Page 1 of 1

Gee advies asb - onderwerpe in Jaracal se argief.

Posted: Fri May 12, 2023 7:21 am
by win270
As ek soek op Jaracal en 'n "Topic" vind, dan daarop "Click", kry ek soms die vlg. boodskap:

No posts exist inside this topic for the selected time frame.

Wat moet ek doen om dan wel nog die oorspronklike hele "topic" te kan lees? Ek neem aan ou onderwerpe word gereeld ge-argiveer en daarom kan mens hulle dan na 'n sekere tyd nie meer gelees kry nie. Is daar bv. maniere om as gebruiker die betrokke onderwerp weer van die argief terug te kry?

Re: Gee advies asb - onderwerpe in Jaracal se argief.

Posted: Fri May 12, 2023 11:36 am
by win270
Hoe kan ek hierdie onder die "administrators" se aandag bring? Lyk my niemand anders wat tot dusver hier gelees het, bevestig dat hy/sy dieselfde probleem het nie.

Re: Gee advies asb - onderwerpe in Jaracal se argief.

Posted: Fri May 12, 2023 6:17 pm
by tripodmvr
Kan jy dalk 'n spesifieke besprekingspunt se skakel aan my stuur. Ek kan dan kyk of ek dieselfde boodskap kry.

Re: Gee advies asb - onderwerpe in Jaracal se argief.

Posted: Fri May 12, 2023 8:00 pm
by win270
Sal jou PM. Dankie, Marius.

Re: Gee advies asb - onderwerpe in Jaracal se argief.

Posted: Mon May 15, 2023 8:14 am
by jaracal
Geen van die onderwerpe gaan in argief nie en 'n "search" behoort die totale lyn van gesprekke op te bring. Daar is nie so 'n verstelling op die forum wat ek kan maak om sekere "posts" te laat wys en ouer "posts" te verberg nie. Dit mag dalk wees dat daat met die oorskakeling van die een forum na 'n ander van die post soek geraak het maar dan sal almal daardie posts nie kan sien nie.
Jy kan vir my ook die skakel PM
Groete

Re: Gee advies asb - onderwerpe in Jaracal se argief.

Posted: Mon May 15, 2023 8:24 am
by win270
jaracal wrote: Mon May 15, 2023 8:14 am Geen van die onderwerpe gaan in argief nie en 'n "search" behoort die totale lyn van gesprekke op te bring. Daar is nie so 'n verstelling op die forum wat ek kan maak om sekere "posts" te laat wys en ouer "posts" te verberg nie. Dit mag dalk wees dat daat met die oorskakeling van die een forum na 'n ander van die post soek geraak het maar dan sal almal daardie posts nie kan sien nie.
Jy kan vir my ook die skakel PM
Groete
Dankie, ek PM jou met die betrokke skakel.

Re: Gee advies asb - onderwerpe in Jaracal se argief.

Posted: Mon May 15, 2023 11:18 am
by tripodmvr
Moet net noem dat ek die skakel kon open. Ek werk uitsluitlik van my PC af.

Re: Gee advies asb - onderwerpe in Jaracal se argief.

Posted: Mon May 15, 2023 12:10 pm
by win270
Ek is ook net op my laptop - Windows 10, Microsoft Edge.

Re: Gee advies asb - onderwerpe in Jaracal se argief.

Posted: Mon May 15, 2023 12:22 pm
by Geno
win270 wrote:Ek is ook net op my laptop - Windows 10, Microsoft Edge.
Probeer 'n ander browser soos Google Chrome?

Re: Gee advies asb - onderwerpe in Jaracal se argief.

Posted: Mon May 15, 2023 12:26 pm
by win270
Ook nou Chrome probeer . . . selfde boodskap:

No posts exist inside this topic for the selected time frame.

Re: Gee advies asb - onderwerpe in Jaracal se argief.

Posted: Mon May 15, 2023 4:49 pm
by tripodmvr
Ek gebruik Firefox