Page 1 of 1

303 doppe herwin

Posted: Wed Apr 26, 2023 2:56 pm
by HJA
Goeie middag,

Ek probeer vir my 303 doppe by mekaar maak vir herlaai.
Het twee pakke S&B 150 gr patrone gekoop vir skiet die jaar.
Ek het toe o-rings om die patrone gesit om die doppe die regte kamer size te kry.
Met die o-rings maak die slot glad nie toe nie.
Is die o-rings dalk te duk of moet ek iets ander probeer.

Dankie
Henk

Re: 303 doppe herwin

Posted: Wed Apr 26, 2023 3:12 pm
by Gawie(13mm)
Op watter aksie is die geweer gebou?
Dit wil my voorkom asof jou kopspasie klein genoeg is dat jou doppe mooi sal vorm sonder die o-ring.
'n Dunner o-ring is miskien die antwoord.

Re: 303 doppe herwin

Posted: Wed Apr 26, 2023 3:15 pm
by HJA
Hi Gawie,

Lee Enfield.
Dankie
Henk

Re: 303 doppe herwin

Posted: Wed Apr 26, 2023 3:22 pm
by Gawie(13mm)
Die 303 bende moet kom help, maar ek dink jy is geseën met 'n 303 wat reg inmekaar gesit is, synde die korrekte kopspasie.
Meet die rand se dikte van die gekoopte doppe en as jy ouer doppe het wat jy in die verlede so gevorm het met die o-ring, kan jy nou mooi vergelyk.

Re: 303 doppe herwin

Posted: Wed Apr 26, 2023 3:43 pm
by tripodmvr
Die o-ring is heelwaarskynlik te dik. Die ander manier is om dun soldeersel te gebruik. Dit moet net die dop teen die slotkop hou tydens ontbranding.

Re: 303 doppe herwin

Posted: Wed Apr 26, 2023 4:07 pm
by ruaanb
Dunner oring of dun soldeersel. Hy kan maar Baie styf toe maak maw jy kan hom maar druk dan weet jy daai dop gaan nie rek nie.

Re: 303 doppe herwin

Posted: Wed Apr 26, 2023 4:10 pm
by Klein Chris
Bestel sommer vir jou n klompie APM punte. Die 303's is nou in produksie Pryse is goed

As jy in Pretoria is kom kry n paar by my. Ek het Dinsdag myne gekry 130gr en 175gr

Re: 303 doppe herwin

Posted: Wed Apr 26, 2023 6:37 pm
by Philip J
ruaanb wrote: Wed Apr 26, 2023 4:07 pm Dunner oring of dun soldeersel. Hy kan maar Baie styf toe maak maw jy kan hom maar druk dan weet jy daai dop gaan nie rek nie.
En dan gaan koop jy vir jou n "Lee Collet Neck Sizer", anders is al jou moeite verniet, want "Full Length" en 303 hoort nie in dieselfde sin nie.

Re: 303 doppe herwin

Posted: Thu Apr 27, 2023 2:20 pm
by ruaanb
Net soos Philip daar sê.

Re: 303 doppe herwin

Posted: Thu Apr 27, 2023 2:46 pm
by HJA
Hi Philip/Chris,

Kan ek by julle kers op steek oor die 303 herlaai.

Dankie vir almal se insete.

Henk

Re: 303 doppe herwin

Posted: Thu Apr 27, 2023 4:53 pm
by Ds J
HJA wrote: Thu Apr 27, 2023 2:46 pm Hi Philip/Chris,

Kan ek by julle kers op steek oor die 303 herlaai.

Dankie vir almal se insete.

Henk
Dis maklik! Nuwe slagdop, n skoot kruit en n punt wat nie uitval nie ;)


Op n ernstige noot: die Lee-Enfield aksies se swak punt is die slot. Omdat hy agter sluit, in plaas van voor soos die Mauser-tipes, buig die slot tydens die skoot en dan rek die dop meer as gewoonlik. Dit geld natuurlik nie vir die P-14's nie.

Om te kompenseer vir die rek-aksie voeg ons n rubberring of soldeerdraatjie om die dop, dan sit die gevormde dop stywer in die kamer.

Re: 303 doppe herwin

Posted: Thu Apr 27, 2023 9:31 pm
by Alwin
Ds J wrote: Thu Apr 27, 2023 4:53 pm
HJA wrote: Thu Apr 27, 2023 2:46 pm Hi Philip/Chris,

Kan ek by julle kers op steek oor die 303 herlaai.

Dankie vir almal se insete.

Henk
...

Om te kompenseer vir die rek-aksie voeg ons n rubberring of soldeerdraatjie om die dop, dan sit die gevormde dop stywer in die kamer.
Die 303 (Lee Enfield) het eintlik 3 probleme:

1. Te veel kopspasie. Dis hier waar die O-ring of soldeerdraad kan help. Jy kan ook die grendelkop vervang om kopspasie reg te stel.
2. Te groot kamer. Gebruik Lee Collet Neck sizer matrys of draai jou vollengte matrys so 2 draaie uit. Die nek matrys is die beter opsie.
3. Elastiese aksie met sluitnokke agter. Die enigste raad is om jou ladings matig te hou. Bly so na as moontlik aan die aanbevole begin lading. Hoe meer druk (en gevolglik spoed) hoe meer rek die aksie en daarmee saam die doppe.

Re: 303 doppe herwin

Posted: Thu Apr 27, 2023 9:43 pm
by tripodmvr
Die 3 probleme wat Alwin bo noem was juis wat die 303 'n uitmuntende oorlogwapen gemaak het. In die eerste wereldoorlog het dit bly funksionier in die nat en modderige toestande in die loopgrawe. Selfs met gemors op die patrone kon dit kamer en skiet, die hoofdoel van so weermaggeweer. Omdat die doppe nie herlaai is nie, was die groot kopspasie en ruim kamers nie 'n probleem nie. Die minder rigiede aksie was sterk genoeg al het dit die rek van die dop vererger.

Om nou die doplewe te verleng moet die stappe soos bo gevolg word. Sterkte met jou herlaai.