Page 1 of 1

Kamera raad

Posted: Tue Apr 04, 2023 8:56 am
by Apie
Dag Manne

Ek is opsoek na ‘n kamera wat maklik werk vir iemand wat glad nie ‘n fotograaf is nie.

Iets wat mooi ‘n bok in die wildtuin kan afneem of jou kinders of wat ook al.

Ek het ‘n ou Sony digitale kamera gehad wat gewerk het maar sy zoom was maar beperk en hy is gesteel in tussen.

Toe later ‘n Canon 450 D met sy standaard lens en ook 70-300 Sigma lens bygekoop. Hy neem mooi fotos maar dis vir ons wat nie fotograwe is nie moeiliker om mooi fotos met hom te neem as ‘n digitale kamera.

Wat stel julle voor vir kom ons sê R5000-R10000 en dan ook R10-15000.

Ek sal graag in iets wil belê wat mens lank sal hou.

Ek hoor graag!


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Kamera raad

Posted: Tue Apr 04, 2023 9:23 am
by Arnold
Ek love my DSLR maar vat hom ook nie orals saam nie. Hier is jou lens keuse baie belangrik en soos telescope kos die glas maar geld.

As jy zoom wil hê is n klein plat kamera nie regtig iets wat dit vir jou gaan gee nie. 'n Canon powershot 70sx hs sal hoog op my lys wees as ek so tussin kamera soek.

Sent from my SM-A528B using Tapatalk


Re: Kamera raad

Posted: Tue Apr 04, 2023 9:33 am
by HeinM
Apie

Vir daardie doel wat jy noem is die Canon Powershot SX70 HS en Nikon Coolpics / P950 of P1000 die mees geskikte. Dis die beter sogenaamde intermediate kameras. Hulle het beide ingeboude lense wat super is vir outomatiese fokus in alle ligtoestande.
Hulle fokus vir bewegende voorwerpe is uiteraard uitstaande... Kyk gerus die reviews.

Groetnis!

H. Mostert

Re: Kamera raad

Posted: Tue Apr 04, 2023 9:38 am
by JohanvB
Daai nikon coolpix p950 is kookwater!!! Ek wil bitter graag vir myself een kry

Re: Kamera raad

Posted: Tue Apr 04, 2023 6:05 pm
by Apie
Dankie Manne

Soos ek met my beperkte kennis kyk na die specs lyk die Nikon effens beter maar aansienlik duurder?

Of is dit maar ‘n coin toss tussen die 2?


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Kamera raad

Posted: Tue Apr 04, 2023 6:27 pm
by Stef1274
Moenie bang wees vir 'n DSLR nie. Iets soos 'n tweedehandse Canon EOS 60d en 'n Sigma 70-300mm gaan great werk vir wat jy wil doen. Kan letterlik eenvoudiger wees om reg mee te neem as sogenaamde bridge kameras (kameras waarvan die lens ingebou is). Ek is jammer, maar ek stem nie saam dat 'n DSLR moeliker neem nie. In fact, hy het baie meer oemf, en het ook 'n hele reeks Auto settings, wat hom forgiving maak.

Die kamera wat ek bo voorstel is waarskynlik so R5k vir 'n goeie bundle, en baie meer kamera as 'n nuwe overpriced bridge kamera.

Op jou laaste vraag - ja dis sekermaar 'n coin toss tussen Nikon en Canon, alhoewel ek vir altyd eerder 'n Canon fan sal bly, na hele paar kameras wat deur ons huis beweeg het, en my vrou wat voltyds pro neem. Message my gerus vir meer inligting of hulp met jou soektog.

Re: Kamera raad

Posted: Tue Apr 04, 2023 7:46 pm
by Thunderhead
Ek het altyd n Nikon DSLR gebruik. Ek hey laas jaar n Samsung S21 Ultra gekoop. Dit is ongelooflik hoe duidelik die fotos en videos is. Ek het video gevat van my jagters se skote. Min wil my glo dis met n foon geneen. Wat die beste vir my is die foon is altyd by my so het geleentheid om vinnig spesiaal foto te neem.

Re: Kamera raad

Posted: Tue Apr 04, 2023 8:07 pm
by Arnold
Om die mooiste fotos te neem is n bietjie tyd om te leer oor shutterspeed, aperture size en iso die goedkoopste manier en dit gaan jou beter fotos met n digitale kamera ook laat neem.

Wat sleg is van die DSLR lense is dat mens nie regtig net een kry soos vir n digitale kamera nie. So bv het jou 70-300 teveel vergroting op n APS-C kamera om n groepfoto te neem waar jy nie 20m weg moet staan nie. So in die opsig is iets soos n Canon 70sx meer kompak want jy hoef nie daai ander lens in te pak nie.

Ek het lank so tipe kamera gehad maar sal nie nou my DSLR veruil vir een nie en ek soek reeds n tweede DSLR vir as ek en my vrou verskillende sport geleenthede moet bywoon.

Jou vraag or Nikon vs Canon is nie vir my om te antwoord nie maar ek is n Canon ou

Sent from my SM-A528B using Tapatalk


Re: Kamera raad

Posted: Thu Apr 06, 2023 5:04 pm
by Stef1274
Hier is 'n decent pakket, wat ek beslis sou vat as ek gesoek het waarna jy soek. Sit paar rand by vir 'n nice sak en 'n 70-300mm lens.
https://huntandgun.co.za/2023/04/lot-354-6-apr-23/

Re: Kamera raad

Posted: Fri Apr 07, 2023 9:39 am
by HeinM
Arnold wrote: Tue Apr 04, 2023 8:07 pm Om die mooiste fotos te neem is n bietjie tyd om te leer oor shutterspeed, aperture size en iso die goedkoopste manier en dit gaan jou beter fotos met n digitale kamera ook laat neem.

Wat sleg is van die DSLR lense is dat mens nie regtig net een kry soos vir n digitale kamera nie. So bv het jou 70-300 teveel vergroting op n APS-C kamera om n groepfoto te neem waar jy nie 20m weg moet staan nie. So in die opsig is iets soos n Canon 70sx meer kompak want jy hoef nie daai ander lens in te pak nie.

Ek het lank so tipe kamera gehad maar sal nie nou my DSLR veruil vir een nie en ek soek reeds n tweede DSLR vir as ek en my vrou verskillende sport geleenthede moet bywoon.

Jou vraag or Nikon vs Canon is nie vir my om te antwoord nie maar ek is n Canon ou Image

Sent from my SM-A528B using Tapatalk
Die idee van die tipe kameras is dat 'n leek soos ek ook decent foto's kan neem. Dit is jou gewone no fuss mik en druk - net met 'n goeie zoomlens. Met die professionele tipe kameras moet jy navorsing, tyd en oefening (plus megabucks vir toerusting) belê vir die beste foto's. Maar dit is nie noodwendig ons geweermanne se cup of tea nie...

Groetnis!

Re: Kamera raad

Posted: Fri Apr 07, 2023 10:08 am
by Giepie
HeinM wrote: Tue Apr 04, 2023 9:33 am Apie

Vir daardie doel wat jy noem is die Canon Powershot SX70 HS en Nikon Coolpics / P950 of P1000 die mees geskikte. Dis die beter sogenaamde intermediate kameras. Hulle het beide ingeboude lense wat super is vir outomatiese fokus in alle ligtoestande.
Hulle fokus vir bewegende voorwerpe is uiteraard uitstaande... Kyk gerus die reviews.

Groetnis!

H. Mostert
Ek sal hierdie soort ook aanbeveel. Ek het DSLR kameras met goeie lense, maar dit is 'n beslommernis om oral saam te dra. Vir saam op motorfiets trips kan hulle ook te maklik seer kry. Hier kameras hierbo genoem se kwaliteit is baie goed en kan makliker saam gedra word.

Die beste kamera is die een wat jy by jou het. Moeinie selfone onderskat nie.

Re: Kamera raad

Posted: Fri Apr 07, 2023 10:44 am
by Apie
Ja ek is definitief in op ‘n mik en druk tipe met lekker zoom.

Die DSLR kameras is super maar ek het nie die tyd of liefde vir fotografie om dit aan te leer/vervolmaak nie.

Ek sal bietjie dophou vir daai SX70. Ek dink hy is reg vir wat ek wil doen!

Dankie vir al die raad manne!!


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Kamera raad

Posted: Wed May 17, 2023 10:38 am
by Arnold
Tyd en oefening met 'n DSLR en gepaste lens gee darem wonderlike resultate en pragtige herhinneringe :)
IMG_7275.JPG
Canon 7d Mk II met EF 100-400mm f4.5-5.6L IS Mk II lens