Bosvarkjag, Montagu
Posted: Mon Jun 19, 2023 12:19 pm
Dagsê
Ek het die afgelope naweek in bibberweer bosvark gejag op 'n vriend se plaas naby Montagu. Die bosvarke verinnerweer sy pruimboorde. Ons het verlede Donderdagaand die eerste keer voorgesit in stormsterk wind. Nie verwag dat die varke sou inkom nie en dit was toe ook so. Teen nege-uur het ons maar opgetrek huis toe. Die kamera het die volgende oggend gewys daar was ook niks gedurende die nag nie. Vrydag was 'n meer sonskyndag en Vrydagaand was dit amper windstil. Ons is met goeie moed na die skuiling toe want ons het gehoop die varke sal in die beter weer meer geneë wees om rond te loop. Die skuiling is so 56m van die voerplek af. Teen vyf voor nege het vier varke ingekom en die sog het my 'n kans gebied. Sy het 'n bietjie skuinser gestaan as wat ek gedink het en die skoot is effens aan voorkant van linkerblad in en voor die regterboud uit. Sy het weggespring en gehardloop en met die soeklig kon ons haar nie opspoor nie alhoewel ek die bloedspoor kon kry tot binne-in die boord. Met ligdag Saterdag is ons weer pruimboorde toe en sien haar toe lê ongeveer 40m vanwaar sy die skoot gekry het. Ons het haar net die vorige aand misgekyk.
Ek het my .30-06 met 180gr Norma Oryx-koeëls gebruik.
Die tweede foto wys die uitsig vanuit die skuiling.