Page 1 of 1

My eerste Buffel!

Posted: Mon May 08, 2023 10:05 pm
by Fanta300
Hier volg die storie van my Buffel:

Ek glo almal van ons het seker maar ‘n “Emmer Lysie”. Omdat ek ‘n jagter is, was daar ook ‘n Buffel op my lysie al het ek maar aanvaar dat ek nooit daai een sou kon afmerk nie.

So gebeur dit dat my skoonseun Douglas (R1ch@rds) my so ‘n ruk terug vra of ek wil kom help Blouwildebeeste uit dun. Sonder huiwering sê ek ja, ek is in.

Die plan is toe dat ons Dinsdag die 2e Mei sou ry van sy huis af. Ons ry toe Dinsdag van ons huis af en laai my vrou by ons dogter af, laai my swaer op en val in die pad na La Pumba Safaris naby Naboomspruit. Nog steeds met die gedagte dat ons Blouwillebeeste gaan skiet.

Kom so net na 5 op die plaas aan. Gou skietbaan toe net om te bevestig dat my getroue Brno 375 H&H nog steeds skiet waar ek mik met die 225gr Interlock’s. Toe terug kamp toe waar ‘n regte bosveld vuur ons begroet.

So terwyl ons nog so rustig om die vuur kuier met ‘n glasie rooiwyn, word ons ingelig dat ons nie Blouwillebeeste gaan skiet nie maar dat ek en my swaer elkeen ‘n Buffel gaan skiet met komplimente van my skoonseun af.

Na ek tot verhaal gekom het, bestorm ek my ammo tassie om te kyk of daar iets is wat meer toepaslik is vir Buffel se kind as die 225gr, maar heellaas niks anders nie. Gelukkig ken ek hulle darem baie goed so sal maar moet sorg dat skootplasing perfek is. Gelukkig het my skoonseun vir my ‘n 300gr soliede punt vir daai opvolgskoot.

Met al hierdie gedagtes in my agterkop gaan slaap ek toe, maar is vroeg al wakker. Met ‘n lekker koppie koffie en beskuit agter die blad is ons toe veld toe.

My swaer gee my toe kans om eerste te skiet. Toe ons die trop buffels gewaar is ek toe ook blitsig van die bakkie af en ek en die PH loop toe stadig nader tot op ‘n afstand waarop ek gemaklik voel en lê aan oor die skietstok. Skat dit was so 70 meter. Moes toe net wag vir ‘n oop skoot tussen die ander van die trop en ‘n mooi koei beweeg toe uit die trop uit. Staan so effens skuis na voor en ek mik toe net so binne die linker blad en druk die skoot af. Gelukkig het sy net so tien tree geloop toe gaan lê sy, so ek het nie die opvolgskoot nodig gehad nie.

Die emosie wat in my opgewel het is onbeskryflik en daar bewe ek asof dit my eerste bok ooit was.

Wat ‘n wonderlike geleentheid. Baie dankie Douglas!!

Besef net weer watse wonderlike Vader ons het wat ‘n wonderlike natuur geskep het wat ons ook mag geniet!
fe607424-88de-49a4-a63d-7145dc37fe32.jpeg
7ca7f6e8-cf28-4c1a-9147-588b74b0264b.jpeg
My swaer, Douglas en ek ;D

Re: My eerste Buffel!

Posted: Tue May 09, 2023 5:44 am
by Lategan1
Mooi storie Fanta. Wat ‘n verrassing en voorreg.

Baie geluk!

Beste.

Re: My eerste Buffel!

Posted: Tue May 09, 2023 7:17 am
by DWB
Lekker Oom Fantie.

Brawe move daai 225gr Interlock :D
Bly dit het darem gewerk!!!

Re: My eerste Buffel!

Posted: Tue May 09, 2023 7:52 am
by OupaZA
Baie Nice, oom Fanta...

Re: My eerste Buffel!

Posted: Tue May 09, 2023 7:56 am
by tripodmvr
Baie geluk. Jy wil nie dalk die skoonseun na my kant toe aanstuur nie?

Re: My eerste Buffel!

Posted: Tue May 09, 2023 7:59 am
by alecjohnson
Mooi, dankie vir die deel! Baie geluk met die mooi buffel!

Re: My eerste Buffel!

Posted: Tue May 09, 2023 8:09 am
by Johan Nel
Fantasties! Wat 'n voorreg om so jag te kon beleef. Ek is saam met jou bly Fantie.

Re: My eerste Buffel!

Posted: Tue May 09, 2023 8:18 am
by Wouter Roets
Baie geluk Fanta! Dis nou n lekker meevallejie.

Re: My eerste Buffel!

Posted: Tue May 09, 2023 8:20 am
by Capt. Yoda
Geluk Oom Fanta, partykeer is al die tyd wat mens in kinders in sit die moeitewerd

Re: My eerste Buffel!

Posted: Tue May 09, 2023 8:22 am
by Stephan86
Baie geluk oom en dankie vir die deel van die storie.

Re: My eerste Buffel!

Posted: Tue May 09, 2023 10:16 am
by Toyrsi
Baie geluk. Wat n voorreg.

Re: My eerste Buffel!

Posted: Tue May 09, 2023 12:00 pm
by Klein Chris
Lekker. Mooi gegooi

Re: My eerste Buffel!

Posted: Tue May 09, 2023 12:28 pm
by Eduard Venter
Baie geluk oom. Mooi skoot, sys lekker hard geslaan!

Sent from my SM-A127F using Tapatalk


Re: My eerste Buffel!

Posted: Wed May 10, 2023 4:53 pm
by ruaanb
Baie geluk oom Fanta. Nou gaan Interlock pryse op skiet!

Re: My eerste Buffel!

Posted: Wed May 10, 2023 5:24 pm
by Cobus Wessels
Baie geluk. Dankie vir die storie. Laat mens goed voel.

Sent from my SM-G991U1 using Tapatalk


Re: My eerste Buffel!

Posted: Thu May 11, 2023 9:00 pm
by Ferdi Bam
Baie nice en geluk Fanta.