Page 1 of 1

Hardloop uit clicks uit

Posted: Mon Jun 19, 2023 3:35 pm
by Nev1
Middag almal.

Wil net n vinnige vraag vra. Het n nuwe scope gekry. Dit n vector 6-24x50. Het hom probeer instel maar skiet nog half meter laag en kan hy nie meer opstel nie. Daar enige rede hoekom of is daar enige ander manier hoe ek my scope anders kan monteer. Dankie

Re: Hardloop uit clicks uit

Posted: Mon Jun 19, 2023 3:40 pm
by Pappabeer
Op watse geweer is hy monteer? Party ZKK602 en CZ550 aksies het daai probleem

Re: Hardloop uit clicks uit

Posted: Mon Jun 19, 2023 3:51 pm
by Nev1
Wel jy is reg dankie. is n cz550. Enige oplossig vir dit? Ek maar nuut met dit so waardeer die raad

Re: Hardloop uit clicks uit

Posted: Mon Jun 19, 2023 4:10 pm
by Capt. Yoda
Jy sal of iets soos n 20moa rail moet op sit of jy kan die agterste ring shim met iets soos n stukkie coke blik of Credit Card. Jy sit dit basies agter onder tussen die scope en die ring in

Re: Hardloop uit clicks uit

Posted: Mon Jun 19, 2023 4:21 pm
by Nev1
Ek het gister stuk plastiek naby aan kredietkaart in gesit. Nog nie geskiet so nie. Gaan skope nie gly of beweeg met dit in nie.

Ek kyk na 20 Moa rail. Pas enige rail maar normaalweg op enige geweer.

Re: Hardloop uit clicks uit

Posted: Mon Jun 19, 2023 5:12 pm
by Supacow
En hier dog ek daars weer n absurde stelling oor een of ander shampoo gemaak

Hardloop uit clicks uit

Posted: Mon Jun 19, 2023 5:33 pm
by Gian_dP
Nev1 wrote:Ek het gister stuk plastiek naby aan kredietkaart in gesit. Nog nie geskiet so nie. Gaan skope nie gly of beweeg met dit in nie.

Ek kyk na 20 Moa rail. Pas enige rail maar normaalweg op enige geweer.
Nee, rails word spesifiek vir elke aksie gemaak


Sent from my iPad using Tapatalk

Re: Hardloop uit clicks uit

Posted: Mon Jun 19, 2023 7:06 pm
by Fanta300
Korreksie. Agterste ring moet gelig word :-[

Re: Hardloop uit clicks uit

Posted: Mon Jun 19, 2023 7:55 pm
by toxicsox

Re: Hardloop uit clicks uit

Posted: Mon Jun 19, 2023 8:35 pm
by Nev1
Supacow wrote: Mon Jun 19, 2023 5:12 pm En hier dog ek daars weer n absurde stelling oor een of ander shampoo gemaak
😂 Asb spaar ons net daai drama weer!

Re: Hardloop uit clicks uit

Posted: Mon Jun 19, 2023 8:38 pm
by Nev1
Dankie vir almal se hulp. Het net nie sin gemaak Saterdag toe ek wou instel nie.

Hardloop uit clicks uit

Posted: Mon Jun 19, 2023 8:42 pm
by Philip_L
Ek het met dieselfde probleem gesit om my cz550.

CZ550 elevasie probleem
https://r.tapatalk.com/shareLink/topic? ... source=app

Gelukkig het my probleem homself uitsorteer. Weet nou nog nie wat fout was nie, maar tot vandag toe nie een probleem weer gehad nie.

Sterkte

Re: Hardloop uit clicks uit

Posted: Tue Jun 20, 2023 8:06 am
by nepol
Philip_L wrote:Ek het met dieselfde probleem gesit om my cz550.

CZ550 elevasie probleem
https://r.tapatalk.com/shareLink/topic? ... source=app

Gelukkig het my probleem homself uitsorteer. Weet nou nog nie wat fout was nie, maar tot vandag toe nie een probleem weer gehad nie.

Sterkte
Well dit sal die goedkoper weergawe wees as hy hom self kan uitsorteer. Dankie waardeer


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Hardloop uit clicks uit

Posted: Tue Jun 20, 2023 11:28 am
by alecjohnson
Watse ringe het jy? Warne?

Daar is 'n kort trieg sommetjie wat jy kan gebruik om te bepaal hoeveel jou shim moet wees.

Op die cz, is die Thor, stud basis, met los ringe beter, as jy nnie het nie, ek dink ek het 'n stel, mag verkeerd wees, stuur my jou nommer op pm dat ek vanaand herinner kan word om te kyk vir jou.

sit die basisse gewoon vas, bepaal hoeveel gelig moet word, kry 'n waster en skuur tot die regte dikte.
sit dit oor agterste stud, sit ring vas, en dan kan jy as jy wil die ringe, "lap"ek verkies om te lap.
en jy is uitgesort.

Re: Hardloop uit clicks uit

Posted: Tue Jun 20, 2023 1:06 pm
by Pappabeer
Nev1 wrote: Mon Jun 19, 2023 3:51 pm Wel jy is reg dankie. is n cz550. Enige oplossig vir dit? Ek maar nuut met dit so waardeer die raad

Nev, die rede hiervoor is dat van die CZ aksies se skroefdraad skeef is, met die gevolg dat die loop na onder wys. CZ aksies word gegiet en dan afgewerk. Daar is al sedert die Brno ZKK602 dae n probleem hiermee. Ek neem aan een of meer moulds in die fabriek lewer foutiewe gegote aksies, want dit is nie al die magnum aksies wat die probleem het nie.

Wanneer jy die loop in n draaibank klok en hom stadig spin sien jy maklik hoe die as van die loop en die van die aksie nie 100% parallel is nie. Ek heg n eenvoudige prentjie aan om dit te illustreer. Dit verduidelik ook hoekom dit nie die oop visiere beïnvloed nie.

Jy het n paar opsies om dit reg te stel. Eerstens kan jy ringe soos Burris of Lynx koop met plastiek 20 MOA inserts wat dan die teleskoop se agterkant lig, sonder die ekstra spanning op die buis wat n shim veroorsaak. Tweedens kan jy ‘n 20 MOA rail opsit, maar dit lig die teleskoop te veel na my smaak en is nie n goeie idee vir n gevaarlike wild geweer nie. Party wapensmede frees die dovetails op die aksie oor om om die fout reg te stel, maar dit is duur en beteken dat die aksie oor geblou moet word. Sommige ouens kom reg deur n 30mm teleskoop te gebruik met genoeg interne verstelling. In my beskeie opinie wil ek nie met enige van die metodes sukkel om n inhirente fabrieksfout reg te stel nie, en is dit genoeg rede om die wapen te vervang, veral as dit gebruik word vir gevaarlike wild.

Re: Hardloop uit clicks uit

Posted: Tue Jun 20, 2023 1:21 pm
by Capt. Yoda
Solank jy net nie uit vel uit hardloop nie

My opsie sou ook die Burris ringe met inserts wees

Re: Hardloop uit clicks uit

Posted: Tue Jun 20, 2023 9:52 pm
by Nev1
Dankie Pappabeer. Som dit mooi op. Met die oog sal jy dit nooit kan se nie. Maak sin. Dit is n 7x64 so gaan darrem nie vir gevaarlike wild gebruik nie. Die gedagte om onslae te raak van geweer het al deur my kop gegaan maar die pyn vir nuwe lisensie aansoek hou my maar nog terug. Maar glo tog dit is die pad vorentoe. Dankie weer baie. Waardeer almal se hulp. Sal bietjie die Burris ringe ook probeer

Re: Hardloop uit clicks uit

Posted: Wed Jun 21, 2023 7:08 am
by PaulM
Ek het 'n stel ST-AWE ringe by Sus-Tac gekry wat met verskillende groottes staal "bushes" werk. Daarmee kan jy stel vanaf 10MOA tot seker 60MOA.
As jy sien dat jy meer verstelling nodig het, kry jy net 'n ander stel "bushes" teen omtrent R150 per stel. Alles is van hoë gehalte staal gemaak.

Ek is uiters tevrede daarmee, en sal dit verseker aanbeveel. Baie goeie produk teen goeie prys en baie goeie, vriendelike diens.

(Ek werk nie vir Sus-Tac nie hoor! ;D Ek glo wel dat mens nie net moet kla oor slegte diens of produkte nie, maar ook goeie produkte en diens die lof
moet gee wat dit toekom)

Re: Hardloop uit clicks uit

Posted: Wed Jun 21, 2023 11:08 am
by nepol
Dankie. Ek het dalk n vriend van my wat iemand ken wat stel Burris ringe het. Dink ek gaan hulle gou n probeer gee en kyk wat gebeur.
Moet noggal by se dit vir my die laaste dag baie af gesit oor cz wat met die probleem sit. Die geweer het baie sentimenteel aan hom so sal moeilik wees om van weg te maak. Maar dan by gese nou begin jou oe weer rond dwaal vir n extra gun!
Gaan defnetief die st-awe ringe in gedagte hou. Wat ek like van die site(Jaracal) Stem oor goeie diens


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Hardloop uit clicks uit

Posted: Thu Jun 29, 2023 8:06 pm
by Neels Louw
Ek het dieselfde probleem gehad en Lynx se Multimax ringe opgesit met verskillende elevasie inserts.