Page 1 of 1
MP200
Posted: Tue May 09, 2023 3:01 pm
by J.A.N
Goeiedag almal. Ek het die blik MP200 by ñ kollega gekry. Soos die fotos wys lyk die blik nie mooi buitekant nie en is redelik oud. Ek sien niks fout met die kruit nie. Wat reken julle, sal dit nog veilig wees om te gebruik?
Re: MP200
Posted: Tue May 09, 2023 3:04 pm
by J.A.N
Hier is die lot nr.
Re: MP200
Posted: Tue May 09, 2023 3:32 pm
by wlm
JAN
Dit lyk gevaarlik, ek sal dit kom verwyder!
Die roes op die blik hinder my maar as die kruit nie dampe afgee, kleurverandering het, of klonte vorm nie sal ek dit gebruik.
Onthou net dat ladings vir handwapens klein hoeveelhede is. Dus meer ladings per blik kruit en dus laer koste as vir geweerkalibers. Besluit of dit die moeite werd is om die risiko te loop deur "suspect" kruit te gebruik. Skade aan jou wapen of liggaam is nie die besparing op kruit werd nie.
Re: MP200
Posted: Tue May 09, 2023 3:37 pm
by Capt. Yoda
As die kruit nie rooi stof binne het nie en normaal ruik kan jy ma laat waai
Re: MP200
Posted: Tue May 09, 2023 4:51 pm
by J.A.N
Baie dankie. Ek het ñ lee blik MP200. Sal die kruit daarin oor gooi en kyk hoe lyk dit.
Re: MP200
Posted: Tue May 09, 2023 5:32 pm
by OosKaapJagter
Ek sou dit gebruik.
Re: MP200
Posted: Tue May 09, 2023 7:02 pm
by Cobus Wessels
Kruit wat nog daai effe soet reuk het is 100.
Kruit wat af is ruik suur.
As jy onseker is...laat jou vrou ruik. Wetenskaplik het vrouens beter reuksintuig
Sent from my SM-G991U1 using Tapatalk
Re: MP200
Posted: Tue May 09, 2023 7:27 pm
by Capt. Yoda
Jy sal dadelik ruik of dit anders as normale kruit ruik, jy sal nie hoef te wonder nie. Dit sal soos swael ruik as dit af is
Re: MP200
Posted: Wed May 10, 2023 11:04 am
by Klein Chris
Cobus Wessels wrote: Tue May 09, 2023 7:02 pm
Kruit wat nog daai effe soet reuk het is 100.
Kruit wat af is ruik suur.
As jy onseker is...laat jou vrou ruik. Wetenskaplik het vrouens beter reuksintuig
Sent from my SM-G991U1 using Tapatalk

geen wonder my ma het altyd gesê ek moet terug klim in die stort en 2 tree nader gee aan die seep