Nog jakkalse te voet. Laaste foto's, belowe
Posted: Thu May 04, 2023 9:29 am
Dagsê
Ek deel sommer my eerste jag van 2023 met julle... dalk vind iemand dit interessant. My jag hierdie jaar het laat begin want ek het die afgelope 7 maande twee rugoperasies gehad. Hierdie was my eerste "outing" na maande van frustrasie. Dit was ook 'n geleentheid om te sien of my rehabilitasie sodanig verloop het dat ek weer mobiel genoeg is om nou al te voet te kan jag.
Hierdie teef het ek gisteroggend om 10 minute oor 10 geskiet. Ek was van plan om donkeroggend veld toe te gaan maar toe ek opstaan sien ek dat dit heeltemal bewolk is en dat daar sleepmis is. Sig was beperk tot skaars 100m. Teen agtuur het ek besluit om maar die pad te vat en te begin stap. Die plaas waar ek was, is in die Klein-Karoo naby Ladismith en Vanwyksdorp. Dis 7200ha groot met geen binnedrade nie. Daar bly niemand op die plaas nie, nie eens werkers nie.
Teen nege-uur het die mis begin lig en ek het naby 'n rivierloop stelling ingeneem en 'n bietjie geroep met my fluitjie ('n Crit'r Call wat ek al in die 1980's gekoop het). Niks het egter beweeg nie. Toe ek verder stap, het ek vier gemsbokke op die kruin van 'n hoë kop gesien. Hulle so 'n bietjie dopgehou en toe weer aangestap. Teen kwart voor tien het ek teen 'n rant gaan sit wat uitkyk oor 'n groot vlakte. Ek het sowat 5 minute gesit en toe begin roep met die fluitjie. Met twee heuphoogte bosse weerskante van my was ek redelik goed verskuil en het ek 'n skootsvak van 180-grade oor die vlakte voor my gehad. Dis waar ek gehoop het 'n jakkals sou verskyn. Na 20 minute se geroep met tussenposes van stilte, was ek oortuig dat ook hierdie plek niks sou oplewer nie en het besluit om op te staan en af te beweeg na 'n gronddam sowat 500m verder.
Maar toe ek weer links kyk, vang my oog beweging amper 90-grade links van my en amper op dieselfde hoogte teen die rant as wat ek sit. 'n Jakkals was aan't naderdraf en ek het net die punte van sy ore bo die bosse sien uitsteek. Die jakkals het vir 'n oomblik verdwyn en toe sien ek weer die ore... net om hulle weer te verloor agter die bosse. Teen hierdie tyd was die dier skaars 20m van my af. Die jakkals moes gestop het want vir die volgende 10 sekondes of so het ek niks gesien nie. En toe ek weer die jakkals sien was sy besig om teen die rant af te draf. Sy het egter baie rustig voorgekom en ek het haar deur die teleskoop gevolg. Aan die voet van die rant het sy dwars gedraai na regs toe en tussen twee bosse vasgesteek. Ek het dadelik geskiet en sy het in haar spore neergeslaan (ek het natuurlik eers gesien dis 'n teef toe ek by haar kom).
Ek het my .30-06 gebruik, gelaai met 110gr V-max'e. Teen ongeveer 3000vps maak hulle lelike skade. Die jakkals het 'n pragtige pels en haar kondisie was baie goed. Toe ek nader stap het ek gedink dat ek haar dalk moet afslag en die pels bewaar, maar toe ek haar omdraai en die vuisgrootte gat sien waar die koeël uit is, het ek daarteen besluit. Die skietafstand was 63.6m volgens my Leica.