Page 1 of 1

Kudu bulle

Posted: Mon Apr 17, 2023 10:15 am
by RUPERT
More manne

Ek het gedink die kan nou n lekker ondrwerp wees en baie kan hieruit leer. En ja ek is hier vir die raad want ek is nie bang
om vrae tevra nie en dink ook nie ek is te oud om te leer nie.

Ek gaan die jaar na n nuwe plaas ( 30Km buite Alldays) toe wat ek nog nooit op was nie. Daar loop glo n paar mooi kudu bulle daar wat vir ons beskore is.
Nou vir die manne wat dit nou al gedoen het watse raad sal julle nou vir n man gee wat dit nou moet gaan doen. hoe gaan soek of jag
ek daai bul?

Bietjie meer oor die plaas. Die plaas wort nie meer regtig gebruik vir jag nie want hulle is besig om die plaas te draai in n bees plaas. Soos ek verstaan kan mens nog hier en daar ry maar die plek is glo redelik ruig en paaie toe gegrooi .

Ek luister en se dankie vir die kennis
Rupert

Re: Kudu bulle

Posted: Mon Apr 17, 2023 10:35 am
by Eduard Venter
Die koedoebulle begin nou lekker woelig raak tussen die koeie. Soek die koeie en jy sal die bulle daar kry. Kyk maar mooi, hulle kamoefleer goed, staan dikwels diep in 'n bos terwyl die koeie maklik sigbaar is. Binne die volgende maand behoort jou beste kans te wees hierdie jaar om 'n lekker bul te kry.

Sent from my SM-G973F using Tapatalk


Re: Kudu bulle

Posted: Mon Apr 17, 2023 10:42 am
by Frederik
As jy stap en jag word groot koedoe bul vir jou gegee.
Mei, Junie en Julie is die beste maande want dan het hulle baklei en koeie in die kop.
Hulle bly skelm partykeer sal die koeie en jong bulle weghardloop en dan sal hulle net agterbly en wegkruip.

Re: Kudu bulle

Posted: Mon Apr 17, 2023 10:58 am
by Toyrsi
Beweeg stadig en stop gereeld en luister.
As bos baie dig is sal ek tot hurk om laer te kom waar mens dalk onderdeur kan sien.
Hulle kan baie skelm wees en reg voor jou doodstil staan in n bos waar die res meer oop staan en sal weghardloop.

Re: Kudu bulle

Posted: Mon Apr 17, 2023 12:01 pm
by tripodmvr
1. Hou wind fyn dop
2. Dra skoene wat jou baie stil kan laat loop
3. Toyrsi se stadig beweeg en lang rukke stilstaan/sit
4. Soek vroegoggend en laat middag.
5. Gebruik hoë uitsigpunte en soek met verkyker.
6. In rante- of bergwereld sal die bokke vroegoggend teen die noordelike hange staan om son te kry.
7. Kudus drink soms teen die middel van die dag, afhamgende van jagdruk.

Hoop jy kry jou mooi bul.

Re: Kudu bulle

Posted: Mon Apr 17, 2023 12:04 pm
by Capt. Yoda
Nartjies
Soutblok
Spotlight

Soos die manne al gese het as jy die koeie kry is die kans goed laat die bul nie ver agter hulle gaan wees nie so jy kan n ruk lank stil staan/sit en kyk of daai ou skelem grys bul nie sy gesig wil wys nie

Re: Kudu bulle

Posted: Mon Apr 17, 2023 6:30 pm
by Thunderhead
Groot bul trap n groot spoor. Loop tot jy n vars groot spoor kry dan vat jy hom een van die opwindendste maniere om bul te jag.

Re: Kudu bulle

Posted: Mon Apr 17, 2023 8:37 pm
by tripodmvr
Dalk is daar van julle wat die volgende storie uit SA Jagter tydskrifte onthou. Die jag het by Swartwater plaasgevind en die bos was baie ruig. Elke keer as die jagters die kudus kry het hulle bloot 'n ent weggehardloop en dit het aaneen gebeur. Hulle kry toe raad wat behels het dat hulle agter die vlugtende bokke moet aanhardloop sodra hulle vlug. Hulle het die raad gevolg en skielik op die trop afgekom wat gaan staan het. Met vinnige herlaai kon hulle meer as een platkry.

Die suksesstorie is opgevolg op ander jagte en het elke keer gewerk. Nuwe klere en baie roompies vir die krapmerke was egter benodig. Dit klink ook soos 'n tegniek vir die jonger manne.

Re: Kudu bulle

Posted: Tue Apr 18, 2023 5:31 am
by Jassie
Hehehe

Ek sien nou vir Marius agter daai kudu's aan hardloop... wat 'n pyn gedagte

Re: Kudu bulle

Posted: Tue Apr 18, 2023 6:30 am
by tripodmvr
Jassie wrote: Tue Apr 18, 2023 5:31 am Hehehe

Ek sien nou vir Marius agter daai kudu's aan hardloop... wat 'n pyn gedagte
Jas, ek sal jou hulp kry om voor te hardloop.

Kudu bulle

Posted: Wed Apr 19, 2023 2:08 am
by Pappabeer
Jy moet maar vroeg opstaan en jou sit kry op n koppie en hulle met die verkykyer soek. Dan as die son uit is stadig beweeg en die sonkant van die hange dophou. As daar nie berge is nie, en jy jag bv mopanieveld, loop stadig. Stop gereeld en luister. Sit by tye en kyk.

Onthou. N kombuis bul se vleis is topklas, maar as jy een vir die muur soek soek jy n ou bul, grys nek van haarverlies, diep krulle met die eerse krul verby die oor, en punte wat na bo of uit wys. Ek gee sommer n paar voorbeelde op my foon :
Image
n vriend se bulle wat ek skedels gebleik het. Die verkil tussen 51” en 58”.


Image
n 51” bul uit die Karasberge. Sy tande was op en sy hoewe lank uitgegroei. Dit was sy tyd. N ware trofee

Image
n Tiepiese kombuisbul uit namibië. Hulle word geskiet vir prima vleis.

Image
Nog n Ooskaap kombuisbul wat voor die 6,5x55 geval het. Saam met die legende homself. Oom Taffie (Tafjak) en Petrie en Henk.

Image
N tipiese laaste uur trofee. Ons het vier dae kliphsrd gejag vir Ben se koedoe en skemer die 48” bul geskiet. Ek was angstig of hy tevrede sou wees, maar hy was in ekstase!

Image
Nog n klient het die bul agter n troppie koele betrap. Die 7x57 met 160gr partitions was genoeg om hom op 170m te last val met n perfekte hartskoot. 50&1/2”

Image
Ausie klient het die mooi bul geskiet in Memoth. Hy het groter gelyk, maar 49” gemeet. Gegewe sy genetika en ouderdom sou hy nie veel groter geword het nie.

Image
Noorwiër het hierdie mooi ou bul in Utrecht se berge geskiet. 10:00 toe son hy homself nog. Hy was 51” en gemeet aan sy tande het hy dalk twee jaar oor gehad. Vidar het hom het n uitstekende skoot op 380m oor die 4-Stable sticks geskiet center deur die bors. Dit was n moer lang uitdra!!!

Image
Selfe 58” horings. Weie eerste draai verby oor, diep vêrdere draai en lang punte na bo. Perfekte trofee.

Image
Die bul het ek self geskiet. 53” en 200kg. Vir my die droom trofee. Vrylopend, horings met dik basisse, wat na buite wys en afgewerk is. Tande ook op laaste seisoen.

Image
47” bul. Hy is misleidend agv die wye, maar vlak draaie. Ek het nie n foto op my foon van toe ek hom geskiet het nie. Oor 2-3 jaar sou hy 54-55” wees.

Re: Kudu bulle

Posted: Wed Apr 19, 2023 7:19 am
by Gerhardu
Baie mooi bulle Pappabeer.

My raad is gaan vra vir Jurgens. Hy het ander dag n 150Kg bul geskiet. Hy moet maar kom vertel en n foto opsit.

Re: Kudu bulle

Posted: Wed Apr 19, 2023 7:40 am
by tau
Frederik wrote: Mon Apr 17, 2023 10:42 am As jy stap en jag word groot koedoe bul vir jou gegee.
Ek stem.

Ek wei al die laaste 10 jaar my oopsisier jag aan Kudu bulle. Ek het nogsteeds nie my monster geskiet nie.

By Nico Harris en Melmoth en die Karasberge of die Noorsveld, eending bly konstant die groot bulle bly skelm!!!

Ek kon al by my groot bulle op langer afstande skiet met die teleskoop roer, maar dit voel nie vir my reg nie.

Min dinge so lekker soos vroegdag in die veld oopvisier roer en jy stap sos sag moontlik dat jy later selfs jou hartklop hoor. Jy is die sbeste Kudu jagter in die Wêreld tot 'n Groot bul vir jou blaf uit die stilte hier langs jou... dan besef jy weereens wie is eintlik baas.

Re: Kudu bulle

Posted: Wed Apr 19, 2023 9:51 am
by Koos Barnard
Dagsê
Die manne het almal al goeie raad gegee. Ek sluit net aan by die stadig stap en kort-kort stop. Sommige mense het al vir my gesê hulle het tot 20km per dag agter koedoes aan gestap en niks gesien nie. Indien hulle werklik so ver gestap het (veral in ruie, plat veld), het hulle hopeloos te vinnig beweeg en gevolglik te veel geraas gemaak - dan sal jy niks sien nie. Dit is maar menslik om as jy stadig beweeg en jy binne die eerste uur of twee niks sien nie, dan te wil aandruk. Onderdruk daardie gevoel en bly stadig beweeg. Dit is natuurlik belangrik om te soek waar die koedoes is. Kyk vir spore en kos wat hulle normaalweg eet.
Mooi loop

Re: Kudu bulle

Posted: Wed Apr 19, 2023 2:39 pm
by ruaanb
Ek het al gesien hoe n bul in n Baie ruie bos 20m van die bakkie af stil staan en dit net sy oor se beweging vir n vlieg hom weggegee het. Die bul lewe nog.

Re: Kudu bulle

Posted: Wed Apr 19, 2023 2:59 pm
by tripodmvr
Jare gelede naby Jansenville gejag waar die aanjaag metode in klowe gebruik word. Een van die aanjaers het vertel van 'n bul wat plat tussen die bosse gaan lê het sodat hy na agter kon vlug sodra hulle verby is. Ander breek na agter deur en hier kan jy gelukkig wees as jy agter die aanjaers loop. Ek het self so 'n bul platgetrek.

Re: Kudu bulle

Posted: Wed Apr 19, 2023 3:12 pm
by Stef1274
Koos Barnard wrote: Wed Apr 19, 2023 9:51 am Dagsê
Die manne het almal al goeie raad gegee. Ek sluit net aan by die stadig stap en kort-kort stop. Sommige mense het al vir my gesê hulle het tot 20km per dag agter koedoes aan gestap en niks gesien nie. Indien hulle werklik so ver gestap het (veral in ruie, plat veld), het hulle hopeloos te vinnig beweeg en gevolglik te veel geraas gemaak - dan sal jy niks sien nie. Dit is maar menslik om as jy stadig beweeg en jy binne die eerste uur of twee niks sien nie, dan te wil aandruk. Onderdruk daardie gevoel en bly stadig beweeg. Dit is natuurlik belangrik om te soek waar die koedoes is. Kyk vir spore en kos wat hulle normaalweg eet.
Mooi loop
Hierdie is 100%.

Onthou elke dag is jagdag, maar elke dag is nie skietdag nie. Sorg dat jy die blote ure in die veld kry. Moenie Sondag leeg terugkom en spyt wees jy het in die kamp gesit nie. Ek het al koedoebulle in die middel van die dag gekry waar hulle nie moet wees nie. Wees in die veld, wees wakker, wees geduldig.

En die wind. Dis nie maar net een van die tips nie. Dis 'n dealbreaker. As jy windop van 'n bul is guarantee ek jy sal hom nie kry nie. Jy sal hom 1km ver hoor blaf soos hy jou ruik.

Wat ook baie help vroeg en laat is om met die son agter jou te loop. Het al koedoes baie dom sien optree as die son in hulle oë is.

My proses sou wees - hoor by die boer waar hulle die bulle of die spore gereeld/onlangs gekry het. Bepaal van watter rigting af sal beide sonrigting en windrigting gee. Begin so 2 uur se stap weg van die target area af. Gaan in die veld so 30min-1uur na sonop. Loop 1km per uur. Stop baaaie, en luister mooi.

As jy uit die veld moet kom, maak dit tussen 11 en 2. Kom weer terug in die veld.

Kyk om nie ander wild, of goed soos fisante, op te jaag nie. Hulle geraas tip die koedoes af. Loop wye draaie om kwêvoëls.

Kyk of jy met jou oog en jou teleskoop nog tot 6uur in die middel van die winter kan skiet. Dis golden hour daai.

O en nog een - as jy 'n bul sien, moenie dadelik net skiet nie. Die groter een staan baie keer net 'n entjie weg. Maar partykeer ook nie. Dis maar moeilik.

Re: Kudu bulle

Posted: Sun Apr 23, 2023 11:56 am
by Dolf014
Moet ook nie kieskeurig wees nie. Vat wat die veld jou aanbied.

Gister oggend half8 sit ek op n koppie en wys vir die jagter 5 verskillende koedoe bulle. DIe naaste een was 210m en bied n oop skoot aand.

Maar nee; hy soek die bul met die diep draaie wat op 300m nou net in die bos verdwyn het.

Teen die einde van die dag het hy net 1 skoot geskiet.............................op n bobbejaan mannetjie

Re: Kudu bulle

Posted: Mon Apr 24, 2023 8:24 am
by FrancoisW
Dolf014 wrote: Sun Apr 23, 2023 11:56 am Moet ook nie kieskeurig wees nie. Vat wat die veld jou aanbied.

Gister oggend half8 sit ek op n koppie en wys vir die jagter 5 verskillende koedoe bulle. DIe naaste een was 210m en bied n oop skoot aand.

Maar nee; hy soek die bul met die diep draaie wat op 300m nou net in die bos verdwyn het.

Teen die einde van die dag het hy net 1 skoot geskiet.............................op n bobbejaan mannetjie
Ek stem saam op die een. Ek het laas jaar die plan gehad om 'n koedoe bul met my 375 oop visier te skiet. Dag 2 is ek agter iemand se kwes Gemsbok aan en vat toe die 308 met teleskoop. Loop lekker stadig en soek vir Gemsbok troppe om hulle deur te kyk want die veld is lekker dig in Dwaalboom. Loop in 3 baie mooi koedoe bulle vas. Hulle weet nie van my nie en hulle staan op niks meer as 50 tree nie. Geweer is op skietstok en ek kyk hulle mooi deur. Besluit om nie te skiet nie want ek wil mos met 375 oop visier skiet. Vandag nog spook daai bulle by my!