Page 1 of 1

Taai Kolf

Posted: Sun Apr 16, 2023 11:41 am
by obasch
Hoe raak ek ontslae van die taai gevoel van my Browning X-Bolt Stalker se "rubber" kolf.
Dit lyk my dit raak erger oor tyd en dit is besonder irriterendx al wat wolletjie of grassie kleef daaraan.

Re: Taai Kolf

Posted: Sun Apr 16, 2023 12:55 pm
by tripodmvr

Re: Taai Kolf

Posted: Sun Apr 16, 2023 6:01 pm
by Koos Barnard
Smeer babapoeier aan, dit werk baie goed. Myne so gered nadat ek dit by Faan de Vos geleer het.

Re: Taai Kolf

Posted: Fri Apr 21, 2023 8:10 am
by obasch
tripodmvr wrote: Sun Apr 16, 2023 12:55 pm https://youtu.be/MhyQsGZDX7I
Wat is die kans dat Browning 'n kolf sal vervang vir ienand in SA? ::)

Re: Taai Kolf

Posted: Fri Apr 21, 2023 8:13 am
by obasch
Koos Barnard wrote: Sun Apr 16, 2023 6:01 pm Smeer babapoeier aan, dit werk baie goed. Myne so gered nadat ek dit by Faan de Vos geleer het.
Die babapoeier werk! Gaan dit beteken dat ek permanent met 'n geweer gaan loop met 'n swart gepoeierde kolf en wat na baby ruik?

Re: Taai Kolf

Posted: Fri Apr 21, 2023 8:56 am
by Koos Barnard
Nee, nadat jy dit so 'n paar keer aangesmeer het, kan jy maar stop. Ek het twee jaar laas poeier aan my kolf se skopkussing gesmeer.

Re: Taai Kolf

Posted: Fri Apr 21, 2023 5:58 pm
by tripodmvr
Probeer dan voetpoeier. Sal hopelik meer manlik ruik.

Re: Taai Kolf

Posted: Fri Apr 21, 2023 7:10 pm
by Pvdw
Koos Barnard wrote: Sun Apr 16, 2023 6:01 pm Smeer babapoeier aan, dit werk baie goed. Myne so gered nadat ek dit by Faan de Vos geleer het.
Johnson & Johnson of Elizabet Anne's? Obasch sal darm nie graag wil uit wees by die ander manne langs die vuur nie ;) ;D

Babapoeier het baie gebruike. Ek gebruik dit onder andere ook om die haelkorrels wat ek drup te smeer.

Kontrakteurs gebruik dit om kabels glad te maak as hulle dit deur pype moet trêk.

Daar is egter 'n internationale beweging om van meeste babapoeier te verban a.g.v. een of ander toestand wat dit mag veroorsaak.

Re: Taai Kolf

Posted: Fri Apr 21, 2023 8:20 pm
by tripodmvr
J&J het 'n klasaksie teen hul poeier. Sien onder.

Johnson & Johnson said on Tuesday that it had agreed to pay $8.9 billion to tens of thousands of people who claimed the company's talcum powder products caused cancer, a proposal that lawyers for the plaintiffs called a “significant victory” in a legal fight that has lasted more than a decade.

Re: Taai Kolf

Posted: Fri Apr 21, 2023 8:52 pm
by EtienneA
Ek het unscented talk gebruik. Koop dit by die apteek. Dit het ook gewerk vir 'n verkyker wat taai geraak het van te lank in die kas lê.