Page 1 of 1
Okkerneuthout blank
Posted: Thu Mar 30, 2023 5:20 pm
by Johan04
Waar kan ek n blank koop. My 7x64 musgravese kolf het gebreek.
Wil self een maak.
Dit hoef nie n duur stuk hout te wees nie. Graad 2 /3sal werk.
Groete
Re: Okkerneuthout blank
Posted: Thu Mar 30, 2023 6:11 pm
by Carlc
Probeer Maple Street Timbers in Kempton park. Hulle pryse is nogal billik.
Re: Okkerneuthout blank
Posted: Thu Mar 30, 2023 7:56 pm
by Ds J
Onthou om eers n kolf uit dennehout of maranti te maak, tensy jy al ervare is met kolwe.
Re: Okkerneuthout blank
Posted: Thu Mar 30, 2023 8:34 pm
by tripodmvr
Re: Okkerneuthout blank
Posted: Fri Mar 31, 2023 5:01 am
by Johan van Wyk
Praat eers met 'n kolfmaker. Baie van hulle het blanks in voorraad wat wissel van redelik intreevlak tot allesbehalwe. Die hout-handelaars het soms wel okkerneut, maar dis nie 'n gegewe dat dit bruikbaar gaan wees vir 'n kolf nie. Hulle sny die goed meer om meubelmakers te help as kolfmakers. Jy kan 'n stuk okkerneut invoer, maar jy gaan diep moet asemhaal na alles en almal se straaltjie bygekom het.
Re: Okkerneuthout blank
Posted: Fri Mar 31, 2023 7:47 am
by HeinM
Ds J wrote: Thu Mar 30, 2023 7:56 pm
Onthou om eers n kolf uit dennehout of maranti te maak, tensy jy al ervare is met kolwe.
Wyse raad

Re: Okkerneuthout blank
Posted: Fri Mar 31, 2023 11:53 am
by Ammion
Arms in Pretoria het gewoonlik groot verskeidenheid Okkerneut blanks gehad van verskillende grade / prys.
Re: Okkerneuthout blank
Posted: Fri Mar 31, 2023 1:34 pm
by Ds J
Nog n gedagte: oorweeg dalk okkerneutlaminaat as dit beskikbaar is? Dit gee die mooi van die okkerneut, maar al die voordele van laminaat.
Re: Okkerneuthout blank
Posted: Sat Apr 01, 2023 10:45 am
by win270
Ds J, kan jy dalk kortliks laminaat se voordele noem asb? Ek leer nou weer verder oor die onderwerp. :-)
Re: Okkerneuthout blank
Posted: Sat Apr 01, 2023 1:05 pm
by Ds J
win270 wrote: Sat Apr 01, 2023 10:45 am
Ds J, kan jy dalk kortliks laminaat se voordele noem asb? Ek leer nou weer verder oor die onderwerp. :-)
Eintlik moet jy die manne vra wat meer weet. Hierdie is paar kolfmakers op die forum wat daagliks daarmee werk.
Die laminaat is dun velle hout wat chemies behandel word, en dan gelym word met hoëgraadse gom. As ek reg onthou is daar n paar ander prosesse ook betrokke.
Die voordeel van laminaat is dat hy minder geaffekteer word deur weer en klimaat; die kolwe trek dus nie krom nie. Hulle werk ook maklik in n masjien, en hulle het nie die natuurlike swak plekke (bv krake) van gewone hout nie.
Die geweer wat my kop geswaai het, is die Tikka Arctic T3X. Hy is ontwerp vir klimaat van +40° tot -60° in die Kanadese poolstreke. As Sako dit gekies het, is dit waarskynlik die heel beste en gehardste wat daar is.
As jy nou regtig moeite wil doen kan jy blykbaar die laminaat in eie kleurskakerings laat vervaardig.
Re: Okkerneuthout blank
Posted: Sat Apr 01, 2023 6:36 pm
by Francoisv
Ons het so ruk terug by Faan de Vos 'n okkerneut blank gekoop vir my broer se geweer.
Shoot straight
Re: Okkerneuthout blank
Posted: Sat Apr 01, 2023 11:57 pm
by Johan van Wyk
Francoisv wrote: Sat Apr 01, 2023 6:36 pm
Ons het so ruk terug by Faan de Vos 'n okkerneut blank gekoop vir my broer se geweer.
Shoot straight
Inderdaad. Praat eers met 'n kolfmaker...
Re: Okkerneuthout blank
Posted: Sun Apr 02, 2023 12:01 pm
by wlm
Francois, Boyd's se laminaat-kolwe is swaar. Wat is jiu ervaring met die kolf op die foto?
Re: Okkerneuthout blank
Posted: Sun Apr 02, 2023 12:51 pm
by Francoisv
Nooit geweeg WLM, swaarder sou voordelig wees vir LR prone geweer soos dié. As ek 'n raaiskoot kon waag sou dit tussen 3 en 3.2kg wees.
Shoot straight
Re: Okkerneuthout blank
Posted: Mon Apr 03, 2023 12:52 pm
by Christo
Timber Merchant Pretoria sien ek adverteer Walnut rifle stock blanks vir onder R1000. Dalk sal dit jou stuk hout wees vir oefen .
Mon-Thur: 08:00-16:30
Fri: 08:00-16:00
+27 (0)12 804-3110/1
+27 (0)87 941 3495
+27 (0)12 804-6634
admin@siltim.co.za
266 Plantation Street
Silverton
Pretoria
0127
-25.729374, 28.295219
Re: Okkerneuthout blank
Posted: Thu Apr 13, 2023 3:39 pm
by Johan04
Dankie vir terugvoering. Jammer ek reageer nou eers, Paasnaweek en swak Vodacom se skuld.
Ek het al 3 kolwe gemaak uit gelamineerde hout blanks. Het heel goed uitgekom, ek is vrede.
Wil nou graag my 7x64 weer n okkerneuthoutkolf opsit.Het tans n groen gelamineerdekolf.
Francois, kan ek dalk Faan de Vos se nommer by jou kry, whatsapp na 0824000549 asb.
Groete
Johan