Page 1 of 1
Tikka T3X Supervarmint, .223Rem keel
Posted: Mon Jun 05, 2023 3:08 pm
by JF123
Weet enige iemand wat op die foto aangaan?
IMG-20230605-WA0007.jpg
Die is hoe die keel lyk van my Tikka 223 geweer. En ja, dit lyk al so van nuut af. Dit lyk asof die "leading edge" af gemasjineer is nadat die kamer gesny is. Ek kan nêrens eninge inligting daaroor kry nie. Ek kan my nie eens indink hoe mens dit kan doen nie.
Re: Tikka T3X Supervarmint, .223Rem keel
Posted: Mon Jun 05, 2023 3:12 pm
by swc-tr
Hoe skiet die geweer, wat vertel die teikens jou?
Re: Tikka T3X Supervarmint, .223Rem keel
Posted: Mon Jun 05, 2023 3:16 pm
by JF123
Die geweer skiet OK. 0.6MOA met 53gr Vmax en 0.5MOA met 75gr ELDM.
Nie so goed soos ek gehoop het nie, maar nie te sleg nie
Re: Tikka T3X Supervarmint, .223Rem keel
Posted: Mon Jun 05, 2023 3:19 pm
by swc-tr
In daai geval, sit die borescope terug in die kas.
Re: Tikka T3X Supervarmint, .223Rem keel
Posted: Mon Jun 05, 2023 3:23 pm
by JF123
Ek gebruik die scope om te sien of ek goed genoeg skoon maak. Ek sal net graag weet hoekom die keel so gesny word en hoe dit gedoen word.
Het iemand al iets soortgelyk gesien?
Re: Tikka T3X Supervarmint, .223Rem keel
Posted: Mon Jun 05, 2023 6:10 pm
by Pumarais
Sover ek verstaan is tikka en sako lope “Cold Hammer forged” en word die kamer met die groewe als so gedoen. Ek weet nie of hul sekere kalibers net die lope so maak en dan die kamers sny nie.
Maar daai lyk nie teg nie. Vir ñ nuwe geweer sal ek ook maar naar wees.
Ek sal hom effe polish daar.
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: Tikka T3X Supervarmint, .223Rem keel
Posted: Mon Jun 05, 2023 6:26 pm
by Alwin
Stainless steel masjineer bietjie moeiliker as koolstofstaal, dus sien jy meer masjineringsmerke.
Daai keel wys nog nie enige tekens van verwering nie, dus kan ek net raai daar is min rondtes deur hom. Hy sal gladder raak met gebruik.
Hou hom skoon en skiet hom. Daardie 75gn ELDM's is sy kos. Die groepe behoort nog bietjie te krimp soos wat hy "inskiet".
Re: Tikka T3X Supervarmint, .223Rem keel
Posted: Mon Jun 05, 2023 7:03 pm
by Sniper18
Ek het ‘n tikka super varmint 222 en ook ‘n sporter 223.
Altwee van my gewere se keel lyk ook so.
Altwee skiet baie mooi.
Ek sal nie erg bekommerd oor dit wees nie.
Re: Tikka T3X Supervarmint, .223Rem keel
Posted: Mon Jun 05, 2023 7:28 pm
by JF123
Sover nog net 1106 rondtes deur. Ek is nie bekommerd oor die merke self nie. Ek wil net weet wat die doel is om die keel spesifiek so te sny. En hoe dit gedoen word.
Re: Tikka T3X Supervarmint, .223Rem keel
Posted: Mon Jun 05, 2023 7:29 pm
by Jacques.308
JF123 wrote:Die geweer skiet OK. 0.6MOA met 53gr Vmax en 0.5MOA met 75gr ELDM.
Nie so goed soos ek gehoop het nie, maar nie te sleg nie
Hi. Met watse kruit skiet jy die 75 gr ELD teen watse spoed?
Sent from my SM-S901E using Tapatalk
Re: Tikka T3X Supervarmint, .223Rem keel
Posted: Mon Jun 05, 2023 7:44 pm
by JF123
S341 teen 2895. Vinnig genoeg om nog supersonies te wees op 900m
Re: Tikka T3X Supervarmint, .223Rem keel
Posted: Mon Jun 05, 2023 7:53 pm
by Jacques.308
JF123 wrote:S341 teen 2895. Vinnig genoeg om nog supersonies te wees op 900m
Dankie. Moes jy jou magesyn verander dat hulle werk?
Sent from my SM-S901E using Tapatalk
Re: Tikka T3X Supervarmint, .223Rem keel
Posted: Mon Jun 05, 2023 8:55 pm
by JF123
Ek het maar ń aluminium kolf gekry wat AICS tipe magesyne kan gebruik.