Page 1 of 2
308 Geskeurde nekke
Posted: Sun Apr 16, 2023 6:26 pm
by Zane de Beer
Naand almal.
Ek het gister die eerste keer gesien dat 4 doppe op een dag nekke skeur. Een dop se nek is heeltemaal af
Dis in my vrou se .308 wat gelaai is met 180gn Norma Oryx punte, 42.3gn Varget @ 2495fps.
Die doppe is Normas en is tussen 2 en 3 keer gelaai. Word elke keer deur 'n standaard Redding FL matrys gedruk.
Kan dit wees dat die doppe net eenvoudig hard uit die pakkie gekom het, en dat hulle nou te hard is?
308 Norma.jpg
Re: 308 Geskeurde nekke
Posted: Sun Apr 16, 2023 7:06 pm
by Giepie
Hulle was te hard, moes anneal geword het, nou pas dieselfde met gebruikte doppe vir my 30-06 gehad. Al my "ou" doppe gaan nou anneal word, ook na elke 2 skote.
Re: 308 Geskeurde nekke
Posted: Sun Apr 16, 2023 11:46 pm
by Ds J
Is verharde materiaal die enigste rede waarom doppe so skeur?
Re: 308 Geskeurde nekke
Posted: Mon Apr 17, 2023 6:27 am
by Capt. Yoda
Hulle maak so as die kamer/nek area groot is ook. As jy n dop se nekwand te dun sny en hy moet te veel werk as hy uitsit kry jy dit ook
Re: 308 Geskeurde nekke
Posted: Mon Apr 17, 2023 6:56 am
by Rudi Fischer
Ek het gewonder of die doppe dalk nie te lank was nie en vas geknyp was deur die rifling.
Die bekke lyk rond amper soos n rol crimp.
Re: 308 Geskeurde nekke
Posted: Mon Apr 17, 2023 7:52 am
by Zane de Beer
Dankie vir al die insette manne.
Rudi, na ons gesprek giseraand het ek al die oorblywende doppe gemeet wat ons nie geskiet het nie, hulle is almal 2.005", die wat geskiet is meet so 2.014" (rek tussen 0.008 en 0.009")
Die nek wat af is is verseker rond voor op die bek, kan dit baie duidelik sien. Die geskeurde dop is ook rond op die deel wat "los" is, die nek wat nog vas is meet 2.015" in lengte.
Die nekwande is gladnie deur my gesny nie, en is soos ons dit uit die pakkie gekry het.
Re: 308 Geskeurde nekke
Posted: Mon Apr 17, 2023 7:56 am
by Capt. Yoda
Meet bq n dop se nek se OD na jy hom gesize het en dan ook een wat jy klaar geksiet het
Re: 308 Geskeurde nekke
Posted: Mon Apr 17, 2023 8:23 am
by Zane de Beer
Capt. Oblivious wrote: Mon Apr 17, 2023 7:56 am
Meet bq n dop se nek se OD na jy hom gesize het en dan ook een wat jy klaar geksiet het
Ek sal hulle meet sodra ek by die huis is vanmiddag.
Re: 308 Geskeurde nekke
Posted: Mon Apr 17, 2023 8:40 am
by JF123
Kyk ook bietjie na jou sizing. Verlenging van 0.008" wys na kopspasie probleem. Dalk druk jy die skouer te vêr terug?
Re: 308 Geskeurde nekke
Posted: Mon Apr 17, 2023 8:49 am
by Lategan1
Ditto, die riglyn is .006” vir maks kopspasie.
Kyk ook vir blink ring voor die rim, aanduiding van headspace probleem.
Beste.
Re: 308 Geskeurde nekke
Posted: Mon Apr 17, 2023 8:51 am
by Zane de Beer
Dankie manne, ek sal die ook meet vanmiddag, tans druk ek alles terug na die standaard .308 spec toe.
Re: 308 Geskeurde nekke
Posted: Mon Apr 17, 2023 6:23 pm
by Zane de Beer
Naand almal,
Data soos gevra:
Nek OD voor skiet : 8.71mm / 0.331"
Nek OD na skiet: 8.71mm / 0.343"
Verskil: 0.30mm / 0.012"
Skouer voor skiet = 41.13mm / 1.619"
Skouer na skiet = 41.37mm / 1.628" (min 41.34, max 41.42)
Verskil = 0.24mm / 0.009
Re: 308 Geskeurde nekke
Posted: Mon Apr 17, 2023 6:51 pm
by Lategan1
Zane, zero jou vernier op geskiete dop in jou roer se skouer indeks met comparator. Meet min. 3 doppe so.
Stel Fullsize geleidelik dieper totdat jy by konstante -0.003”(of -.004) kom na vorming. Draai vas, druk weer 3 en bevestig lesing. Dan het jy .003 headspace.
Eric Corrina het youtube daaroor. Dit werk.
Beste.
Re: 308 Geskeurde nekke
Posted: Mon Apr 17, 2023 8:27 pm
by tripodmvr
Die getal vir kopspasie wat in my kop vassteek is doppe met maksimum 0.004 duim kopspasie. Nuwe pasmaakgewere is waar 0,002 duim aanvaar word. Enigiets groter as 0,004 duim is waar die doppe begin skade kry en afskeuring begin plaasvind.
Re: 308 Geskeurde nekke
Posted: Tue Apr 18, 2023 5:40 am
by Jassie
Wat het op die linkerkantste dop net onder die skouer gebeur?
Lyk soos 'n lang skeur?
Re: 308 Geskeurde nekke
Posted: Tue Apr 18, 2023 7:58 am
by Capt. Yoda
N dop met kopspasie probleme skeer onder op die web nie somer by die nek skouer junction nie en daai 2de dop het heel anders "gekraak"weer.
Daai brass is baie bros waar hy gebreek het, ek reken Giepie het hom raak gegooi da op post 2, kan miskien n probleem met daai doppe ook wees
Re: 308 Geskeurde nekke
Posted: Tue Apr 18, 2023 8:23 am
by Zane de Beer
Jassie wrote: Tue Apr 18, 2023 5:40 am
Wat het op die linkerkantste dop net onder die skouer gebeur?
Lyk soos 'n lang skeur?
Hallo Jassie, dit is net 'n blink streep op die dop. Waar die doppe oor mekaar gly as hulle uit die magasyn stoot.
Re: 308 Geskeurde nekke
Posted: Tue Apr 18, 2023 8:47 am
by Zane de Beer
Capt. Oblivious wrote: Tue Apr 18, 2023 7:58 am
N dop met kopspasie probleme skeer onder op die web nie somer by die nek skouer junction nie en daai 2de dop het heel anders "gekraak"weer.
Daai brass is baie bros waar hy gebreek het, ek reken Giepie het hom raak gegooi da op post 2, kan miskien n probleem met daai doppe ook wees
Die ander 3 doppe het ook gekraak soos die een regs, net die een het heeltemaal afgekom soos links.
Ek leen 'n annealer by 'n vriend van ons, ek gaan Donderdag al die doppe gou anneal en sal oor die naweek kyk wat hulle maak. As hulle aanhou met dit sal ek hulle gooi en nuwe doppe kry.
Re: 308 Geskeurde nekke
Posted: Tue Apr 18, 2023 9:31 am
by JF123
Watter chemikalieë gebruik jy om die doppe so mooi blink te kry?
Re: 308 Geskeurde nekke
Posted: Tue Apr 18, 2023 11:13 am
by Zane de Beer
Hulle is deur 'n ultrasonic cleaner saam met 'n druppel Sunlight liquid en 'n knippie citric-acid poeier.
Re: 308 Geskeurde nekke
Posted: Tue Apr 18, 2023 11:25 am
by Dash431
Ek stem saam met Giepie en Cappie. Ek dink die doppe is bros.
Mbt die crimp op die nekke, reken ek die koeel sleep die afgeskeurde nek tot in die lands waar die lands dan die dop crimp soos wat die koeel loop af gaan. Dit sal dalk ook verduidelik hoekom daar net ronding van die nek is aan die kant van die dop wat geskeur het aan die een kant.
Re: 308 Geskeurde nekke
Posted: Tue Apr 18, 2023 12:48 pm
by JF123
Jare terug het ek gelees van mense wat kla dat hulle doppies kraak en breek sonder rede. PMP se bevinding was dat die doppies en patrone in dieselfde houers gestoor was as skoonmaak middels wat ammoniak bevat. "Sweets 7.62" as ek reg onthou. Waarskynlik maak ammoniak die geelkoper bros.
Ook nie so lank terug nie het ek ook gelees van koeëls wat in skoon nekke gesit word en dan vas "swys". Een van die redes hoekom mens deesdae al die doepa kry om in die nek te sit wanneer jy laai.
SAAMI se minimum vir skouer mate is 1.627" (41.32mm); maksimum is 1.634" (41.50mm). As jy die skouer terug druk na 1.619" gaan jy dalk bietjie vêr... Dalk nie die rede vir die nekke wat skeur nie, maar sal beslis die doppe se leeftyd inperk.
Re: 308 Geskeurde nekke
Posted: Tue Apr 18, 2023 1:01 pm
by Zane de Beer
JF123 wrote: Tue Apr 18, 2023 12:48 pm
Watter press en matryse gebruik jy? Ek weet met Dillon matryse, as jy dit nie reg opstel nie, kan jy die skouer te vêr terug druk. So ook as jy Lee matryse gebruik met lae-profiel "shell-holders".
Ek gebruik 'n Redding Big Boss 2 press met 'n Redding Delux FL die. Ek gebruik 'n Redding Type S micrometer seating die om die punt in te druk.
AS ek reg onthou is die skoen op die press 'n RCBS #3
Re: 308 Geskeurde nekke
Posted: Tue Apr 18, 2023 3:35 pm
by tripodmvr
Re: 308 Geskeurde nekke
Posted: Sat Apr 22, 2023 2:29 pm
by Zane de Beer
Hallo almal.
So ons Norma dop saga is nou interesant.
Ons het al die doppe geanneal, en deur die FL matrys gedruk. Skouers is 0.004” teruggedruk.
Die nekke het vandag perfek geskiet, MAAR die het vandag gebeur… ek het geen verdere vertroue in hierdie doppe nie!
Sent from my iPhone using Tapatalk