Page 1 of 1

Hornady Headspace gauge en Bullet comparator.

Posted: Mon Jun 26, 2023 12:58 pm
by 30-06
Dagse.
Ek het n paar vrae oor die meet van TPL en headspace.

Hoekom sou n verkoopsman vir my n 0.257 insert aanbeveel as ek vra vir n .30 insert.

Dit is wel so dat die .257 beide sal meet maar wel op verskillende plekke op die ogive.
Hoe belangrik is dit om op die regte plek te meet?

Wat die headspace gauge aan betref meet hulle op verskillende plekke van die skouer vir verskillende kalibers.
Spesifiek die .22 gauge meet amper op die einde van die skouer terwyl die .30 een lyk of hy meer aan die middel van die skouer meet.
Volgens die meting het ek genoeg bump op my 222 dop maar die pmp doppe maak steeds baie styf toe.
Nou wonder ek of die gauge op die regte plek meet.

Sal graag julle kommentaar wil hoor.

Re: Hornady Headspace gauge en Bullet comparator.

Posted: Tue Jun 27, 2023 3:15 pm
by 30-06
Is daar dan niemand wat kommentaar wil lewer nie?

Re: Hornady Headspace gauge en Bullet comparator.

Posted: Tue Jun 27, 2023 3:50 pm
by Gian_dP
Aangesien jy slegs vergelykende mates neem, kan jy meeste doppe met dieselfde "insert" meet. Baie klein skouers soos 222 kort kleiner insert om akkurate vergelyking te gee. Meet ook jou totale doplengte as rede hoekom doppe styf kamer

Sent from my SM-G973F using Tapatalk


Re: Hornady Headspace gauge en Bullet comparator.

Posted: Tue Jun 27, 2023 8:45 pm
by 30-06
Dankie sal dit ook check.
Dit wil voorkom of daar "voldoende" bump is maar dop maak steeds styf toe.
Dit is wel so dat die 222 se bump op die einde van die skouer gemeet word en nie in die middel van die skouer soos die .30 nie.
Die ander moontlikheid is dat 2 thou dalk nie voldoende is vir my 222 nie.