Page 1 of 1

Hornady koeëls en S321

Posted: Fri May 05, 2023 1:57 pm
by JF123
Dagsê manne

Het iemand dalk ń lading om Hlrnady5 se 55gr koeëls te gebruik met S321? Ek wil net doppies fireform so soek net ligte ladings.

Re: Hordandy koeëls en S321

Posted: Fri May 05, 2023 2:00 pm
by Capt. Yoda
Kaliber?

Re: Hordandy koeëls en S321

Posted: Fri May 05, 2023 2:36 pm
by JF123
Jammer, 223.

Re: Hordandy koeëls en S321

Posted: Fri May 05, 2023 4:28 pm
by Capt. Yoda
Sou dink 24gr behoort mooi te werk.

Re: Hordandy koeëls en S321

Posted: Fri May 05, 2023 4:34 pm
by JF123
Dankie. Dit is wat ek met my 53gr Vmax koeëls gebruik

Re: Hornady koeëls en S321

Posted: Fri May 05, 2023 7:12 pm
by Pvdw
24-24.5gr

Re: Hornady koeëls en S321

Posted: Fri May 05, 2023 8:12 pm
by JF123
Wat sal mens vjr die 62gr aanraai?

Re: Hornady koeëls en S321

Posted: Fri May 05, 2023 8:46 pm
by tripodmvr
24gr sal 'n goeie aanduiding van spoed gee met beide 55 en 62gr. Met 55gr is 3230/50vps 'n riglyn om na te mik. Met die 62gr kan 3180vps dalk werk. Hierdie inligting is vir 'n 24 duim loop.

Re: Hornady koeëls en S321

Posted: Fri May 05, 2023 9:24 pm
by JF123
Ek het ń paar honderd "once-fired" LC doppe gekry met LM duike. So wil nou goedkoop koeëls gebruik om dit te fire-form voor ek lading ontwikkeling gaan doen. Basies soek ek net ń redelike druk lading daarvoor.

Re: Hornady koeëls en S321

Posted: Sat May 06, 2023 10:06 am
by tripodmvr
Teen deesdae se pryse gaan dit jou 'n kleinhuisie kos om die doppe te vorm. Laai hulle en kry 'n akkurate lading. Jy kan dan skiet en doppe terselfdertyd vorm. Jy doen dit dan as jy fabrieksammunisie skiet. LC is ook nou nie topkwaliteit doppe nie.

Hier is een man se opinie oor die' doppe.

Lc is military brass generally. Sometimes it has a slightly smaller case capacity, but it is generally very good brass imho.

Re: Hornady koeëls en S321

Posted: Sat May 06, 2023 12:41 pm
by Lategan1
Ditto.

Indien jou kopspasie binne spec is, kry lading en skiet soos gewoon. Met groot kopspasie sal ek dit doen soos per jou - JF - voorstel.

Beste.

Re: Hornady koeëls en S321

Posted: Sun May 07, 2023 9:05 pm
by JF123
Die doppies is nie almal uit een wapen geskiet nie, en die verkoper het dit klaar deur ń FL matrys gestuur. Kop spasie is nou ń rattel-fit. Die LM duike is ook nie almal ewe groot nie. Maak nie saak wat ek probeer het nie, ek kon net nie ń redelike akkurate lading kry nie.

Na die doppies een keer gebruik is, is dit ń ander storie.

Die plan is nou om die LC doppies met goedkoop koeëls te laai en te gebruik vir plinking op die plaas.