Page 1 of 1
'Runout' - hoeveel is te veel
Posted: Wed May 10, 2023 7:07 pm
by jdpretorius
Ietsie vir die manne wat sukkel met ocd, soos ek.
https://m.youtube.com/watch?v=6m8Y6ZmSBiU
Het iemand hier dalk al so toets gedoen ?
Sent from my SM-A536E using Tapatalk
Re: 'Runout' - hoeveel is te veel
Posted: Thu May 11, 2023 8:38 am
by Capt. Yoda
Sterkte met daai
Re: 'Runout' - hoeveel is te veel
Posted: Thu May 11, 2023 12:22 pm
by jdpretorius
Ek't vir my ocd gesê hy's disleksies so nou is als van 0 tot 5thou aan die anderkant (regte kant) van die komma
Sent from my SM-A536E using Tapatalk
Re: 'Runout' - hoeveel is te veel
Posted: Thu May 11, 2023 3:54 pm
by ruaanb
Ek het my runout meter verkoop….probleem opgelos.
Re: 'Runout' - hoeveel is te veel
Posted: Thu May 11, 2023 5:09 pm
by Capt. Yoda
ruaanb wrote: Thu May 11, 2023 3:54 pm
Ek het my runout meter verkoop….probleem opgelos.
Dink ek het myne vir 10min besit
Re: 'Runout' - hoeveel is te veel
Posted: Thu May 11, 2023 8:00 pm
by JF123
ń "Runout meter" gee ń goeie idee van hoe goed jou herlaai proses is. Bygesê, as jy sien dat jou brass, matryse en pers werk goed saam dan kan jy dit weer wegpak.
Dit beteken net so veel vir ń biltong jagter soos nekke skil en annealing.
Re: 'Runout' - hoeveel is te veel
Posted: Fri May 12, 2023 4:53 am
by Lategan1
Capt. Oblivious wrote: Thu May 11, 2023 5:09 pm
ruaanb wrote: Thu May 11, 2023 3:54 pm
Ek het my runout meter verkoop….probleem opgelos.
Dink ek het myne vir 10min besit
Arme kopers …. hy is seker vertel dit is ‘n fantastiese stukkie toerusting!!!
Ek het nie een nie, ook so gekyk toe dink ek hy gaan my rondjaag. Beter om nie te weet nie. My biltong val.
Beste.
Re: 'Runout' - hoeveel is te veel
Posted: Fri May 12, 2023 6:34 am
by jdpretorius
JF123 wrote:
Dit beteken net so veel vir ń biltong jagter soos nekke skil en annealing.
Ek gan bietjie hier verskil.....annealing is vir my n "moet", vir konstantes en dop leeftyd....al is ek eintlik maar net n biltong jagter met ocd

Nekke skil kan n ou seker dabateer.
Die runout megafter het my wel mooi gewys waar ek kon verbeter in my helaai regime. Dit help ook om swak doppe uit te wys.
As die koeël klaar in die dop is warry ek nie meer nie, dalk juis oor ek nekke geskil het.
Sent from my SM-A536E using Tapatalk
Re: 'Runout' - hoeveel is te veel
Posted: Fri May 12, 2023 9:09 am
by JF123
jdpretorius wrote: Fri May 12, 2023 6:34 am
JF123 wrote:
Dit beteken net so veel vir ń biltong jagter soos nekke skil en annealing.
Ek gan bietjie hier verskil.....annealing is vir my n "moet", vir konstantes en dop leeftyd....
Het jy nou al getoets wat die verskil in akuraatheid is tussen anneal en nie? En hoe lank hou die dop as jy nie anneal nie?
Re: 'Runout' - hoeveel is te veel
Posted: Fri May 12, 2023 10:55 am
by Capt. Yoda
Is snaaks hoe die Fklas manne die ouens is wat al die fancy tools wil gebruik, ek het so ruk terug op n ander forum met een van die wereld se beste lang afstand BR skuts gepraat oor dop voorbereiding en die pros en cons van op die dag by die baan laai vs voor die tyd laai en daai ouens skil nie eers meer nekke nie nevermind runout meet. Hulle glo in custom koels en goeie lope, laai vir die kondiesies en laat waai en natuurlik moet jy kan wind lees. Ek het al n paar Fklas tykens op n 1000y geskiet en ek kan nie die verskil "skiet" met en/of sonder n runout meter nie, dalk is my DIEs net goed of so iets.
Wa is ouens soos @Pinkes laat ons bq hoor of hulle runout meet voor n comp, ek is baie meer bekommered oor hoe elke koel geseat word as runout. Sonder om te aneal en n bq graphite poeier kan ek nie die vlak van konstantheid op seating "force" kry wat ek soek nie
Re: 'Runout' - hoeveel is te veel
Posted: Fri May 12, 2023 12:42 pm
by jdpretorius
JF123 wrote:jdpretorius wrote: Fri May 12, 2023 6:34 am
JF123 wrote:
Dit beteken net so veel vir ń biltong jagter soos nekke skil en annealing.
Ek gan bietjie hier verskil.....annealing is vir my n "moet", vir konstantes en dop leeftyd....
Het jy nou al getoets wat die verskil in akuraatheid is tussen anneal en nie? En hoe lank hou die dop as jy nie anneal nie?
Kort antwoord is nee, nie wetenskaplik nie, op beide.
As jy dalk al het sal dit nice wees as jy met ons kom deel.
Ons weet mos die brass werks verhard, so my logika (reg of verkeerd) sê dop leeftyd gan korter wees as jy nie anneal nie....met die huidige prys van goeie brass en die tekorte gan ek verseker nie dobbel nie, en ook weer n klomp doppe ordetelik moet prep nie. Ek sal wel sê dat ek Norma 338wm doppe nou al meer as 10 keer gelaai het....dit mag dalk nou by 12 of 15 staan.
Met die werks verharding sal ek ook nie weet of een dop meer verhard het op n gegewe plekkie nie en dus dinge gan/kan rond voetter nie.
So in terme van akuraatheid gan ek sê 'ja' dit lyk vir my beter met anealing (ek weet ook wat my nek spanning +/- is met elke laai slag) en weet nie hoeveel werks verharding die nek spanning kan beinvloed nie....maar, dink daar is n sameloop van faktore t.o.v. beter akuraatheid.
Soos ek bo gesê het, gan dit vir my oor konstantes...want as iets nie lekker wil werk nie, soek ek gouer op die regte plekke vir die probleem, eerder as om te sit en kop krap, wonder en versteerd te raak.
Ek weet nie of manne, met klein tolleransie komp. gewere, dalk dinge anders ervaar as n rak geweer, in die opsig nie...en sal ook interesant wees om te hoor.
Sent from my SM-A536E using Tapatalk
Re: 'Runout' - hoeveel is te veel
Posted: Fri May 12, 2023 12:43 pm
by jdpretorius
Capt. Oblivious wrote:Is snaaks hoe die Fklas manne die ouens is wat al die fancy tools wil gebruik, ek het so ruk terug op n ander forum met een van die wereld se beste lang afstand BR skuts gepraat oor dop voorbereiding en die pros en cons van op die dag by die baan laai vs voor die tyd laai en daai ouens skil nie eers meer nekke nie nevermind runout meet. Hulle glo in custom koels en goeie lope, laai vir die kondiesies en laat waai en natuurlik moet jy kan wind lees. Ek het al n paar Fklas tykens op n 1000y geskiet en ek kan nie die verskil "skiet" met en/of sonder n runout meter nie, dalk is my DIEs net goed of so iets.
Wa is ouens soos @Pinkes laat ons bq hoor of hulle runout meet voor n comp, ek is baie meer bekommered oor hoe elke koel geseat word as runout. Sonder om te aneal en n bq graphite poeier kan ek nie die vlak van konstantheid op seating "force" kry wat ek soek nie

.....like knoppie die
Sent from my SM-A536E using Tapatalk
Re: 'Runout' - hoeveel is te veel
Posted: Fri May 12, 2023 3:43 pm
by Lategan1
Ek laai .262 nek in .243, dopwande .0095”, aanvanklik necksize en seat met “arbor & chamber die’s”. Neck clearance 1.5thou.
Het hierdie pakkie paar jaar gelede tesame met Sako en Shilen loop by SA Benchrest skut gekoop.
Sy metodiek was slegs nekmatryse! Dalk werk dit vir die eerste drie herlaaie.
Lang storie kort. Ek moes later anneal, “body die” gebruik, skouers 1.5thou terugdruk. Eenvoudige rede hiervoor, patrone wou nie meer mooi kamer nie, nekke het begin split en seating met die sensitiewe arbor press, het duidelik oneweredige nekspanning/seating force aangedui. Doppe het verhard. Gekoop saam met geweer, intussen my nuwes by.
Na bogemelde proses, is alles soos moet wees en wyk ek nie weer hiervan af nie, ongeag wat my kundige leermeester gedoen het of ander sê. Hierdie stywe toleransies spreek vanself.
Dit op PMP en Lapua doppe. Ek meet nie run out nie.
As lading reg is, ek doen my deel, 3-skoot een groot gat!
My 2c.
Beste.
Re: 'Runout' - hoeveel is te veel
Posted: Fri May 12, 2023 5:13 pm
by Capt. Yoda
.
Re: 'Runout' - hoeveel is te veel
Posted: Fri May 12, 2023 6:07 pm
by Gawie(13mm)
Kom ons begin by die oorspronklike opskrif.
In my herlaai kas staan een van Cassie se Mamba waggelmeters. Ek het ook na die eerste gebruik gesien dat hy my in 'n gestig gaan laat beland.
Ek gebruik hom nou eerder om nekwand diktes te meet en verder verskaf hy 'n bietjie gravitas aan my beskeie herlaai stasie.
Ek het 'n ewige liefde vir 'n Acley dop vanweë die gemak en min moeite tov dopvoorbereiding.
My 6mm Creedmoor het egter aan al my vereistes voldoen tov verbranding en dopvulling agter 'n 85 Game King teen 3300 vps.
Ek moes egter na die tweede herlaai, die lengte begin terugsny. Eers het ek die 30 grade skouer blameer teenoor die Acley, waar ek na 26 keer se laai, nooit die lengtes gesny het nie. Nadat ek 'n video gekyk het wat verduidelik hoe doppe se nekke verhard agv Die werking van 'n matrys, het ek soos Cappie gemaak en die ruimer uit my matrys gehaal. Ek druk die nekke kleiner met die matrys, sonder die ruimer en vergroot dit dan met 'n APW ruimer.
Na 6 keer se herlaai was daar nog nie weer groei nie en ek gloei die doppe na elke vuurslag.
Hallo, ek is Gawie en ek skiet 'n Creedmoor en gebruik net 'n nekruimer.

Re: 'Runout' - hoeveel is te veel
Posted: Fri May 12, 2023 6:15 pm
by projagter
lewensles.
As iets vir iemand werk, gelukkig maak of tevredenheid bied moet nie inmeng nie.
Re: 'Runout' - hoeveel is te veel
Posted: Sat May 13, 2023 7:22 am
by Jassie
Akkurate skietwerk is volgens my grotendeels 'n "confidence thing"
Ek het al vreeslik swak geskiet na my hond dood is. Ek kon net ver dood nie regkom nie. 'n Forum lid het my die "feitjie" uitgewys. Na 'n rukkie het ek weer heel mooi bygekom.
As jy al jou katoeters en tooltjies inspan om metings en verstellings te maak en alles lyk 100% dra al die moeite beslis by tot hierdie "confidence thing"
... en kom nou manne, ons geniet dit om te speel. Dis heerlik lekker
Re: 'Runout' - hoeveel is te veel
Posted: Sat May 13, 2023 8:17 am
by jdpretorius
Iemand het my eendag laat hoor dat 'daai' stappie met herlaai, net n 3mm verskil op teiken maak, en ek bekommer my verniet daar oor.....nou tel n ou gou 10 sulke stappies by mekaar....en skiet n konstante 1/2 moa groepie met n standaard loop profiel, rak geweer.
Goet soos goeie doppe (wat gebatch is), nekke skil, 1thou nek spanning, gebruik van graphite met seating van die koeël, doppe met min run-out, eenvormige seating depth, anneal na elke skoot, flash hole en nekke de-burr, hakse dop nekke, altyd nekke trim tot selfde lengte, n goeie seating Die, nek size en skouers 1thou bump, Dies wat effe float in die press, ens, ens...is maar seker deel daar van (vir my), oordat dit wel n verskil gemaak het op teiken.
Nou dalk ook net by sê dat die apie agter die sneller die grootste invloed het.
Vir n nuwe bos geweerkie wil ek op n kol begin laai met winkel ammo doppe, goedkooper Lee Dies (sal wel die Collet Die in span)....dit gan dalk so bietjie cheatings wees oor hy bv. n barrel tuner op het....maar gan opwindend wees om te sien wat moontlik is met n goedkoop setup.
Terloops, met die barrel tuner kon ek rak ammo groepies krimp van +/_ 1.5 moa na 0.7 moa....en ek't nie eers vreeslik getoets om te sien waar hy die absolute beste is nie.
.....so dan nou seker n ander ding om aan te dink - is al die ander moeite werklik die resultaat werd ?
Sent from my SM-A536E using Tapatalk
Re: 'Runout' - hoeveel is te veel
Posted: Sat May 13, 2023 10:10 am
by Capt. Yoda
jdpretorius wrote: Sat May 13, 2023 8:17 am

Mens gaan deur sulke fases. Huidiglik is doppe prep vir my net n stappie laer as om na n EFF lid te luister, nekke skil is ook n ding wat ek vir nou eers genoeg van gedoen het, gelukkig het ek n mater met n draaibank sou ek weer lus raak vir dit. As al die stappe vir jou werk en jou hart warm maak en jy geniet dit om jou aande om in jou herlaaikamer te sit gebruik hulle maar mens leer so oor die jare wat regtig VIR JOU nodig is en wat dalk nie so noodsaaklik is nie
Re: 'Runout' - hoeveel is te veel
Posted: Sat May 13, 2023 10:20 am
by JF123
En dit is juis my punt. As jy wil gonge skiet op 2km, raak mal. As jy net ń bok ń hartskoot will gee op 300m is die meeste wat mense deesdae doen oorbodig.
Re: 'Runout' - hoeveel is te veel
Posted: Sat May 13, 2023 10:46 am
by jdpretorius
Capt. Oblivious wrote:jdpretorius wrote: Sat May 13, 2023 8:17 am
Iemand het my eendag laat hoor dat 'daai' stappie met herlaai, net n 3mm verskil op teiken maak, en ek bekommer my verniet daar oor.....nou tel n ou gou 10 sulke stappies by mekaar....en skiet n konstante 1/2 moa groepie met n standaard loop profiel, rak geweer.
Goet soos goeie doppe (wat gebatch is), nekke skil, 1thou nek spanning, gebruik van graphite met seating van die koeël, doppe met min run-out, eenvormige seating depth, anneal na elke skoot, flash hole en nekke de-burr, hakse dop nekke, altyd nekke trim tot selfde lengte, n goeie seating Die, nek size en skouers 1thou bump, Dies wat effe float in die press, ens, ens...is maar seker deel daar van (vir my), oordat dit wel n verskil gemaak het op teiken.
Nou dalk ook net by sê dat die apie agter die sneller die grootste invloed het.
Vir n nuwe bos geweerkie wil ek op n kol begin laai met winkel ammo doppe, goedkooper Lee Dies (sal wel die Collet Die in span)....dit gan dalk so bietjie cheatings wees oor hy bv. n barrel tuner op het....maar gan opwindend wees om te sien wat moontlik is met n goedkoop setup.
Terloops, met die barrel tuner kon ek rak ammo groepies krimp van +/_ 1.5 moa na 0.7 moa....en ek't nie eers vreeslik getoets om te sien waar hy die absolute beste is nie.
.....so dan nou seker n ander ding om aan te dink - is al die ander moeite werklik die resultaat werd ?
Sent from my SM-A536E using Tapatalk
Mens gaan deur sulke fases. Huidiglik is doppe prep vir my net n stappie laer as om na n EFF lid te luister, nekke skil is ook n ding wat ek vir nou eers genoeg van gedoen het, gelukkig het ek n mater met n draaibank sou ek weer lus raak vir dit. As al die stappe vir jou werk en jou hart warm maak en jy geniet dit om jou aande om in jou herlaaikamer te sit gebruik hulle maar mens leer so oor die jare wat regtig VIR JOU nodig is en wat dalk nie so noodsaaklik is nie

Ek's op jou bladsy Cappie...en eintlik (vir my) oor die verdomde gejaagtheid en n ou minder en minder tyd kry vir die goed wat lekker is.
Die is dan ook deel van die rede vir my 30-0voetsek bos geweerkie....vir n min moeite speelding. Natuurlik het my g@t ook geheuk vir n nuwe speelding en uitdaging
Die herlaai ding bly effe ontspanning (vir my) en dit is bitter lekker om sukses te hê met n mooi lading, vir daai spog groepies.
Dalk is van dit maar net om n ou se eie ego ook n klein bietjie te streel, as jy na die bottom line kyk.
Vir n komp skut is dit sekerlik n ander storie.
....maar n ou staan seker ook nie net een oggend op en sê "ek wil n F-klas skut wees" nie. So dit is sekerlik gesond vir ons skied gemeenskap ook.
.......dalk dwaal ons nou te veel weg van die opskriffie....
Sent from my SM-A536E using Tapatalk
Re: 'Runout' - hoeveel is te veel
Posted: Sat May 13, 2023 10:47 am
by jdpretorius
JF123 wrote:En dit is juis my punt. As jy wil gonge skiet op 2km, raak mal. As jy net ń bok ń hartskoot will gee op 300m is die meeste wat mense deesdae doen oorbodig.

....(daai like knoppie)
Sent from my SM-A536E using Tapatalk