê daar 'n massiewe rooihartbeesbul agter op die bakkie. Verseker die grootste een wat ek in my lewe gesien het!
Maandagmiddag is dit my oom se beurt. Op pad kry ons 'n vlakvark wat Rudolf my vra om te skiet. Hy het 'n bestelling vir die karkas. 'n Stokou beer. Skuins voor 5 in 'n oopte onder groot oorhoofse Eskomlyne staan 'n mooi ou gemsbokbul. My oom span sy 270 in en met 'n goeie skoot deur die 'vitals' van voor kry ons die bok nie vêr van daar af nie.
‘n Vrugtevolle dag word afgesluit om 'n kampvuur.
Dinsdag is dit my beurt. Omdat ons nou baie tyd op hande het om nog een gemsbok en een eland te soek, besluit ons om meer te voet te soek. Ek en Rudolf vat die skietstokke en doen paar 'stalks'. Te lekker om die bokke op die voet te soek. Kry menigte gemsbokke maar sonder sukses. Die middag sê my swaer ons moet op 'n uitkykpunt kom. Mens kan nie so in die plat jag nie. So sê die ribbokjagter wat gewoond is aan die Maluti's in sy wêreld. Wel daar is net een uitkyk punt op die 5000ha, so ons het nie baie keuses nie. So waar, terwyl ons in die verte kyk vir wild sê my oom in 'n dringende stemtoon "hier staan hy by ons!". 'n Mooi groot gemsbokbul. Rudolf gee vir my afstand - 225m en die skoot breek die stilte. Die skoot is vas en ons gaan haal die bok.
Tot dusvêr het ons bitter min elande gesien en het ek begin twyfel of ons een gaan kry. Ons het ongeveer nog so uur se lig oor en besluit om verder te ry. By 'n ou veepos kry ons 'n trop elande. Die son effens in ons oë, dink my pa en oom wat voor in die bakkie is dis gemsbokke. Na 'n oomblik se stilhou besluit hulle om weer te ry. Ek breek amper my kneukels teen die bakkie se agtervenster. My swaer se seuntjie skree: “stop!”Rudolf druk amper die tweerigting radio se knop stukkend. Nou dat ons hulle aandag het stop die bakkie weer. Gelukkig is die bokke rustig. Die trofeebulle is bo my begroting en ek sê vir Rudolf ons moet nou mooi besluit voor ek skiet. So begin ons van links elke bok deurgaan en besluit op 'n volwasse jong bul. Die skoot breek en die bok val. My eerste eland. 'n Groot opwinding heers tussen almal met die groot bok. Foto's word geneem. Die ander bakkie is in tussen geradio. Ons laai die bok en terug slagkamer toe met hom.
Woensdag en Donderdag het daar ‘n rustigheid geheers na ons spyskaart deurgewerk is. My swaer het 'n springbokram geskiet vir Rudolf. My oom wou ook 'n vlakvark skiet, maar ons was onsuksesvol om nog een te kry.
Donderdagmiddag het ons karkaste gaan weeg en opgebreek om beter te vervoer. Bakkies is gepak tot laataand. Vrydagoggend 5h00 het ons almal weer in die pad geval. Saterdagoggend aan die vleiswerk gespring. ‘n Halwe eland en 'n gemsbok is nie grappies nie. Ek en my pa het die eland gedeel. Teen Sondag 14h00 is alles bewerk. Van maalvleis tot kaaswors, braaisnitte tot boerewors. Alles verpak en in die vrieskaste. Kragopwekker huis toe geneem om te help gedurende beurtkrag om die klomp vleis gevries te kry.
En so kom alles tot 'n einde.
Aan ons jagmeester Rudolf, baie dankie vir 'n heerlike jag. Gemaklik, vriendelik en onspannend sal ek sê was sy aanslag.
En aan my jaggeselskap. Baie dankie vir 'n onvergeetlike jag. Ons maak hopelik nog baie jare so.