Page 1 of 1

Nuwe Lug Geweer Klub in Springs

Posted: Wed Apr 05, 2023 12:08 pm
by Hein22
Middag almal,

My vrou het die inisiatief gevat om 'n lug geweer klub in Springs te begin. Ons eerste skiet is Saterdag die 22ste April. Op die oomblik fokus ons slegs op een dissipline / formaat en dit is Hunter Field Target. Die teikens is die knock-down tipe en afstande wissel van 7m tot 42m en moet geskat word. Dit is lekker ontspaning en groot pret wat die hele gesin kan doen. Enige iemand in en rondom die area wat iets soek om te doen daardie dag, ons nooi julle uit om saam te kom skiet. Sien onder die inliging. Julle is ook welkom om kontak te maak indien julle meer besonderhede wil he.

Groete,
Hein

https://youtu.be/NQYil3I9Iy0

Re: Nuwe Lug Geweer Klub in Springs

Posted: Wed Apr 19, 2023 9:41 am
by Hein22
Woensdag oggend stampie.

Sal lekker wees om van julle daar te sien...

Sent from my SM-A515F using Tapatalk