Wat het van die duiwe geword?
Moderator: Global Moderator
-
- Newbie
- Posts: 25
- Joined: Thu Mar 23, 2023 8:48 am
- Location: Bloemfontein
Wat het van die duiwe geword?
Dit wil voorkom of die duiwe in Bloemfontein wegraak tot voordeel van baie sonneblom boere. Aan die begin van die sonneblom seisoen was die duiwe in oorvloed en eweskielik is hulle weg. Ek het 6 boer vriende gebel wat jeubel dat die duiwe nie by hulle is of was tydens strooptyd nie. Met die vroee sonneblom was die duiwe in oorvloed maar die laaste maand sukkel ons om duiwe te kry. Ek weet hulle kan nie net verdwyn nie maar dit wil voorkom of hulle nie meer naby en rondom Bloemfontein vreet nie. Selfs by die geweerwinkels is daar geen uitnodiggings van boere om te kom help met die duiwe nie. Die die eerste keer in baie jare dat ons sukkel om duiwe te skiet. Het die ander haelgeweer manne dieselfde probleem?
- win270
- Hero Member
- Posts: 2001
- Joined: Tue Nov 05, 2013 11:53 am
- Location: Randburg, Gauteng
Re: Wat het van die duiwe geword?
Interessante waarneming, sal graag wil hoor wat die rede/s hiervoor is.
-
- Newbie
- Posts: 25
- Joined: Thu Mar 23, 2023 8:48 am
- Location: Bloemfontein
Re: Wat het van die duiwe geword?
Ek weet nie maar dinge het verander.
Eende, Kolganse en Makoue is weer die wereld vol weens die baie reen. Ons het laas naweek lekker eende geskiet in die Luchoff distrik maar die hoeveelhede was maar baie klein te danke aan die baie water.
Eende, Kolganse en Makoue is weer die wereld vol weens die baie reen. Ons het laas naweek lekker eende geskiet in die Luchoff distrik maar die hoeveelhede was maar baie klein te danke aan die baie water.
- win270
- Hero Member
- Posts: 2001
- Joined: Tue Nov 05, 2013 11:53 am
- Location: Randburg, Gauteng
Re: Wat het van die duiwe geword?
My neef vertel dat hy deesdae weer groot swerms kraanvoëls op sy lande sien, Oos-Kaap. Dit was vir dekades lank nie die geval nie. Hulle veroorsaak natuurlik groot skade met lusern en ander gewasse.
-
- Newbie
- Posts: 25
- Joined: Thu Mar 23, 2023 8:48 am
- Location: Bloemfontein
Re: Wat het van die duiwe geword?
Het ook baie Kraanvoels gesien tussen Luchof en De Aar.
Ek sien ook die laaste tyd baie Gompoue. Dis nogal positief vir die natuur.
Ek sien ook die laaste tyd baie Gompoue. Dis nogal positief vir die natuur.
-
- Hero Member
- Posts: 508
- Joined: Wed Aug 28, 2013 8:51 am
- Location: Paarl
Re: Wat het van die duiwe geword?
Ons seisoene verskil in die Wes-Kaap, maar hierdie jaar was een van my beste seisoene nog (Nov-Feb)
Wynand
404Jeff; 375H&H; 300WM; 30-06; 308; 6XC; .22LR; 12br x3; 40S&W; 9mmP
404Jeff; 375H&H; 300WM; 30-06; 308; 6XC; .22LR; 12br x3; 40S&W; 9mmP
- tripodmvr
- Administrator
- Posts: 20320
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
- Location: Vereeniging
Re: Wat het van die duiwe geword?
'n Paar jaar gelede het ons by Brandfort duiwe geskiet op sonneblom. Dit was 'n leerskare duiwe wat soggens vanaf Bloemfontein ingevlieg het. Dit lyk soos miere wat oor die randjies aankom.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
- Theunodb
- Sr. Member
- Posts: 259
- Joined: Sun Oct 16, 2016 7:35 am
- Location: Pretoria
- Contact:
Re: Wat het van die duiwe geword?
Ons was die naweek in tuinplaas vir ‘n jaarlikste skiet, en het net so gesukkel. Laasjaar het ons geskiet dat die hout op jou geweer warm geword het. Hierdie jaar het ons minder as 10 oor 2 dae geskiet. Daar was niks duiwe waar ons was nie 

GUNR - Shooting and Reloading
https://onelink.to/56748m
https://onelink.to/56748m
-
- Newbie
- Posts: 25
- Joined: Thu Mar 23, 2023 8:48 am
- Location: Bloemfontein
Re: Wat het van die duiwe geword?
Dankie Theuns, dis regtig teleurstellend. Ek was Saterdag oggend weer in die veld maar kon slegs 'n paar kry. Later die middag is ek na Maccauw Clay Target club n paar rondtes gaan skiet.