Page 1 of 1
Haelgeweer herlaai
Posted: Thu Apr 13, 2023 9:52 am
by Viking
In die Weskaap sukkel dit om komponente in die hande te kry!
Waar kry of gaan soek ek 12g primers en nr 71/2 haelkorrels?
Re: Haelgeweer herlaai
Posted: Thu Apr 13, 2023 10:41 am
by AB7
More,
Ek sukkel in Gauteng ook om primers te kry, indien daar iemand is wat weet waar ek kan kry. Haelkorrels kan mens die kant kry, maar jy soek seker nie van die hier af nie?
Re: Haelgeweer herlaai
Posted: Thu Apr 13, 2023 11:00 am
by Askari
Ek het so paar maande gelede haelgeweer slagdoppies by Kloppers in Bloem gekoop. Hulle het heelwat voorraad gehad. 0514005500
Re: Haelgeweer herlaai
Posted: Thu Apr 13, 2023 11:47 am
by Braveheart
Ek sukkel weer met kruit. Skreeu asb as julle van iets weet. Clays of S121
Re: Haelgeweer herlaai
Posted: Thu Apr 13, 2023 11:51 am
by Braveheart
Sover ek Weet is Kloppers ook uitverkoop op Slagdoppies.
Stoney sal weer probeer kry. Dit wil voorkom of almal sukkel met voorraad.
Re: Haelgeweer herlaai
Posted: Thu Apr 13, 2023 12:36 pm
by AB7
Ja, Kloppers is uit voorraad. Braveheart ek kan dalk 'n blik S121 ruil vir primers..

Re: Haelgeweer herlaai
Posted: Thu Apr 13, 2023 12:58 pm
by Braveheart
AB ek het vir jou 'n PM gestuur
Re: Haelgeweer herlaai
Posted: Thu Apr 13, 2023 3:58 pm
by finch
Oom Dirk, ek het n pakkie fionchi small rifle primers verkeerdelik gekoop. Glo dis vir hael geweer. Oom kan dit kry indien oom dit wil hê. Moet net eers kyk of dit nog erens agter in die kluis lê en stof opgaar.
Re: Haelgeweer herlaai
Posted: Thu Apr 13, 2023 5:27 pm
by Viking
Dit kan al help Finch!
So kom 'n man se pelle deur as dit saak maak - sal jou WA stuur
Re: Haelgeweer herlaai
Posted: Thu Apr 13, 2023 5:43 pm
by dennisinpe
Sien hierdie

Re: Haelgeweer herlaai
Posted: Thu Apr 13, 2023 6:29 pm
by Pvdw
Ek het ook gesukkel met shot toe bou ek maar my eie drupper. Ek maak nou shot vir myself. drupper gooi so 8-10kg/uur. Shot is 'n mengsel van 7 1/2 tot 6.
Vir lood krap ek rond en kry gewoonlik teen so rondom R30-40/kg. Na alles kos dit my minder as R50/kg.
Primers koop ek wat voorkom, gee nie om of dit Europese of Amerikaanse size is nie ek vat hulle en maak hulle werk.
Wads is maklik. Koop by Janok plastics. Dis so rondom R350/1000
Kruit gebruik ek net S121 as ek kan kry. Dis op die stadium my bottelnek. Ek het darm genoeg vir die jaar se duiwe skiet.
Re: Haelgeweer herlaai
Posted: Fri Apr 14, 2023 1:29 pm
by HeinM
Julle sal agterkom dat die primers los sit in sommige doppe. Daar is 'n baie maklike kuur / oplossing vir dit. Laat weet maar as ek kan help...
Mooi naweek!
Re: Haelgeweer herlaai
Posted: Sat Apr 15, 2023 5:54 pm
by Pvdw
HeinM wrote: Fri Apr 14, 2023 1:29 pm
Julle sal agterkom dat die primers los sit in sommige doppe. Daar is 'n baie maklike kuur / oplossing vir dit. Laat weet maar as ek kan help...
Mooi naweek!
Spray hulle of wiks die doppe van binne met 'n3/8 socket extention en mallet. Beide planne werk maar is tydsaam. Maar as jy wil skiet maak jy plan al vat dit tyd.

Re: Haelgeweer herlaai
Posted: Sun Apr 16, 2023 12:15 pm
by HeinM
Daai tik met die socket doen die trick

Re: Haelgeweer herlaai
Posted: Sun Apr 16, 2023 8:32 pm
by Pvdw
HeinM wrote: Sun Apr 16, 2023 12:15 pm
Daai tik met die socket doen die trick
Hein bly die effek daar vir die 2 de en 3de laai ook of moet mens dit oor en oor doen?
Re: Haelgeweer herlaai
Posted: Mon Apr 17, 2023 12:23 pm
by HeinM
Pvdw wrote: Sun Apr 16, 2023 8:32 pm
HeinM wrote: Sun Apr 16, 2023 12:15 pm
Daai tik met die socket doen die trick
Hein bly die effek daar vir die 2 de en 3de laai ook of moet mens dit oor en oor doen?
Die klomp doppe wat ek getik het was reg vir 3 herlaaie. Die primerpocket rek nie veel met elke skoot nie. Hierdie trick is egter 'n lifesaver...
Groetnis!
Re: Haelgeweer herlaai
Posted: Mon Jul 10, 2023 1:18 pm
by Viking
Viking wrote: Thu Apr 13, 2023 9:52 am
In die Weskaap sukkel dit om komponente in die hande te kry!
Waar kry of gaan soek ek 12g primers?
Stampie!
Het ook looddrupper vir nr 71/2 korrels gebou, maar kan nie self primers maak nie!
Re: Haelgeweer herlaai
Posted: Tue Jul 11, 2023 8:43 am
by Braveheart
Viking wrote: Mon Jul 10, 2023 1:18 pm
Viking wrote: Thu Apr 13, 2023 9:52 am
In die Weskaap sukkel dit om komponente in die hande te kry!
Waar kry of gaan soek ek 12g primers?
Stampie!
Het ook looddrupper vir nr 71/2 korrels gebou, maar kan nie self primers maak nie!
Viking, Alles is ook hier uitverkoop.
Ek hou jou op hooghte as ons winkels inkry. Daar is 'n moontlikheid. Dank reel ons iets om dit by jou te kry.
Re: Haelgeweer herlaai
Posted: Tue Jul 11, 2023 9:56 am
by Viking
Dankie sal dophou vir gelukkie!!
Re: Haelgeweer herlaai
Posted: Sun Mar 24, 2024 7:29 pm
by AB7
Naand, weet iemand dalk waar kan ek 5, 6 en 7 hael korrels in Gauteng kan kry?
Groete
Sent from my SM-A245F using Tapatalk
Re: Haelgeweer herlaai
Posted: Mon Mar 25, 2024 12:36 am
by Rawstorne
AB7 wrote:Naand, weet iemand dalk waar kan ek 5, 6 en 7 hael korrels in Gauteng kan kry?
Groete
Sent from my SM-A245F using Tapatalk
Probeer vir Tommy?
https://compi-shot.co.za/
Sent from my iPhone using Tapatalk