Page 1 of 1
S365 Lot 102/B/22
Posted: Tue May 09, 2023 1:18 pm
by Philip J
Middag almal
Het iemand al ondervinding met dié Lot S365?
Ek is besig om ladings uit te werk en die kruit gee baie baie laer spoed as wat Somchem voorspel. Het enige iemand anders dalk al dieselfde ervaar
Ter illustrasie
30-06 met 23.5duim loop
150gr Hornady Interlock
Spoed oor die chrony, 5m weg
54gr 2490 fps
55gr 2530 fps
56gr 2619 fps
CCI Subsonics uit my .22 oor dieselfde chrony, gee vir my 1020 fps. Dit lyk vir my in lyn met die geadverteerde 1040 fps, wat my so bietjie meer vertroue gee in die chrony lesings.
Re: S365 Lot122/B/23
Posted: Tue May 09, 2023 1:39 pm
by tripodmvr
Lot 101 was ook stadig. Hier lyk dit na so 5% stadiger as die norm. Ek het wel opgemerk dat die brandtempo vinnig toegeneem het vnaf 54 na 56gr.
Kyk wat 60gr gaan doen.
Re: S365 Lot122/B/23
Posted: Tue May 09, 2023 2:09 pm
by Philip J
Dankie oom
Ek sal more maar eers net 57 en 58 grein probeer. Ons mik vir 2800 voete en my sommetjie sê ook om en by 59 grein gaan my daar kry, maar ek kry nog swaar om oor Somchem maksimum ladings te gaan. Ek vertou my chrony taamlik, maar ook nie te taamlik nie
Dis hoekom ek hoop iemand anders kan dieselde ervaring met die lot bevestig
Re: S365 Lot122/B/23
Posted: Tue May 09, 2023 2:28 pm
by Martiens Bekker
Philip J wrote: Tue May 09, 2023 1:18 pm
Middag almal
Het iemand al ondervinding met dié Lot S365?
Ek is besig om ladings uit te werk en die kruit gee baie baie laer spoed as wat Somchem voorspel. Het enige iemand anders dalk al dieselfde ervaar
Ter illustrasie
30-06 met 23.5duim loop
150gr Hornady Interlock
Spoed oor die chrony, 5m weg
54gr 2490 fps
55gr 2530 fps
56gr 2619 fps
CCI Subsonics uit my .22 oor dieselfde chrony, gee vir my 1020 fps. Dit lyk vir my in lyn met die geadverteerde 1040 fps, wat my so bietjie meer vertroue gee in die chrony lesings.
Selfde gesien met Lot 101 in 30-06. 165gr Ballistix Ultra Hunt uit 24" loop met 54gr 365 het my 2570ft/s gegee.
Re: S365 Lot102/B/23
Posted: Tue May 09, 2023 6:56 pm
by Philip J
Ek sien nou die opskrif is verkeerd. Dit is Lot 102 van 2022
Nie lot 122 van 2023 nie.
Dis wat gebeur as mens nie op die blik gaan kyk nie, want jy KAN mos onthou.
Ai tog

Re: S365 Lot 102/B/22
Posted: Wed May 10, 2023 2:19 pm
by Philip J
Hallo almal
Ek kon gou vanmiddag die hoër ladings gaan toets
57gr 2670
58gr 2740
59gr 2849
Chrony 5m weg
Nou kan ons begin laai
Dankie vir almal se hulp.
Re: S365 Lot 102/B/22
Posted: Wed May 10, 2023 9:29 pm
by tripodmvr
As ons die lading wil verfyn gaan ek die TPL soos geskiet, dopvolume en 'n gemete looplengte benodig.
Re: S365 Lot 102/B/22
Posted: Wed May 10, 2023 9:38 pm
by tripodmvr
Bevestig net wat die reeksnommer van die koeël is.
Re: S365 Lot 102/B/22
Posted: Thu May 11, 2023 6:03 am
by Philip J
Dankie oom Tripod
Ek waardeer
Looplengte 600mm
Dopvolume 70.3gr
Tpl 81mm
Koeël 150gr Hornady Interlock #3031
59gr S365 gee 2849 oor die chrony, 5m weg
Ek soek na n node rondom 2800 voete asb Oom.
My rekenaar het ingekonk, so my QL is vir eers verlore.
GRT wys node 5 teen 2790 fps met 57.6gr
Ek sal bly wees as QL dit kan bevestig
Re: S365 Lot 102/B/22
Posted: Thu May 11, 2023 7:46 am
by tripodmvr
59.1gr = 2855vps op die chrony 5m weg
56.7gr = 2730vps op chrony
Re: S365 Lot 102/B/22
Posted: Thu May 11, 2023 7:51 am
by Philip J
Dankie oom.
Ek het gelaai volgens GRT maar as dit koele nie wil saam bondel nie, sal ek oom se ladings probeer. Gaan Vrydag oggend toets.