Page 1 of 1
223 Howa Varmint in 20" of 24"
Posted: Wed May 03, 2023 4:25 pm
by Chris (vdB)
Goeie middag Almal
Ek dink daaraan om vir my n' 223 volgende te koop, maar ek is nie seker oor die loop lengte nie. Die 20" sal lekker werk so uit n' bakkie uit, reeds dan waarvoor ek hom wil koop, maar ek is bang ek verloor baie spoed met die 20" teenoor n' 24". Kan die manne wat van die Howa's skiet asseblief vir my so idee gee van die spoed wat ek kan verwag met die 20" teenoor die 24" loop. Ek wil graag die volgende gebruik.
Lapua doppe
53gr V-Max of 55gr Blitzking as ek kan kry daai tyd
IMR 3031
Byvoorbaat dankie
Re: 223 Howa Varmint in 20" of 24"
Posted: Wed May 03, 2023 4:52 pm
by Supacow
Welkom in die a-span

Tyson boks die oukies piets.
Glo nie jy sal meer as 100 voete verloor wat geen teiken sal agterkom.
Koop en geniet.
Re: 223 Howa Varmint in 20" of 24"
Posted: Wed May 03, 2023 6:16 pm
by Chris (vdB)
Supacow wrote: Wed May 03, 2023 4:52 pm
Welkom in die a-span

Tyson boks die oukies piets.
Glo nie jy sal meer as 100 voete verloor wat geen teiken sal agterkom.
Koop en geniet.
Dankie Supacow
Re: 223 Howa Varmint in 20" of 24"
Posted: Wed May 03, 2023 6:28 pm
by tripodmvr
IMR 3031 gaan 'n vol dop gee voor jy spoed kry met beide 20 en 24 duim loop.
Waarom nie S321 of Riflex RFL nie? Gaan baie beter werk en spoedverlies gaan minimaal wees vanaf 24 na 20 duim.
Re: 223 Howa Varmint in 20" of 24"
Posted: Wed May 03, 2023 6:55 pm
by Philip J
55gr V-Max en S321 loop soos n jet in n 223!
Re: 223 Howa Varmint in 20" of 24"
Posted: Wed May 03, 2023 8:28 pm
by JF123
. 223 en S321 gaan saam soos grondboontjie botter en stroop.
Re: 223 Howa Varmint in 20" of 24"
Posted: Wed May 03, 2023 8:38 pm
by Alwin
Kyk net wat die geweer se groefdraai is. Die nuwe Howas kom uit met 1:8" lope en is so gemerk by die kaliber stempel.
Indien jy so 'n 1:8" gekry het, gaan hy nie baie goed werk met die ligte (50 - 55gn) koeëls nie, maar eerder 65 - 80 gn verkies. Dis nie skade nie, die langer koeëls skiet baie goed en hou hulle spoed baie beter op die langer afstande. Aangesien hulle swaarder is, tref hulle ook heelwat harder.
Die looplengte word deur jou behoeftes bepaal. 20" hanteer lekkerder in 'n bakkie se kajuit.
Re: 223 Howa Varmint in 20" of 24"
Posted: Thu May 04, 2023 5:05 am
by Chris (vdB)
tripodmvr wrote: Wed May 03, 2023 6:28 pm
IMR 3031 gaan 'n vol dop gee voor jy spoed kry met beide 20 en 24 duim loop.
Waarom nie S321 of Riflex RFL nie? Gaan baie beter werk en spoedverlies gaan minimaal wees vanaf 24 na 20 duim.
Oom nee in daai geval koop ek liewer S321, baie dankie
Re: 223 Howa Varmint in 20" of 24"
Posted: Thu May 04, 2023 5:07 am
by Chris (vdB)
Baie dankie vir almal se raad
Re: 223 Howa Varmint in 20" of 24"
Posted: Thu May 04, 2023 6:33 am
by Chris (vdB)
Alwin wrote: Wed May 03, 2023 8:38 pm
Kyk net wat die geweer se groefdraai is. Die nuwe Howas kom uit met 1:8" lope en is so gemerk by die kaliber stempel.
Indien jy so 'n 1:8" gekry het, gaan hy nie baie goed werk met die ligte (50 - 55gn) koeëls nie, maar eerder 65 - 80 gn verkies. Dis nie skade nie, die langer koeëls skiet baie goed en hou hulle spoed baie beter op die langer afstande. Aangesien hulle swaarder is, tref hulle ook heelwat harder.
Die looplengte word deur jou behoeftes bepaal. 20" hanteer lekkerder in 'n bakkie se kajuit.
Alwin ek was ook bekommerd daaroor, ek wil graag 53 tot 55gr skiet in die 223, omdat ek alreeds 75gr in my 243 skiet. Ek sal wel oorgaan na 87gr in my 243, wanneer my 75gr punte klaar is. Ek het gisteraand so bietjie gekrap met Google en lyk my daar is darem manne wat die 53gr sukselvol skiet in 1:8 twist. Verbeel my ek het lank terug hier op die forum ook gelees van iemand wat daardie kombinasie suksesvol skiet.
Dankie vir jou raad
Re: 223 Howa Varmint in 20" of 24"
Posted: Thu May 04, 2023 8:11 am
by tripodmvr
'n Stywer groefdraai gaan nie sommer maak dat ligter koeëls nie gaan akkuraat skiet nie. Dit is volgens my 'n ouvrou storie. Kry die looptyd reg sodat jy 'n node haal en jy behoort sukses te kry. In baie gevalle moet 'n vinniger barndende dryfmiddel gebruik word omdat die dop te vol raak alvorens die nodespoed verkry is. In 243 werk S355/S341 beter met 65gr en ligter koeëls terwyl die 80gr en op weer S365 verkies.
Re: 223 Howa Varmint in 20" of 24"
Posted: Thu May 04, 2023 8:54 am
by Capt. Yoda
Soos Oom 3 Poot daar se, ouvrou storie. Al wanne jy probleme gaan optel is as jy die koel te vinnig laat spin maar ek twyfel of jy dit met n standaard 223 en n 20" loop gaan reg kry. Daar is n magdom 6mm's met 8 en 9twist van 243AI to 6Dashers wat 55gr BT's mooi skiet, hoe vinniger jy daai kleiner koel spin hoe meer laat hy daai bok se kop nog pop
Re: 223 Howa Varmint in 20" of 24"
Posted: Thu May 04, 2023 10:11 am
by Arnold
As ek reg onthou het ek 'n 55gr koeeltjie met S321 teen so 3150fps uit my 20" 223 geskiet
Re: 223 Howa Varmint in 20" of 24"
Posted: Thu May 04, 2023 12:16 pm
by Chris (vdB)
Arnold wrote: Thu May 04, 2023 10:11 am
As ek reg onthou het ek 'n 55gr koeeltjie met S321 teen so 3150fps uit my 20" 223 geskiet
Dankie Arnold, 3150 fps klink mooi vir my
Re: 223 Howa Varmint in 20" of 24"
Posted: Thu May 04, 2023 9:30 pm
by Alwin
Chris (vdB) wrote: Thu May 04, 2023 6:33 am
Alwin wrote: Wed May 03, 2023 8:38 pm
Kyk net wat die geweer se groefdraai is. Die nuwe Howas kom uit met 1:8" lope en is so gemerk by die kaliber stempel.
Indien jy so 'n 1:8" gekry het, gaan hy nie baie goed werk met die ligte (50 - 55gn) koeëls nie, maar eerder 65 - 80 gn verkies. Dis nie skade nie, die langer koeëls skiet baie goed en hou hulle spoed baie beter op die langer afstande. Aangesien hulle swaarder is, tref hulle ook heelwat harder.
Die looplengte word deur jou behoeftes bepaal. 20" hanteer lekkerder in 'n bakkie se kajuit.
Alwin ek was ook bekommerd daaroor, ek wil graag 53 tot 55gr skiet in die 223, omdat ek alreeds 75gr in my 243 skiet. Ek sal wel oorgaan na 87gr in my 243, wanneer my 75gr punte klaar is. Ek het gisteraand so bietjie gekrap met Google en lyk my daar is darem manne wat die 53gr sukselvol skiet in 1:8 twist. Verbeel my ek het lank terug hier op die forum ook gelees van iemand wat daardie kombinasie suksesvol skiet.
Dankie vir jou raad
Ek dink nie die gewig van die koeëls is so belangrik nie, maar eerder die lengte van die dravlak. Kyk dus vir koeëls met lang dravlakke.
As jy eers met die swaarder koeëls reggekom het, gaan jy nie terug verlang na die 53gn weergawes nie. Probeer hulle gerus.