Page 1 of 1

Leupold Mark 4 4,5-14x50 M1 LR/T Illum Reticle Scope

Posted: Sun Feb 12, 2012 8:39 pm
by Romac
Dagse Vriende

Ek wil graag julle mening hoor oor die Scope. Is dit n goeie aanwins om in so scope te bele vir jag doeleindes. Ek het op iemand afgekom wat hom wil verkoop en ek het onlangs n .243 gekoopwaarvoor ek n goeie scope nodig het.

Hoor graag van julle.

Groete

Re: Leupold Mark 4 4,5-14x50 M1 LR/T Illum Reticle Scope

Posted: Sun Feb 12, 2012 9:14 pm
by Dawid
Jy moes die ding al op jou geweer gehad het...moenie huiwer as hy nog reg is nie KOOP!!!!!

Wag dat ek eers bietjie edit hierso....Nee ek lieg moenie koop nie  :angel:

Wat is daai ou se nommer nou weer en wats die prys het hy gese...daai spesiale prys vir jou?  :angel: :angel:

Re: Leupold Mark 4 4,5-14x50 M1 LR/T Illum Reticle Scope

Posted: Mon Feb 13, 2012 11:29 am
by Romac
Hi Dawid

Dankie vir die goeie raad. Ek het sommer vroeg vanoggend deur gegaan en die scope dadelik by die ou gaan haal. Ek dink ek het n moerse bargain betaal vir hom. Die scope is splinter nuut en die ou se lisensie is afgekeer en hy het maar net gatvol geraak toe sy appel ook nie deur gegaan het nie. Ek het die scope vir R 4000.00 by hom gekoop.

Groete

Re: Leupold Mark 4 4,5-14x50 M1 LR/T Illum Reticle Scope

Posted: Mon Feb 13, 2012 11:34 am
by Geno
Romac,
Maak net seker jy't het nie 'n Fong Kong MK4 gekoop nie.
Lees hier om dit te identifiseer:

http://www.leupold.com/tactical/resourc ... t-warning/

Groete,
Eugene

Re: Leupold Mark 4 4,5-14x50 M1 LR/T Illum Reticle Scope

Posted: Mon Feb 13, 2012 11:41 am
by grumpy
Mooi Geno! What went wong!! ;D

Dan vra hy nog who flung dung!  ;D ;D

Re: Leupold Mark 4 4,5-14x50 M1 LR/T Illum Reticle Scope

Posted: Mon Feb 13, 2012 11:56 am
by Romac
Hi Geno

Dankie vir die waarskuwing. Ek het darem by die ou n aankoop bewys gekry van Safari & Outdore en dit is ware Jakop. Al die nodige gegewins en serial nommers en graveer merke is op die scope.

Groete

Re: Leupold Mark 4 4,5-14x50 M1 LR/T Illum Reticle Scope

Posted: Mon Feb 13, 2012 9:17 pm
by Wouter Roets
Romac

Wat n bargain! Ek hoop nie die persoon was n vriend van jou nie! ;D Sies man! ;D Geniet hom, dit is n great scope!

Groetnis
Wouter

Re: Leupold Mark 4 4,5-14x50 M1 LR/T Illum Reticle Scope

Posted: Mon Feb 13, 2012 10:05 pm
by Francois Marais
Romac

Ek skiet met so een, net sonder die IR, veldskiet, en is sover baie vrede met hom, daai man moes omtrent gatvol gewees het om n R20 000 se scope vir R4000 te verkoop.......geluk op n goeie kopie....

Mooi loop
Francois

Re: Leupold Mark 4 4,5-14x50 M1 LR/T Illum Reticle Scope

Posted: Thu Feb 16, 2012 1:05 pm
by Martin1
Jy moet passop ek het een keer by n oom in pretoria n fong-kong mark4 gekoop en het net teleer-stelung gehaat PASSOP !!!!!!