Page 1 of 1
Vihtavuori vir .338 lapua
Posted: Sat Jun 03, 2023 12:02 pm
by Speelmansjagter
Middag mense.
Maggies, maar ek was lanklaas hier. Gaan uiteindelik weer begin skiet. Kan iemand my raad gee asseblief?
Wat is die beste Vihtavuori vir my .338 lapua met met 250gr lapua scenars. N560, N565 of N570? My geweer het 'n 1:10 twist.
Sal hulp baie waardeer.
Dankie
Re: Vihtavuori vir .338 lapua
Posted: Sat Jun 03, 2023 1:13 pm
by tripodmvr
Re: Vihtavuori vir .338 lapua
Posted: Sat Jun 03, 2023 1:25 pm
by Speelmansjagter
Ek het gekyk op die vihta se web Oom, maar kies ou nou net die een met die beste spoed of hoe?
Re: Vihtavuori vir .338 lapua
Posted: Sat Jun 03, 2023 1:26 pm
by henk.spioenkop
Ek gebruik N570
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: Vihtavuori vir .338 lapua
Posted: Sat Jun 03, 2023 2:40 pm
by Speelmansjagter
Henk. Skiet jy ook 250gr?
Re: Vihtavuori vir .338 lapua
Posted: Sat Jun 03, 2023 2:41 pm
by henk.spioenkop
Ek skiet 285 ELD-M
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: Vihtavuori vir .338 lapua
Posted: Sat Jun 03, 2023 2:41 pm
by tripodmvr
Speelmansjagter wrote: Sat Jun 03, 2023 1:25 pm
Ek het gekyk op die vihta se web Oom, maar kies ou nou net die een met die beste spoed of hoe?
Is hierdie vir kort of lang afstand jag?
Re: Vihtavuori vir .338 lapua
Posted: Sat Jun 03, 2023 2:43 pm
by Speelmansjagter
Langer afstand skiet en jag..
Re: Vihtavuori vir .338 lapua
Posted: Sat Jun 03, 2023 3:05 pm
by Lapua
N565 werk vir my beter met n 250gr pit.
Re: Vihtavuori vir .338 lapua
Posted: Sat Jun 03, 2023 4:43 pm
by tripodmvr
Ek het vergeet dat ek alreeds jou geweerdata het. As al drie van 560,565 en 570 gebruik word om die 1/2 node tussen nodes 5 en 6 te bereik sal N570 naby 2900vps uitkom met die 250gr Lapua Scenar. Die ander sal met 30 na 50vps stadiger wees.
Re: Vihtavuori vir .338 lapua
Posted: Sat Jun 03, 2023 4:54 pm
by Speelmansjagter
tripodmvr wrote: Sat Jun 03, 2023 4:43 pm
Ek het vergeet dat ek alreeds jou geweerdata het. As al drie van 560,565 en 570 gebruik word om die 1/2 node tussen nodes 5 en 6 te bereik sal N570 naby 2900vps uitkom met die 250gr Lapua Scenar. Die ander sal met 30 na 50vps stadiger wees.
Yis, dankie Oom. En wat is die charge-weight min of meer daar?
Re: Vihtavuori vir .338 lapua
Posted: Sat Jun 03, 2023 5:06 pm
by tripodmvr
94.9gr N570 vir 2907vps. Druk by 55K psi.
Re: Vihtavuori vir .338 lapua
Posted: Sat Jun 03, 2023 5:38 pm
by Speelmansjagter
tripodmvr wrote: Sat Jun 03, 2023 5:06 pm
94.9gr N570 vir 2907vps. Druk by 55K psi.
Baie dankie. Gaan hom opwerk soontoe...
Re: Vihtavuori vir .338 lapua
Posted: Sat Jun 03, 2023 6:45 pm
by JPS
Self N570 gebruik voor retumbo met die 250GN Lapua’s
Re: Vihtavuori vir .338 lapua
Posted: Fri Jun 16, 2023 5:45 pm
by Speelmansjagter
Oom Tripod, Naand Oom.
Ek het toe nou vandag 'n pressure toetsie gaan doen om op te werk na daardie lading wat Oom hier bo genoem het.
Net 1 rondte van elk soos volg:
Vihtavuori N570, TPL=90,9mm (so rapsie langer gemaak); Nog steeds Lapue scenar 250gr en Federal large rifle magnum primers, maar Oom se Oom het al my info?
92,5gr teen 2775
93gr teen 2802
93,5gr teen 2821
94gr teen 2844
94,5gr teen 2863
95gr teen 2861
95,5gr teen 2885
96gr teen 2907
96,5gr teen 2924
97gr teen 2948
Chrony was 4m weg
Lyk dit nog steeds of ek daar rondom 2907vps moet werk?
Daai 94,5 en 95gr is net mooi daar wat Oom gese het en hy raak so bietjie plat daar.
Ek hoor graag van Oom.
Dankie
Re: Vihtavuori vir .338 lapua
Posted: Fri Jun 16, 2023 10:06 pm
by tripodmvr
Probeer 95.7gr en spoed van 2897vps op die chrony 4m weg. Kyk hoe groepeer 3 skote. As dit nie werk nie gaan dan af na 94,7gr en kyk hoe maak dit. Daardie plato by 94,5 na 95,0 kan dalk op die node dui.
Re: Vihtavuori vir .338 lapua
Posted: Sat Jun 17, 2023 6:27 pm
by Speelmansjagter
Dankie Oom