Page 1 of 1

Windkrag

Posted: Fri Feb 10, 2012 9:21 pm
by jakesvv
Wie van die forum manne het windkrag op hulle plase.is dit effektief,en duur om op te sit en te onderhou.
Watse ander metodes is daar behalwe die duur sskom wat altyd af is.

Re: Windkrag

Posted: Fri Feb 10, 2012 9:33 pm
by Jakkalsgat
JakesĀ 

Die duur deel van son en windkrag is die batterye aangesien hulle nie vir altyd hou nie en wat dit erger maak is dat jy diep siklus batterye moet koop wat nog duurder as gewone batterye is. Ek weet nie of daar 'n 100% alternatief is vir eksdom nie maar jy kan goed soos geyser doen met sonpanele, stoof vervang met gas, dit werk in elk geval beter. Dit hang maar af van wat jou behoefte is. Ek persoonlik dink mens moet eerder net 'n backup kry vir eksdom. Ek het 'n maat wat op Verkeerdevlei bly en dit by hom in sy huis geinstalleer het met die uitsluitlike doel om van die munisipaliteit ontslae te raak en die panele met batterye het hom hier by die R 80k gekos.

Hoop dit help

Groete
Jaco

Re: Windkrag

Posted: Sat Feb 11, 2012 5:49 pm
by 222
Jakesvv

pm vir Pittsmit op die forum hy werk met daai goete en sal jou baie goeie raad kan gee. Hy verkoop nie die produkte nie maar sal jou n baie goeie raad kan gee en die moets en moenies kan vertel

Re: Windkrag

Posted: Sun Feb 12, 2012 9:03 am
by cassie_calvinia
maat
ons het net wind, son, en lister krag... dit is maar duur om op te sit, maar, as dit op is, is jou kop deur. ons het 'n 1kw windlaaier. maar persoonlik , as ons nou weer als oordoen, sal ek eerder meer sonpanele opsit as 'n windlaaier. die wind moet omtrent 15-20km/h waai voor hy regtig iets beteken. dan laai hy so 20 amp. waar sons sonpanele 30amp laai, deur die dag. ja, daar is die bewolkte dae, maar, ons in calvinia, so dit nie baie. die windlaaier bring wel nou en dan meer as sy kant, maar vir die geld, dink ek sonpanele beter. songeaser werk uitstekend...pasop net vir die modele waar die pype in die tenk insteek. die water raak te warm, en dan perish die o-rings en als begin lek. vat die 1 wat die pype los van tenk is. jy gaan die songeaser 90%van die jaar gebruik.
mooi loop

Re: Windkrag

Posted: Sun Feb 12, 2012 10:41 am
by Francois Marais
Jakesvv

Ek het ook al so bietjie uitgevind, klink my vir so om en by die R100 000 kan jy n sisteem opsit wat jy basies vir 24 uur per dag 220V krag in jou huis het met alles wat moet werk........weet sonkrag raak by die dag goedkoper, sonpanele en chargers en die goete se pryse kom deurentyd af......

Mooi loop
Francois

Re: Windkrag

Posted: Sun Feb 12, 2012 4:28 pm
by DSBW
Jakes

Ek het twee jaar gelede 'n volledige sonkrag stelsel by my op die plaas opgesit. Totale koste het R 120 000-00 beloop. As ek dit vandag moes doen, sou dieselfde stelsel my R95 000-00 gekos het, ek weet, want my buurman het dit onlangs gedoen. Sonkrag is by verre die oplossing vir die toekoms in ons deel van die wereld. Biljoene Rande se navorsing gaan tans daarin, en by die dag kom daar vervaardigers by wat komponente vervaardig.

Panele koop jy teen 'n R per Watt prys, huidiglik koop jy A-graag panele vir so R18-00 per Watt, B graad vir so R13-15. Jou omsetter vir normale huishouding sal aan die orde van R13000-R20000 kos, afhangende van die grootte. (minimum 4 Kva vir huishouding). Batterye is die duur komponent, 'n 1000 A/h stel sal jou R50000 tot R60 000 nuut kos (goeie kwaliteit, swakker Chinese modelle goedkoper), as jy nuut koop, goeie 2de handse stelle is baie goedkoper, maar skaars.

Ek het na 4 verskillende plase gaan kyk voor ek gekoop het, die oudste stelsel is 21 jaar oud, die jongste 9 jaar. Die oudste stelsel het al 1 keer batterye vervang, die een wat 14 jaar oud was was in die proses om batterye te vervang, die ander twee het nog niks vervang nie (dit was twee jaar gelede).

My stelsel is nog te nuut om oor betroubaarheid en leeftyd te praat, maar dit werk briljant. Teen huidige pryse vir permanente krag by ons is my stelsel oor twee jaar betaal (4 jaar in totaal). Daar is niks wat ek nie kan doen op die plaas nie, dag of nag, alhoewel ek moes afstand doen van my dorps vrieskaste en yskaste. Jy kan hulle gebruik, maar dan moes ek my stelsel groter maak, aangesien die tipe kaste swaar op krag is. Ek het egter van die nuwe generasie kaste aangeskaf (Bosch, Kelvinator, Ardo en ander maak hulle), en daar is geen probleem nie.

Windlaaiers het ook al 'n pad gekom, maar is duur in terme van R/Watt, met 'n beperkte opwekkings vermoe en heelwat meganiese komponente wat vinnig slytasie opdoen, dus onderhoud vereis. 'n Windlaaier werk egter uitstekend as 'n addisionele bron van opwekking bykomend tot 'n son stelsel.

Dis maar my ondervinding, sonkrag al die pad, gaan nie sommer oortuig word van iets anders nie.

Groete

Kat

Re: Windkrag

Posted: Sun Feb 12, 2012 5:52 pm
by wlm
Jakes
Ek sien die manne antwoord jou sommer lekker met feite en nie net hoorse-stories nie. My 2 sent: Moenie lap en plak nie, bepaal jou behoefte en kry 'n kundige om jou stelsel te ontwerp sodat jou stelsel soomloos aan jou behoefte voldoen. Die verbruik,kraglewering en stoorkapasiteit moet met mekaar in verhouding wees. Dit sal 'n lang leeftyd vir jou batterye verseker wat die duur komponent van jou stelsel is.

Re: Windkrag

Posted: Sun Feb 12, 2012 6:29 pm
by PITSMIT
dagse jakes vv

die manne het jou al redelik met goeie raad voorsien

ek se altyd vd manne jy moet kies of jy n beetletjie of n mercedes wil ry

WLM het jou reg ge antwoord deur te s? jy moet eers jou totale gemiddelde krag gebruik per dag te bepaal en daarvolgens dan jou stelsel te beplan

sonpanele en batterye met n omsetter gaan beter werk as n windlaaier tensy jy op n plek bly waar wind nogal gereeld waai

die nadeel van windlaaiers is dat hulle nogal baie geraas genereer as hulle rerig laat loop in die wind en word gewoonlik vir plase of kleinhoewes aanbeveel waar geraas nie bure gaan pla nie

jy moet se waar die stelsel benodig gaan word want hier in port elizabeth is n besigheid wat ons goed ken en wat spesialiseer in die regte en beste panele en omsetters

my aanbeveling is shell of bp panele , sonnenschein batterye ( diepsiklus en maintanance free) en outback reguleerders en omsetters

pm my as jy nog raad soek want ons gebruik verskeie stelsels in my werk op ho?liggings vir radio kommunikasie

groete
pitsmit

Re: Windkrag

Posted: Sun Feb 12, 2012 7:37 pm
by Henk100
Skakel my of PM my.
Ek sal jou virĀ  uitwerk wat jy nodig het, Dit sal net nodigste wees.

Re: Windkrag

Posted: Mon Feb 13, 2012 6:03 am
by cassie_calvinia
die mense op die forum is regtig besonders