Page 1 of 2
F klas/F TR vir dummies
Posted: Wed Apr 05, 2023 8:04 am
by musgrave270
Die afgelope week se Wereld Kampioenskappe was baie interessant om te volg. Ek dink min mense het besef dat dit eintlik so groot sport in ons land is. Maar ek dink dit word deur so klein gemeenskap beoefen dat min skuts daarvan bewus is. Ek weet daar is n SABisly webtuiste waar mens seker meer inligting kan kry maar dit sal lekker wees om by die forum lede wat dit reeds beoefen n bietjie meer inligting te kry.
Ek is nie bewus van enige 900m bane hier in Natal nie, dink nie dis plat genoeg nie. Ook nie van enige Bisly klubs nie. Miskien weet iemand meer.
Tweedens, word daar slegs op 700-900m geskiet of is daar disiplines vir nader afstande? Dink maar net aan plekke wat nie toegang het tot sulke lang bane het nie en miskien beperk is tot 500-600m bane.
Die toerusting nodig is seker n gesprek op sy eie.
Sent from my YAL-L21 using Tapatalk
Re: F klas/F TR vir dummies
Posted: Wed Apr 05, 2023 8:39 am
by Geno
Lees gerus hier oor al die info.
Die Superliga wat hulle in Potch skiet lyk baie lekker!
viewtopic.php?t=56049
Re: F klas/F TR vir dummies
Posted: Wed Apr 05, 2023 8:42 am
by musgrave270
Dankie Geno
Het daai draad gemis
Sent from my YAL-L21 using Tapatalk
Re: F klas/F TR vir dummies
Posted: Wed Apr 05, 2023 8:45 am
by Pinkes
Môre
SA's word tradisioneel van 300m-900m geskiet. Dit was net uitsondering die jaar om die manne te help met voorbereiding vir die Wereld Kampionskap waar slegs oor 700-900m geskiet word. Die normale liga skiet dae en ope dae word daar gewoonlik 'n 300m en 600m(kortafstand) en 700-900m(langafstand) gekiet. So daar is defnitief vir die manne met korter bane 'n opsie. Maar die langafstand is gewoonlik word die komp gewen word.
Ek kan ongelukkig nie veel help oor Natal se klub nie. Glo hier is ander manne wat jou in die regtig rigting sal wys.
Ja toerusting is maar persoonlike voorkeure en by die Ope klas is dit nog meer kompleks.
Hoop die info help so bietjie. Jy is welkom om nog vrae te rig. Ander lede sal ook kan antw.
Groete
P
F klas/F TR vir dummies
Posted: Wed Apr 05, 2023 9:52 am
by Apie
F Ope
Enige kaliber onder .35 (bv 7mm SAUM)
Geweer maks 10kg
Enige teleskoop
Verstelbare geweer rus voor
Agter sandsak/rus
FTR
308 of 223
Enige teleskoop
Bipod(slee/karjack tipe)
Maks geweer met bipod gewig 8.25kg
TR
308
Oop visier
Geen biood slegs geweerband
Maks koeëlgewig 155gr
As ek reg onthou…
Daai Superliga op Potch is Super Lekker
Dis basies bisley reels met enige kaliber op bok teikens.
As mens ‘n dag Bisley geskiet het kom jy agter jy is nou tussen grootmense…
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: F klas/F TR vir dummies
Posted: Wed Apr 05, 2023 10:08 am
by tripodmvr
Is Merrivale skietbaan naby Howick nog in gebruik?
Re: F klas/F TR vir dummies
Posted: Wed Apr 05, 2023 10:22 am
by Capt. Yoda
Geno wrote: Wed Apr 05, 2023 8:39 am
Lees gerus hier oor al die info.
Die Superliga wat hulle in Potch skiet lyk baie lekker!
viewtopic.php?t=56049
Diep lekker skiet daai
Re: F klas/F TR vir dummies
Posted: Wed Apr 05, 2023 11:27 am
by musgrave270
tripodmvr wrote:Is Merrivale skietbaan naby Howick nog in gebruik?
Ek sal bietjie rondvra Oom, ken glad nie die baan nie.
Sent from my YAL-L21 using Tapatalk
Re: F klas/F TR vir dummies
Posted: Wed Apr 05, 2023 12:02 pm
by Bigfoot
The Dave Nicol Range is in Nottingham Road, a beautiful private Bisley Range with Club House etc.
As far as I know, since Tim Valentine passed away, the local hunters and Swiss Rifle Club members have taken over the running of the Club, however I do believe the maintenance of the target frames etc has been left to ruin.
This is a fantastic range, with shooting mounds to 1200m, a beautiful trout dam in the middle which one shoots over from the 600m mound.
Both Rand Rifles and Nottingham Road rifle Club were founded in 1889, and every year, the first weekend of June, there was a "Grudge" match between the 2 Clubs, most shooters stayed on the range, the ladies provided the breakfast and tea & cake at tea time, with a sheep braai on the Saturday evening. I really miss those events.
I have some photos from 2006, will search for them, and a original steel target hangs at the Club House.
Re: F klas/F TR vir dummies
Posted: Wed Apr 05, 2023 12:04 pm
by Francoisv
Natal Bisley:
Bryn Reece-Edwards
083 251 4766
Shoot straight
Re: F klas/F TR vir dummies
Posted: Wed Apr 05, 2023 12:16 pm
by Bigfoot
DSC00075.jpg
Original Steel target
DSC00078.jpg
DSC00079.jpg
1200m firing point
Re: F klas/F TR vir dummies
Posted: Wed Apr 05, 2023 12:20 pm
by Bigfoot
DSC00066.jpg
Club House
DSC00069.jpg
Old pub
DSC00667.jpg
Centenary flag
Re: F klas/F TR vir dummies
Posted: Wed Apr 05, 2023 12:23 pm
by Bigfoot
DSC00412.jpg
900m firing point
Notties June 08 Bryn Reece Edwards 004.jpg
Re: F klas/F TR vir dummies
Posted: Wed Apr 05, 2023 12:28 pm
by Ammion
Ek weet daar was 2 nuwe klasse ook in die reels - dink dit was F-Klas Sport (of Standaard) genoem wat ek dink met selfde tipe toerusting as die Super Liga geskiet sou word (maw jy kan met silencer ens skiet). Dit was om nuwe lede te trek, blootstelling / inleiding tot F-Klas vir die minder ernstige skuts. Ek het daarvoor ingekryf vir Nationale kampioenskap 2019 vir eerste keer, maar toe gebeur die Virus en alles word afgestel. Nooit weer daarby uitgekom nie, so nie seker of dit ooit van die grond afgekom het nie.
Re: F klas/F TR vir dummies
Posted: Wed Apr 05, 2023 1:34 pm
by Arnold
Belangrik, vir die gewone klasse word n muzzle brake of silencer nie toegelaat nie.
F-Ope kan met n bipod geskiet word, so dit is lekker oefening vir die LR manne wat hulle gewere kan baasraak sonder n muzzle device.
Sent from my SM-A528B using Tapatalk
Re: F klas/F TR vir dummies
Posted: Wed Apr 05, 2023 3:22 pm
by JF123
F-sporting is die klas waaraan julke dink. Mag dan ń knaldemper gebruik as jy wil. Tropremme nie. So graag soos jy wil, is dit nie mooi om sand in jou medeskuts se oë te blaas nie.
Daar was juis so paar skuts wat in 2022 Bloemfontein se Generaal de Wet baan aan gedurf het...
Re: F klas/F TR vir dummies
Posted: Mon Apr 10, 2023 5:15 pm
by JPS
Die Sporting manne het die jaar agv die FCWC saam met die TR manne geskiet die week voor F klas.
Volgende jaar is die TR lang afstand Wereld kampioenskappe ook op de Brug. Dan sal die F klas manne die week voor TR skiet. In 2026 sal TR en Fklas weer saamskiet op die SA’s.
Die volgende FCWC sal in 2026 in Bisley Engeland wees.
Vir die manne wat wil begin en kwalifiseer vir die Protea spanne, die volgende kampioenskappe sal gebruik word, onder andere, as ‘n databasis.
Sa kmapioenskappe 2024, lang afstand kampioenskappe 2024 en dan die SA kampioenskappe van 2025.
Net ter inligting Pinkes hier op die forum het ek omgepraat so 4-5 jaar terug om te begin Fklas te skiet. Hy het besluit op FTR en het die jaar in die wereld kampioenskappe ‘n brons medalje verower vir 3de plek asook ‘n goue medalje saam die protea span wat gewen het. Bigfoot het self Brons medalje gekry vir 9de plek. SA skuts het 8 van die eerste 10 plekke in Ftr behaal. Skuts van 3de tot 10de plek kry elkeen Brons medalje.
Soos meeste al gesien het op Youtube met Eric “Ford”. Het ons F ope span silver gekry na ons met 5 punte op die 2 de dag agter geraak het. Bitter hartseer vir ons. Australia wat die vorige 2 keer (2013 in USA en 2017 in Kanada) gewen het was derde.
6 van die top 10 plekke was SA manne met die individuele Wereld kampioene in beide F ope en Ftr SA manne.
Met alles wat teen SA deelnemers is in terme van toeristing en fasalitiete se beskikbaarheid het ons manne regtig goed gedoen.
Groete
Re: F klas/F TR vir dummies
Posted: Mon Apr 10, 2023 5:40 pm
by JF123
Vraag vir die F-klas manne. Stel julle vir die wind met elke skoot, of stel julle vir die gemiddelde wind en mik dan af soos die wind verander?
Re: F klas/F TR vir dummies
Posted: Mon Apr 10, 2023 5:45 pm
by Pinkes
Middag manne
Wil net graag meer info gee oor my en Jan se gesprek oor F-Klas.
Ek het in 2018 op n klein plaasdorpie my tot frustrasie toe geskiet. Niemand in die nabye omgeweing het verder as 1000m geskiet nie. So ek het myself gehelp om tot by 2200m te skiet maar soos enige wat dit aleen al gedoen het, weet dis maar moeilik om skote te spot agv recoil en splash wat min is.
Het met hom gesels dat ek ernstig moet wind leer lees want ek
Verstaan nie op daai stadium iets van mirage nie.
Jan stel voor dat ek moet F-klas moet begin skiet wat daar gaan ek wind en mirage begin verstaan. En was dit nie wyse woorde nie. (Ook genoem dat as ek moontlike protea aspirasies het ek in 2019 moet begin om databasis op te bou)
Enigiemand wat wil LR skiet en bg wil leer sonder kwaad te raak gedurende n skiet sessie nie… Is daar geen beter leerskool as F-klas nie!!!!
Baie dankie dat jy my omgepraat het!
En baie geluk met jou aanwysing as Kaptein vir die F-ope vir 2026!!
Groete
P
Re: F klas/F TR vir dummies
Posted: Mon Apr 10, 2023 5:49 pm
by Pinkes
JF123 wrote: Mon Apr 10, 2023 5:40 pm
Vraag vir die F-klas manne. Stel julle vir die wind met elke skoot, of stel julle vir die gemiddelde wind en mik dan af soos die wind verander?
Ons stel vir elke skoot. USA stel gemiddeld en hou dan af.
Rede hkm ons stel is omdat ons skouer-aan-skouer skiet.
Kan nie die wind kondisie jaag nie. So jy moet weet wat jy gestel
het vir skoot 3 as jy op 14de teller staan en kondisie lyk weer dieselfde as toe..
Re: F klas/F TR vir dummies
Posted: Mon Apr 10, 2023 5:58 pm
by Lategan1
Mnr’e, hierdie is baie interessant. Kan net weer geluk sê aan elkeen van julle, mede-Jaracallede!
Beste.
Re: F klas/F TR vir dummies
Posted: Sat Apr 15, 2023 6:28 pm
by JPS
Pinkes wrote: Mon Apr 10, 2023 5:45 pm
Middag manne
Wil net graag meer info gee oor my en Jan se gesprek oor F-Klas.
Ek het in 2018 op n klein plaasdorpie my tot frustrasie toe geskiet. Niemand in die nabye omgeweing het verder as 1000m geskiet nie. So ek het myself gehelp om tot by 2200m te skiet maar soos enige wat dit aleen al gedoen het, weet dis maar moeilik om skote te spot agv recoil en splash wat min is.
Het met hom gesels dat ek ernstig moet wind leer lees want ek
Verstaan nie op daai stadium iets van mirage nie.
Jan stel voor dat ek moet F-klas moet begin skiet wat daar gaan ek wind en mirage begin verstaan. En was dit nie wyse woorde nie. (Ook genoem dat as ek moontlike protea aspirasies het ek in 2019 moet begin om databasis op te bou)
Enigiemand wat wil LR skiet en bg wil leer sonder kwaad te raak gedurende n skiet sessie nie… Is daar geen beter leerskool as F-klas nie!!!!
Baie dankie dat jy my omgepraat het!
En baie geluk met jou aanwysing as Kaptein vir die F-ope vir 2026!!
Groete
P
Dis plesier Mater,
Is selfde advies wat ek by Peet Blom gekry het in 2016. BIsley baan is regrig beste leersiool vir wind leer.
Mooi loop
Jan
Re: F klas/F TR vir dummies
Posted: Wed Apr 19, 2023 3:41 pm
by OU VOORSLAG
Moet sê ek het ook n ding of twee by Peet geleer. Eks nou nie naastenby op julle klas nie, maar ek like so nou en dan hier by 900m rondspeel en skiet darem gereeld gonge op 600-800m. As die been rek gogga jou eers gebyt het dan is daar probleme vir jou
Re: F klas/F TR vir dummies
Posted: Tue May 02, 2023 10:41 am
by Francoisv
'n Bietjie perspektief om te wys hoe goed die top manne werklik is. Hier wys 'n 1Moa bo en ½Moa gong groottes op 'n 900m skyf.
Shoot straight
Re: F klas/F TR vir dummies
Posted: Thu Jul 30, 2026 6:40 pm
by musgrave270
F-Class World Championships: Monday 10th – Sunday 16th August 2026
Sterkte aan die manne wat gaan deelneem.
Sent from my SM-A165F using Tapatalk