Page 1 of 1
Jagligte
Posted: Thu Apr 13, 2023 7:39 pm
by pietskiet
Hallo aan al die groot jakkalsjagters
Watse lig is deesdae die beste om te koop?
Ek het nog n ou Lightforce halogeen lig, maar wonder of van die nuwe LED modelle nie al beter werk nie?
Enige insette sal waardeer word
Thanks!
Re: Jagligte
Posted: Thu Apr 13, 2023 7:48 pm
by Geno
Lightforce halogeen ligte is maar steeds die beste in my opinie. Die 240mm met 'n vars bulb wat reg opgestel is skyn bitter goed
Re: Jagligte
Posted: Fri Apr 14, 2023 9:13 am
by pietskiet
Thanks Geno. Ek gaan dan eers net n nuwe bulb koop en kyk of dit nie n verskil maak nie
Re: Jagligte
Posted: Fri Apr 14, 2023 9:35 am
by musgrave270
Sonder om die draad te hi jack, is daar n manier om die binnekant van so lightforce lig se kop skoon te maak? Myne het eendag los gedraai op slegte pad en af geval, het toe stof binne gekry.
Sent from my YAL-L21 using Tapatalk
Re: Jagligte
Posted: Fri Apr 14, 2023 10:20 am
by Geno
musgrave270 wrote: Fri Apr 14, 2023 9:35 am
Sonder om die draad te hi jack, is daar n manier om die binnekant van so lightforce lig se kop skoon te maak? Myne het eendag los gedraai op slegte pad en af geval, het toe stof binne gekry.
Sent from my YAL-L21 using Tapatalk
As jy aan hom vat is hy so goed soos stukkend. Ek sou met wind hom skoon blaas so goed en kan en net los
Re: Jagligte
Posted: Fri Apr 14, 2023 5:54 pm
by Nico de Jager
Pietskiet, hier by my in die Suidkaap is die vog in die nag partykeer hoog. LED ligte skyn teen daai vog vas en dan sien jy baie sleg. Ek praat nie eers as die mis effens begin toe trek nie, dan lyk dit soos n wit waas.
In daai omstandighede werk n halogeen lig nog baie goed.
Re: Jagligte
Posted: Fri Apr 14, 2023 6:13 pm
by wlm
Pietskiet
Wat bedoel jy as jy sê dat jy n lig soek "wat beter werk"?
Re: Jagligte
Posted: Mon Apr 17, 2023 8:37 am
by pietskiet
Thanks Nico
Wlm - dit is asof die halogeen lig vir my bietjie dof begin raak. Kan wees dat hy net n vars bulb kort soos Geno voorgestel het, maar ek het al gesien hoe ander LED ligte n kol binne in die ou lightforce se lig skyn.
Ek is bitter onnosel met sulke goed. Geno het ook genoem dat mens die ligte kan verstel - hoe doen n ou dit?
Re: Jagligte
Posted: Mon Apr 17, 2023 9:25 am
by Geno
Ek sal as ek kans kry 'n video maak en opsit hoe om die lig prefek te stel
Re: Jagligte
Posted: Mon Apr 17, 2023 10:06 am
by Capt. Yoda
Geno wrote: Mon Apr 17, 2023 9:25 am
Ek sal as ek kans kry 'n video maak en opsit hoe om die lig prefek te stel
Dankie Geno, sal jy hom asb in Engels vir ons doen?
Re: Jagligte
Posted: Mon Mar 17, 2025 9:33 am
by Geno
Capt. Yoda wrote: Mon Apr 17, 2023 10:06 am
Geno wrote: Mon Apr 17, 2023 9:25 am
Ek sal as ek kans kry 'n video maak en opsit hoe om die lig prefek te stel
Dankie Geno, sal jy hom asb in Engels vir ons doen?
Hier is hy. Kry asb 'n 5 jarige kind om jou te help met die afrikaans.
https://www.instagram.com/reel/DCGS6vjtdFZ
Re: Jagligte
Posted: Mon Mar 17, 2025 5:09 pm
by JohanvB
Wat is die beter jagligte tans op die mark?
Re: Jagligte
Posted: Mon Mar 17, 2025 5:10 pm
by JohanvB
Wat is die beter jagligte tans op die mark?
Re: Jagligte
Posted: Tue Mar 18, 2025 12:59 pm
by Geno
Almal werk ewe goed, solank dit 'n Lightforce lig is.
Re: Jagligte
Posted: Tue Mar 18, 2025 1:03 pm
by sako 30-06
JohanvB wrote: Mon Mar 17, 2025 5:10 pm
Wat is die beter jagligte tans op die mark?
Ek het sopas my Lightforce 240 Blitz ontvang, dis n bielie maar tog baie lig,ek kan nie wag om die lig te toets die naweek nie.
Re: Jagligte
Posted: Tue Mar 18, 2025 3:51 pm
by JohanvB
Net jammer mens kry nie meer die Lightforce met sy eie herlaaibare battery nie…
Re: Jagligte
Posted: Tue Mar 18, 2025 7:29 pm
by Geno
JohanvB wrote:Net jammer mens kry nie meer die Lightforce met sy eie herlaaibare battery nie…
Jy kry 'n sak en laaier vir hom dan werk hy met 'n hekmotor battery.

Re: Jagligte
Posted: Wed Mar 19, 2025 8:55 am
by Jaco vdW
Daai is baie handig. Ek het jare gelede so sakkie gekoop. Werk goed, en het dit ook al baie nuttig gebruik terwyl ons kamp.
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: Jagligte
Posted: Wed Mar 19, 2025 9:30 am
by Spanner
Awesome, baie dankie Geno.
Ek het al globes vervang wat daarna steeds nie mooi wou kol gooi nie, en nou sien ek dis omdat ek die globe te diep in die fitting gedruk het ! Ek was bang die globe gaan weer los rattle en het hom DIEP ingedruk.
Geno wrote: Mon Apr 17, 2023 9:25 am
Ek sal as ek kans kry 'n video maak en opsit hoe om die lig prefek te stel