Page 1 of 1

Advertensie op advertensie op advertensie

Posted: Fri Apr 28, 2023 8:56 pm
by Cobus(Cobb)
Die forum was en is vir my nog altyd 'n elektroniese konneksie met jagters, jagveld, stories en soortgelyke ding.......maar nou moet jy deur blaaie advertensies soek vir gawe topics om te lees.
Ek glo ads is baie belangrik en ek het al self n ding of twee ge adverteer en gekoop op die forum.....maar dit lyk nou amper soos JARACALJUNKMAIL.

Is daar n manier om die forum so te stel dat as jy unread posts oop te maak....alles oopmaak behalwe die ads, met dan n apparte link waarmee ek kan kies om ads te gaan kyk??

Cheers

Re: Advertensie op advertensie op advertensie

Posted: Sat Apr 29, 2023 8:16 am
by jaracal
Ek sal dit ondersoek Cobus, advertensies val ongelukkig onder nuwe posts wat dit dan sal lys as jy unread posts oopmaak.
Sal ook bietjie kyk hoe ons manne/dames kan motiveer om stories te skryf.
Groete
Heinrich

Re: Advertensie op advertensie op advertensie

Posted: Sat Apr 29, 2023 8:39 am
by ruaanb
Ek wil iets toets op Tapatalk wat dalk al kan help. Kan iemand n fiktiewe advertensie skep asb

Re: Advertensie op advertensie op advertensie

Posted: Sat Apr 29, 2023 8:44 am
by jdpretorius
ruaanb wrote:Ek wil iets toets op Tapatalk wat dalk al kan help. Kan iemand n fiktiewe advertensie skep asb
Ruaan, ek help graag.

Kom ons noem die add "Niks te Koop"

Sent from my SM-A536E using Tapatalk


Re: Advertensie op advertensie op advertensie

Posted: Sat Apr 29, 2023 8:45 am
by ruaanb
Ek wag vir hom Dankie

Re: Advertensie op advertensie op advertensie

Posted: Sat Apr 29, 2023 8:53 am
by ruaanb
Ok daar is n manier op Tapatalk.

Jy moet subscribe op die sub forums waarvan jy die posts wil sien en dan gebruik jy die subscription funksie in Tapatalk.

Om nie die verkoops sub forum te sien nie moet jy dan op die sub forum unsubscribe.

Bietjie werk en omslagtig om op te stel maar dit werk.

Re: Advertensie op advertensie op advertensie

Posted: Sun Apr 30, 2023 5:16 pm
by J le Roux
Ek hou daarvan om die advertensies dop te hou, al is dit net om in. voeling te bly met die 2de handse mark. Ek het al 2 jaggewere en meeste van my herlaaitoeruatin em komponent hier op die forum gekoop.

Ek sou dink as mens nie belangstel in die advertensies nie maak jy net nie die posts oop nie. Of mis ek iets?

Re: Advertensie op advertensie op advertensie

Posted: Sun Apr 30, 2023 9:54 pm
by HeinM
J le Roux wrote: Sun Apr 30, 2023 5:16 pm Ek hou daarvan om die advertensies dop te hou, al is dit net om in. voeling te bly met die 2de handse mark. Ek het al 2 jaggewere en meeste van my herlaaitoeruatin em komponent hier op die forum gekoop.

Ek sou dink as mens nie belangstel in die advertensies nie maak jy net nie die posts oop nie. Of mis ek iets?
Sonder twyfel ;)

Re: Advertensie op advertensie op advertensie

Posted: Mon May 01, 2023 4:29 am
by 300hhman
Stem.

Sent from my SM-G975F using Tapatalk


Re: Advertensie op advertensie op advertensie

Posted: Mon May 01, 2023 9:32 am
by win270
Sou baie handig gewees het as elke Jaracal-gebruiker vooraf (onder "settings") kon kies hoe "new posts", "unread posts", ens se funksies vir hom/haar moet werk. :)

Re: Advertensie op advertensie op advertensie

Posted: Mon May 01, 2023 10:54 am
by OosKaapJagter
Ek hou van die advertensies. Ek het al heelwat goeie aankope gemaak deur die forum.

"If it aint broke don't fix it."

Wanneer goed verkoop word waarin ek nie belang stel nie, kyk ek net eenvoudig nie na die plasing nie. Nog advertensie op advertensie op advertensie asseblief.

Re: Advertensie op advertensie op advertensie

Posted: Mon May 01, 2023 6:00 pm
by NicoSmit
Ek stem saam met Cobus dis moerse verveeldig om elke dag net advertensies op advertensies te sien jy kan 'n week weg weg bly en jy mis niks . In die verlede kon ek nie wag om Jaracal te lees nie .Ek het baie geleer van herlaai en jakkalse van die forum af .

Re: Advertensie op advertensie op advertensie

Posted: Mon May 01, 2023 7:07 pm
by Malan123
Menere, ek hoor julle almal en hou van die idee dat jy settings kan verander, maar as almal so moerig is oor 'n klomp advertensies, hoekom begin niemand anders bietjie 'n topic nie. Lanklaas iets gehoor van die 270 en creedmoor manne.

Op 'n ernstiger noot. Ek dink die lewe knyp vir baie mense op hierdie stadium. Mense probeer besighede hervestig ens. Baie minder tyd om te kom kyk wat hier aangaan en baie mense verkoop speelgoed net om familie te voer. Dis ongelukkig die huidige realiteit

Re: Advertensie op advertensie op advertensie

Posted: Mon May 01, 2023 7:59 pm
by Pvdw
Cobb ek het vir jou paar 308 punte te koop, once fired en virgin. Geen opsies. Laat weet my asb??

Re: Advertensie op advertensie op advertensie

Posted: Tue May 02, 2023 12:06 pm
by Geno
Cobus
Kom vertel ons 'n jagstorie. Dalk spoor dit mense aan om te gesels. Dalk iets oor gemsbok jag en wat om te doen en nie te doen op een nie?

Re: Advertensie op advertensie op advertensie

Posted: Tue May 02, 2023 12:36 pm
by musgrave270
Dis die natuurlike gang van die meeste internet forums. Toe ek by Jaracal aangesluit het was dit vir heeltemal ander redes as waarvoor ek nou nog elke dag hier kom loer. Destyds was herlaai inligting of jakkalsroep inligting skaars en sou iemand hier op die forum kom aanklop vir raad was daar vinnig na die Soek Funkskie toe verwys of dan in diepte bespreek. Die whatsapp groepe het ook n klomp manne wat op die forum gesels het in kontak met mekaar gebring en die gesprekke na die privaat kanaal toe laat beweeg.

Laastens dink ek ook die manne jag en skiet so min deesdae dat daar net nie meer so baie is om te vertel nie. Ek onthou nog die dae toe Captein O elke naweek sy 3006 se loop probeer uitskiet het en Ben Remmington en sy JackRussel se fotos van daai vet kalahari bokke tussen die duine.

Miskien kort hier weer n Hentiesbaai trip of so iets. Glo daar sal genoeg stories uitkom om die forum vir n paar maande besig te hou.

Sent from my YAL-L21 using Tapatalk


Re: Advertensie op advertensie op advertensie

Posted: Tue May 02, 2023 3:00 pm
by Joe13
So gepraat van, waar is Mnr Ben met sy Kalahari jag trips en sy lekker lus maak fotos.

Re: Advertensie op advertensie op advertensie

Posted: Wed May 03, 2023 11:32 am
by Ben Remington
Hartlike goeie dag...

Ek is maar nog bedrywig hier tussen die Kameelbome en in die rooisand. :) :)

Probeer my bes om nog elke week te jag. ><)

Groetnis