Lee Challenger Press vs Redding The Boss

Post Reply
User avatar
Giepie
Hero Member
Hero Member
Posts: 1543
Joined: Mon Jul 23, 2012 11:27 pm

Lee Challenger Press vs Redding The Boss

Post by Giepie »

Ek gebruik nou al vir 10 jaar met my Lee Challenger press wat ek as deel van die kit gekoop het en is eintlik nog baie tevrede daarmee, maar na 'n artikel wat ek gelees het lyk dit of dit 'n ok press is, maar dat mens nie baie akkurate ammo kan laai nie. Nou begin ek juk, maar begroting is maar 'n faktor, mammie ook. Ek kyk na 'n Redding The Boss as 'n moontlike vervanging. Dit is nie die Big Boss of Big Boss II nie, maar hulle kleiner boetie.

Wie het so 'n Boss, hoe ervaar julle dit? Hoe vergelyk dit met die Lee Challenger?
'n Slim man leer uit sy foute, 'n Wyse mens leer uit ander se foute.
Alwin
Hero Member
Hero Member
Posts: 1875
Joined: Sun Aug 04, 2013 9:17 pm

Re: Lee Challenger Press vs Redding The Boss

Post by Alwin »

Kyk ook na LEE se Classic Cast pers. Hy is lekker sterk (en swaar ook) en het 'n groot venster met omtrent 100mm se slag. Groot genoeg vir die meeste Magnum tipe geweerkalibers. Hy is nogal skaflik geprys.

Die probleem met die Lee Challenger is die feit dat die raam van aluminium gemaak is. Die maak dat hy meer veerkragtig is. Ek glo nie dit affekteer akkuraatheid meetbaar nie, maar dit hang seker af van hoeveel akkuraatheid en-of presisie jy benodig.

viewtopic.php?t=87984
JF123
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 457
Joined: Fri May 17, 2019 5:52 pm

Re: Lee Challenger Press vs Redding The Boss

Post by JF123 »

Gewoonlik die wat vir jou sê dat jy nie akkurate ammo op ń Lee press kan laai nie het of ń press om aan jou te verkoop of is self so gevang. Stuur vir ons ń link na daardie artikel asseblief.

Behalwe dat die raam gietyster is, is die Boss maar dieselde as die Lee. Die opening is eintlik so 1/2 duim kleiner en, soos genoem, is die raam nie so buigsaam soos die Lee nie. Net soos die Lee gooi die Boss ook maar slagdoppies op die vloer en jy kry ook die stof op die ram wat jy gereeld moet skoonmaak om slytasie te vermy.

Jy kan nie verkeerd gaan deur een te koop nie, maar as jy wil opgradeer is die Boss nie veel van ń sprong verby die Lee nie.
User avatar
LoopSoosStroop
Hero Member
Hero Member
Posts: 1843
Joined: Wed Apr 15, 2015 9:31 am

Re: Lee Challenger Press vs Redding The Boss

Post by LoopSoosStroop »

Ek dink jou matryse gaan 'n groter effek he as die pers self. Mens sal baie metings moet doen om te bepaal watter pers laai die "akkuraatste". Die Classic Cast is wel 'n uitstekende pers en ek sal nie omgee vir een nie.
Pieter van Deventer
Blok Engineering
User avatar
Giepie
Hero Member
Hero Member
Posts: 1543
Joined: Mon Jul 23, 2012 11:27 pm

Re: Lee Challenger Press vs Redding The Boss

Post by Giepie »

Dankie vir die reaksies. Ek het met 'n bekende in die herlaai bedryf gepraat en hy sê beter dies sal 'n groter verskil maak, en vir tot op 500m se skiet gaan daar nie 'n verskil wees nie. Die geweer en die drywer ins die grootste verskil.

So my gejuk is vir eers weg, sal daai geld eerder aan koeëls en kruit spandeer. ;D
'n Slim man leer uit sy foute, 'n Wyse mens leer uit ander se foute.
Braveheart
Newbie
Newbie
Posts: 25
Joined: Thu Mar 23, 2023 8:48 am

Re: Lee Challenger Press vs Redding The Boss

Post by Braveheart »

Wyse besluit Giepie. Die press gee net die aksie om die dop in die matrys te kry. Die matrys en sy afmetings maak die verskil aan die dop. Dis waarom dit altyd die moeite werk is om van die begin die beste matryse te kan koop wat jy kan bekostig. Daar is 'n rede waarom kompitisie matryse baie duurder is as 'n gewone std matrys.
HeinM
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 497
Joined: Sun Feb 07, 2021 4:54 pm

Re: Lee Challenger Press vs Redding The Boss

Post by HeinM »

Braveheart wrote: Fri Apr 21, 2023 1:06 pm Wyse besluit Giepie. Die press gee net die aksie om die dop in die matrys te kry. Die matrys en sy afmetings maak die verskil aan die dop. Dis waarom dit altyd die moeite werk is om van die begin die beste matryse te kan koop wat jy kan bekostig. Daar is 'n rede waarom kompitisie matryse baie duurder is as 'n gewone std matrys.
Seker as jy ernstig kompetisies skiet met 'n pasmaak geweer. Vir jag en veldskiet is Lee dies heel fine... Ek weet van baie manne wat kompetisiematryse gekoop het, net om dit later weg te pak en weer die ou cheapies uit te haal... Die foute met matryse is die persoon wat dit opstel. Punt. Spaar daardie geld om lood in die lug te hou.

Mooi naweek almal!
Braveheart
Newbie
Newbie
Posts: 25
Joined: Thu Mar 23, 2023 8:48 am

Re: Lee Challenger Press vs Redding The Boss

Post by Braveheart »

Stem saam Hein. Jy kan met PMP punte ook jag en veldskiet doen. Geen probleem daarmee nie. 2" groepe is reg op 200m vir die gemiddelde jagter.
Die ou wat ietsie meer soek sal egter kyk na spesifikasies wat toerusting betref en sal die top manne nadoen. Skiet en jag het egter 'n toerusting sport geword waar skuts heeltyd wil verbeter. As dit nie so was nie het ons almal net een geweer gehad. Die eindresultaat bly egter dat jy dit moet geniet wat jy doen sonder om jou sak te breek.
JF123
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 457
Joined: Fri May 17, 2019 5:52 pm

Re: Lee Challenger Press vs Redding The Boss

Post by JF123 »

Dit is waar die probleem gewoonlik insluip. Lyman en Hornady se bemarking is goed. Om herlaai toerusting te verander sal gewoonlik nie ń 2 MOA groep verander na 1/2 MOA nie. Vir so verbetering moet jy kyk na "brass, bullets, barrels, practice". Wanneer jy aan die top manne se hakke is in kompetisie kan dit dalk miskien help. Dit nou daar gelaat.

Daar is ander redes om ń press en/of matryse te verander. Na ek ń Forster Co-ax gebruik het sal ek nie sommer weer vrywillig enige ander press gebruik nie. Die lewe is te kort om nie iets wat beter voel te gebruik nie.
Alwin
Hero Member
Hero Member
Posts: 1875
Joined: Sun Aug 04, 2013 9:17 pm

Re: Lee Challenger Press vs Redding The Boss

Post by Alwin »

So oor die algemeen: As jy nie kan meet watter verskil die "beter, duurder" toerusting aan jou presisie maak nie, dan gaan jy my baie moeilik oortuig dat dit enige voordele het.

Gewoonlik maak jou metodiek die grootste verskil.
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13583
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Lee Challenger Press vs Redding The Boss

Post by Capt. Yoda »

Daai manne met die 30k presse is seker nou jammer hulle het nie net beter DIEs gekoop nie
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
Alwin
Hero Member
Hero Member
Posts: 1875
Joined: Sun Aug 04, 2013 9:17 pm

Re: Lee Challenger Press vs Redding The Boss

Post by Alwin »

Capt. Oblivious wrote: Fri Apr 28, 2023 9:33 am Daai manne met die 30k presse is seker nou jammer hulle het nie net beter DIEs gekoop nie
Mens sou hoop hulle het wel.

Dink jou in, iemand koop 'n R30k pers en skroef 'n Lyman FL sizer in hom in... :o
Post Reply